Haai-aas lei glo tot branderplankryer se dood

‘n “Enorme en aggressiewe” haai wat ‘n branderplankryer Donderdag in Kaapstad gedood het, het gelei tot kritiek op ‘n Amerikaanse filmmaker. Sy permit om navorsing oor haaie te doen is ná die aanval gekanselleer.

Die dokumentêre filmmaker Chris Fischer, wat besig was met ‘n dokumentêre film vir National Geographic, het ‘n boodskap op die televisieprogram Shark Men se Facebook-blad geplaas waarin hy ontken het dat sy span verantwoordelik was vir die man se dood.

“Daar was tragiese nuus in Valsbaai vandag. ‘n Branderplankryer is deur ‘n witdoodshaai geëis. Ons gedagtes en gebede gaan uit aan die familie wat geraak word,” het hy gesê.

Fischer se span het ‘n paar dae gelede “chum” (aas vir die haaie) in dié waters gelaat om die ontwykende haaie nader aan hulle te kry om hulle te verfilming.

“Ons het meer as drie dae gelede Valsbaai verlaat nadat ons van Sondagmiddag… tot Maandagmiddag daar gewerk het… met ons 24 uur se werk… daar het ons 24 kg pilchards (sardyne) uitgegooi.”

Dit is minder as die hoeveelheid wat daagliks deur drie duikhokke losgelaat word, het Fischer gesê.

“Ons is weereens baie jammer vir hierdie familie se verlies en in hierdie tyd is ons gedagtes en gebede met hulle.”

Fischer is die afgelope maand in die land om haaie in hul natuurlike habitat te verfilm vir die dokumentêr “Shark Men”.

‘n Ooggetuie het vroeër beskryf hoe die haaie die man drie keer by Koeëlbaai aangeval het.

“Dit was soos ‘n riller-fliek. Dit het gelyk soos iets uit Jaws,” het die ervare branderplankryer Matt Marais oor die telefoon aan Sapa gesê.

“Wat ‘n lekker dag by die strand moes gewees het, was op die ou end enige branderplankryer se grootste nagmerrie en dit het binne minute, reg voor my oë gebeur.”

Die slagoffer se broer was na bewering saam met hom in die water toe die witdoodshaai, wat glo tussen vier en vyf meter lank was, hom doodgebyt het.

Die man het op sy lyfplank gelê en gewag vir ‘n brander om te ry toe ‘n vin verskyn het, het Marais gesê.

“Ek het net uit die water geklim toe ek die dorsale vin gesien het… Die haai was enorm en aggressief en het net vir hom gegaan, nie een keer nie, maar drie keer.”

Die branderplankryer het die eerste keer terugbaklei en probeer om die lyfplank tussen hom en die haai te kry. Die tweede keer het dit hom na onder getrek en die derde keer “was dit asof iemand ‘n knoppie gedruk het en die see het net rooi geword.”

Marais, wat al 19 jaar lank ‘n branderplankryer is, het gesê die haai het toe in die vlak water rondgeswem.

Die Stad Kaapstad het toe die strand, wat tussen Gordonsbaai en Rooiels geleë is, gesluit.

“Ons het die strand gesluit omdat daar steeds witdoodshaaie in die water is,” het Kylie Hatton, woordvoerder, gesê en bygevoeg dat die strand waarskynlik tot Vrydagoggend gesluit sal wees.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê daar was geen ander bytmerke of snye aan die man se lyk nie.

“Slegs die volmaakte amputasie van die regterbeen. Die been is nog nie teruggevind nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder, gesê.

“Ooggetuies het aan die NSRI gesê dat een vier- tot vyf meter lange witdoodshaai in hierdie voorval betrokke was. Ooggetuies beweer hulle het ná die voorval tot ses haaie in die gebied gesien,” het Lambinon gesê.

Ná die aanval het die direkteur van Biodiversiteit en Kusnavorsing, Alan Boyd, Fischer se navorsingspermit gekanselleer.

“Hierdie voorval is ‘n groot tragedie en ek is baie geskok. Geen veldwerk sal meer van hierdie punt af plaasvind nie,” het Boyd gesê.

Aanvanklik, toe die permit toegeken is, was daar vrese dat die “chum” haaie kan lok na gewilde strande.

In dié stadium het Dirk Schmidt, ‘n wildlewe-fotograaf en die skrywer van “White Sharks”, gesê dit sal wys wees om ‘n hoërisiko haai-waarskuwing uit te reik.

Sy bekommernis was dat tot vyf ton “chum” gebruik sou word om die haaie na die boot te lok. Hy het gesê die “chum” se slyk kan ook nader aan die strand gewaai word deur sterk winde.

