Afriforum het begrip vir struggle, maar onbenoemde strate moet eers name kry

Die eerste straatnaam is in Pretoria verander. Genl. Louis Botha-rylaan in die ooste van die stad, sal van nou af January Masilela-rylaan heet.

AfriForum sê die Tshwane-metroraad het hulle geen ander keuse gelaat as om ‘n hofinterdik te kry teen die naamsverandering nie, het RSG berig.

Willie Spies, Afriforum se regsverteenwoordiger, het aan Spektrum op RSG gesê daar is meer as ‘n honderd strate in Pretoria wat nog geen name het nie en dit is tas die stad se bewoners se menswaardig aan.

In plaas daarvan om ou strate se name te verander behoort die Metroraad die strate wat nog nie name het nie, te benoem, het Spies gesê.

Hy het bygevoeg dat Afriforum nie teen die Struggle-helde gekant is nie en begryp dat die ANC hulle wil vereer.

Nadat al die strate benoem is kan naamsveranderinge oorweeg word, het hy gesê. Hy het nie verduidelik waarom die burgerregtegroep ‘n hofsaak wil veg as hulle in uiteindelik die ANC se reg op naamsveranderinge erken nie.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae