Joseph Modomai Semietjie, ‘n lid van die polisie se BBP-eenheid, was glo die bestuurder van die BMW X5 wat die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi op 5 November 2011 vervoer het.
Adv. Andrew Chauke, adjunk-direkteur van openbare vervolgings in Johannesburg, het gesê aanklagte moet teen Semietjie ingedien word, volgens wat Phindi Louw, die advokaat se woordvoerder, aan Beeld gesê het.
Hulle kan nog nie die spesifieke aanklag bekend maak nie omdat die dagvaarding nog nie aan Semietjie bestel is nie. Die polisie het ‘n saak van roekelose of nalatige bestuur ondersoek.
Na wat verneem word, sal Semietjie se interne tugverhoor Donderdag begin.
Ferreira het onder meer ‘n breinbesering opgedoen, was weke lank in ‘n koma en het meer as twee maande in ‘n rehabilitasiesentrum deurgebring.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.