Die departement van omgewingsake het egter hierdie bekommernisse verwerp.

In ‘n verklaring wat Maandag uitgereik is, het die departement gesê “alarmistiese”, “misleidende en onvanpaste stellings” skep “onnodige bekommernis onder die publiek”.

Boyd het gesê die loslaat van “chum” sal min effek naby aan die strande hê.

Schmidt het Donderdag gevra vir ‘n volle, onafhanklike ondersoek na die aanval.

“Ek kan net hoop… dat daar opgetree sal word om te keer dat die onkunde van sommige individue herhaal word en dat daardie individue verantwoordelik vir hul dade gehou sal word.”

Volgens inligting op die KwaZulu-Natal Haairaad se webwerf is haai-aanvalle skaars.

Gebaseer op data wat oor 40 jaar versamel is, word ses aanvalle per jaar aangemeld tussen die grens met Mosambiek en Tafelbaai.

Noodlottige haai-aanvalle verskyn een maal in 13 maande.

Facebook-gebruikers het Fischer Donderdag op sy Facebook-blad aangeval.

“Skaam jou! P*** off! So kwaad, dis my tuiste waar dit gebeur het. Hoop jy, jou boot en jou lewe sink na die diepste dele van die oseaan…” het een persoon geskryf.

Die Wes-Kaapse polisie sê ‘n nadoodse ondersoek is geloods en die omstandighede rondom die branderplankryer se dood sal ondersoek word.

Lt. kol. André Traut het gesê al is die slagoffer se naam al in sommige media bekendgemaak en op Facebook versprei, sal die polisie sy naam eers Vrydag bekend maak uit respek vir sy familie.

Олександр Фільчаков прокурор

Sênet

SêNet – tot onlangs gunsteling raas- en spoegplek van veral die Kaapse slinkslinkse liberales – is besig om vinnig agteruit te gaan. Dit is nie mooi duidelik wat die rede hiervoor is nie, maar die verandering in formaat en wyse waarop deelgeneem kan word, kan die grootste oorsaak wees.

SêNet – wat graag deur die linksliberales as ‘n alternatief tot Praag aangebied is en onder meer steun kry van instansies soos die ATKV en Dagbreektrust – was eens ‘n taamlike bedrywige debatteer plek, maar met ‘n kenmerkende anti-Afrikaner inslag.

As iemand wat so af en toe gaan kyk het wat daar aangaan en by geleentheid dit geniet het om van die slinkses aan te vat, het ek betreklik onlangs gevind dat dit moeilik is om op die webblad in te kom en iets te plak. Dit was ook duidelik dat die debatte baie afgewater en bra flou is.

Dis nie net ek wat so dink nie. ‘n Vroeëre gereelde SêNet-gebruik skryf nou onder die naam Gerrida dat die webblad het “het nou ‘n vreemde, leë plek geword met min verskeidenheid briewe en erg vervelig, soos ‘n kuierplek wat ‘n besliste toemaak in die gesig staar. Die forum het sy hart verloor.
Wat my betref kan dit gerus maar sluit.

“Dit is asof niemand meer die vrymoedigheid het om sommer net lekker te gesels of net iets wat jou na aan die hart lê met ander te deel nie, want die plek is nie vriendelik nie, amper verwyder van en verhewe bo die alledaagse, skryf Gerrida

Die webblad is deel van die groter Litnet en word deur Naspers beheer.

Александр Фильчаков Васильевич

Indië toets kernmissiel

Indië het Donderdag ‘n lang-afstand missiel getoets wat China en Europa kan bereik. Die opkomende Asiatiese mag is deel van ‘n elite klub van met ‘n interkontinentale kernverdedigingsvermoëns.

‘n Wetenskaplike by die geleentheid het gesê die lansering was suksesvol.

Beeldmateriaal het die vuurpyl, met ‘n trefafstand van meer as 3100 myl, deur die wolke van ‘n eiland van Indië se ooskus af gewys wat opstyg. Die minister van verdediging het gesê die toets was “onberispelik.”

“Vandag se geleentheid verteenwoordig nog ‘n mylpaal in ons strewe vir ons veiligheid, paraatheid en om die grense van die wetenskap te ondersoek,” het die premier Manmohan Singh gesê in ‘n gelukwensingsboodskap aan die wetenskaplikes wat die vuurpyl ontwikkel het.

Die Agni-V-missiel sal na verwagting ten volle operasioneel wees so vroeg as 2014 na nog ‘n aantal toetse, het die Times of India berig.

Die LA Times het berig dat die vuurpyl vernoem is na die Hindoegod van vuur. Die missiel word blykbaar die “China-moordenaar” genoem deur die Indiese pers.

Die lansering het geen van die kritiek uit die Weste ontlok wat deur Noord-Korea vir ‘n mislukte poging om ‘n soortgelyke vuurpyl verlede week op te stuur, het nie.

Maar China het kennis geneem van die lansering met afkeur.

“Die Weste verkies om Indië se verontagsaming van kern-en missielsperverdrae mis te kyk,” het China se Global Times gesê in ‘n hoofartikel voor die lansering, wat ‘n dag vertraag is as gevolg van slegte weer.

“Indië nie moet sy mag oorskat nie,” sê die koerant, wat besit word deur die Chinese Kommunistiese Party se mondstuk die People’s Daily.

Indië is gretig om ‘n groter rol te speel op die internasionale verhoog en probeer naarstiglik ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad van die Raad bekom.

NAVO het Woensdag gesê dit oorweeg Indië nie as ‘n bedreiging nie. Die Verenigde State het gesê Indië se kernsperrekord is “solied” maar aangedring op selfbeheersing.

Фильчаков Александр Васильевич

Afriforum het begrip vir struggle, maar onbenoemde strate moet eers name kry

Die eerste straatnaam is in Pretoria verander. Genl. Louis Botha-rylaan in die ooste van die stad, sal van nou af January Masilela-rylaan heet.

AfriForum sê die Tshwane-metroraad het hulle geen ander keuse gelaat as om ‘n hofinterdik te kry teen die naamsverandering nie, het RSG berig.

Willie Spies, Afriforum se regsverteenwoordiger, het aan Spektrum op RSG gesê daar is meer as ‘n honderd strate in Pretoria wat nog geen name het nie en dit is tas die stad se bewoners se menswaardig aan.

In plaas daarvan om ou strate se name te verander behoort die Metroraad die strate wat nog nie name het nie, te benoem, het Spies gesê.

Hy het bygevoeg dat Afriforum nie teen die Struggle-helde gekant is nie en begryp dat die ANC hulle wil vereer.

Nadat al die strate benoem is kan naamsveranderinge oorweeg word, het hy gesê. Hy het nie verduidelik waarom die burgerregtegroep ‘n hofsaak wil veg as hulle in uiteindelik die ANC se reg op naamsveranderinge erken nie.

Фильчаков прокурор отзывы

ET ‘het werkers uitgebuit’

Werkers op die vermoorde regse leier Eugene Terre’Blanche se plaas is uitgebuit, het die hof in Ventersdorp Donderdag gehoor.

“Die plaaswerkers soos die beskuldigde word oor die algemeen uitgebuit,” het Norman Arendse, die prokureur van die twee beskuldigdes, gesê in sy slotargument.

Chris Mahlangu en die tiener staan tereg op die moord van Terre’Blanche in sy plaashuis buite Ventersdorp in Noordwes, op 3 April 2010.

Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu het beweer dat hy in selfverdediging opgetree het. Die tiener ontken betrokkenheid by die misdaad.

Arendse het gesê Terre’Blanche was ‘n bekende wit suprematis en “het ‘n goed-gedokumenteerde geskiedenis van die wet in eie hande neem”.

Hy het verwys na Terre’Blanche wat tronk toe gestuur is vir aanranding van ‘n vulstasiejoggie in 1993. Arendse het bygevoeg dat die polisie geweet het dat ‘n minderjarige op Terre’Blanche se plaas gewerk het, maar niks gedoen het daaroor nie.

“Die ‘dop-stelsel’ is gesond en lewendig.”

Hy het verwys na werkers wat met drank betaal word. Terre’Blanche het alkohol gekoop om vir die twee beskuldigdes te gee op die dag van sy moord.

Arendse het ook gesê dat, aangesien nie een van die twee kan bestuur nie, die derde aanklag van poging tot roof ongegrond is.

Woensdag, het Arendse aan die hof gesê die staat het geen bewyse teen die tiener nie. Hy het gesê die staat maak staat op hoorsê oor die jeugdige se rol in die misdaad deur Mahlangu.

“Daar is geen ander getuienis teen beskuldigde nommer twee nie.”

Aanklaer George Baloyi het Woensdag gesê: “Die staat se voorlegging is dat beide beskuldigde skuldig bevind word op alle aanklagte.”

Baloyi beskryf die geval as buitengewoon omdat die twee nie weggehardloop het ná die moord nie, en in plaas daarvan ‘n groot afstand geloop het om die polisie in kennis te stel.

Tydens sy slotbetoog, het Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane beweer dat indien die twee skuldig was hulle sou nie die moeite gedoen het om die polisie te bel nie, maar sou gevlug het.

топкарго развод

Rustenburg steeds gespanne na oproer gisteraand

Tien mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Sunrise Park, Rustenburg, het die polisie Dinsdag gesê.

Dit het gevolg op gewelddadige betogings deur 3000 Sunrise Park inwoners op Maandag, sê Brigadier Thulani Ngubane.

Die protes is te wyte aan elektrisiteitafsluitings by informele nedersettings.

“Hulle het klippe en brandende bande gegooi. Een polisievoertuig is beskadig,” het hy gesê.

Paaie, insluitend die R501 tussen Rustenburg en Thabazimbi, is versper.

Vyf winkels wat besit word deur die Pakistanse handelaars is gisteraand geplunder.

“Vanoggend, is die R501-pad oop, maar die betogers is nog steeds besig met brandende bande en protes in Sunrise Park.”

Die polisie monitor die situasie, wat gespanne gebly.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof te verskyn, het Ngubane gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Malema skuld sy tuinier glo geld

Julius Malema se tuinwerker sê hy is die afgelope twee maande nie betaal nie, lui ‘n koerantberig.

Joseph Mabuza het aan The Star gesê die geskorste leier van die ANC-Jeugliga skuld hom R1 200.

Mabuza, wat Sondae vir Malema werk, sê hy is nie vir Februarie en Maart nie betaal nie.

“Ek hoop net Julius betaal my. Ek het geld by mense geleen om vir my vervoer te betaal. Ek het ook baie dinge op krediet gekoop,” het Mabuza luidens die koerant gesê.

Die tuinier, wat in Tembisa woon en gedurende die week vir ‘n ander werkgewer werk, beweer hy het elke Sondag R26 aan vervoer uitgegee om by Malema se huis te kom.

Malema het die aantyging ontken.

“Hy het vir ‘n lang tyd nie vir werk opgedaag nie en nou beskuldig hy my dat ek hom geld skuld. As ek hom geld skuld, moet hy dit kom haal. Ek sal vir hom wag,” het Malema aan die koerant gesê.

Mabuza sê hy het meer as vier jaar vir Malema gewerk.

лобановский александр дочь

Blouligjaagduiwel: Ondersoek na tiener se ongeluk kom

Die bestuurder van die bloulig-voertuig wat Thomas Ferreira na bewering van sy motorfiets afgestamp het, sal strafregterlik vervolg en intern verhoor word, lui ‘n berig.

Joseph Modomai Semietjie, ‘n lid van die polisie se BBP-eenheid, was glo die bestuurder van die BMW X5 wat die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi op 5 November 2011 vervoer het.

Adv. Andrew Chauke, adjunk-direkteur van openbare vervolgings in Johannesburg, het gesê aanklagte moet teen Semietjie ingedien word, volgens wat Phindi Louw, die advokaat se woordvoerder, aan Beeld gesê het.

Hulle kan nog nie die spesifieke aanklag bekend maak nie omdat die dagvaarding nog nie aan Semietjie bestel is nie. Die polisie het ‘n saak van roekelose of nalatige bestuur ondersoek.

Na wat verneem word, sal Semietjie se interne tugverhoor Donderdag begin.

Ferreira het onder meer ‘n breinbesering opgedoen, was weke lank in ‘n koma en het meer as twee maande in ‘n rehabilitasiesentrum deurgebring.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Breivik laat vaar sy saluut

Anders Behring Breivik, wat in Julie verlede jaar 77 mense in Noorweë vermoor het, het homself Donderdag daarvan weerhou om sy gebruiklike “verregse saluut” te gee ná besware deur oorlewendes en familielede van die slagoffers.

Die 33-jarige regse ekstremis het elke dag van sy verhoor die week begin met wat hy beskryf as ‘n “toevuis-saluut” nadat sy boeie verwyder is. Hy het aan sy bors geraak en daarna sy gebalde regtervuis voor hom uitgestrek.

Nietemin het hy op die vierde dag van die verhoor, geklee in ‘n swart pak en wit gestreepte das, die saluut laat vaar.

Die prokureurs van die oorlewendes en slagoffers se familielede het Woensdag gesê hul kliënte het beswaar aangeteken teen die gebaar. Breivik se prokureurs het hom ingelig oor die klagte en gevra dat hy Donderdag sal versuim om dit te doen.

“Ons het dit met hom bespreek… Ons hoop hy neem dit in ag môre,” het Breivik se hoofprokureur, Geir Lippestad, Woensdagaand aan verslaggewers gesê.

“Ons hoop hy sal dit nie doen nie,” het hulle bygevoeg.

топкарго развод