Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Daar was nog ‘n skietery by ‘n skool in die VSA. Die polisie sê ‘n leerling by ‘n hoërskool in California het op twee leerders in sy wetenskapklas geskiet.

‘n Sestienjarige is ernstig gewond, maar die ander tiener is nie raakgeskiet nie.

Twee onderwysers het die skieter oortuig om homself aan die owerhede oor te gee.

Die aanval kom te midde van ‘n debat oor vuurwapen-beheer in die VSA na die skietery by ‘n skool in Connecticut verlede maand.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden sal volgende week aanbevelings vir veranderinge aan vuurwapenwetgewing na President Barack Obama stuur.

Фильчаков прокурор харькова

Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

Ongeveer 510 gevangenes van die Groenpunt-tronk in die Vrystaat sal na ander korrektiewe sentrums verskuif word, het ‘n beampte Donderdag gesê.

Sowat 350 van hulle is reeds geskuif, en nog gevangenes sal Vrydag na ander tronke geneem word, het Grace Molatedi, adjunkkommissaris van korrektiewe dienste in die Vrystaat, gesê.

Al die gevangenes wat verskuif is, dien maksimum-vonnisse uit.

“Hulle sal na Noordwes, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal gaan,” het sy gesê.

Dit volg nadat die gevangenes Maandag oproerig geraak het. Hulle het selle en die tronk se kantore aan die brand gesteek. Vier tronkbewaarders en 50 gevangenes is tydens die voorval beseer.

Die SABC het berig dat sommige van die gevangenes selfone gehad het, en dat hulle ‘n plaaslike radiostasie gebel het om te kla oor die gehalte van kos, en oor sommige van die oppassers. Hulle het ook op die afdanking van ‘n eenheidshoof aangedring.

Party van die gevangenes se dokumente is in die brande beskadig, wat tot administratiewe vertragings kan lei.

Molatedi het gesê die tronke wat gevangenes van Groenpunt oorneem, sal nie nadelig geraak word nie.

“Ons het met die ander tronke gekommunikeer om seker te maak dat daar nie enige oorbevolking is nie.”

Die gevangenes sal na Groenpunt teruggeneem word sodra die beskadigde selle herstel is.

топкарго

De Doorns: ANC-voorsitter getref

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om stakende plaaswerkers in De Doorns in die Wes-Kaap uitmekaar te jaag.

Duisende plaaswerkers het die polisie getart, en met klippe bestook.

Die plaaswerkersvakbond Bawusa beweer nege mense is deur rubberkoeëls beseer sedert die staking Woensdag hervat is.

“Pat Marran, voorsitter van die ANC in die Boland, is na ‘n hospitaal geneem ná hy deur ‘n private sekuriteitswag geskiet is,” het Nosi Pieterse, Bawusa se sekretaris-generaal, gesê.

Pieterse het gesê ongeveer 6 000 werkers in De Doorns neem tans aan die staking deel. Betogings vind ook in Grabouw en Wolseley plaas.

Die N1 by De Doorns was teen Donderdag steeds vir verkeer gesluit.

Volgens lt.kol. Andre Traut is 44 mense Woensdag in hegtenis geneem.

Die staking wat verlede jaar begin het, is eers afgelas, maar is Woensdag hervat.

Geweld het Woensdag ook in De Doorns uitgebreek toe stakers ‘n motor van ‘n koerantgroep aan die brand gesteek, ‘n padstal geplunder en die N1 met voorwerpe versper het.

Sommige boere het intussen ingestem tot salarisonderhandelings met vakbonde, ná gewelddadige betogings in dele van die Wes-Kaap.

Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, Tony Ehrenreich sê dié samesprekings is onafhanklik van dié met Agri-SA.

Die voorsitter van die “Cape Orchards”-groep, Gerhard de Kock sê hy het 28 boere uitgenooi na ‘n vergadering wat vandag sal plaasvind.

De Kock verteenwoordig 12 plase in die Hexriviervallei by De Doorns, wat die kern was van die gewelddadige skermutselings tussen die polisie en stakende seisoenswerkers.

Die polisie moes ‘n waterkanon en rubberkoeëls en skokgranate gebruik in ‘n poging om honderde stakers uiteen te jaag.

‘n Ekonoom van Pan African Capital, Iraj Abedian sê intussen toegewings sal aan albei kante gemaak moet word. Hy sê hoewel dit waar is dat werkers nie op die huidige salarisvlakke kan leef nie, sal boere bankrot raak as die salarisse te vinnig en te dramaties verhoog moet word.

Hy sê dit is nie ‘n politieke kwessie nie, maar ‘n tegniese landboukwessie waarvoor daar sowel ‘n korttermyn- as langtermynoplossing gevind moet word.

Die internasionale graderingsagentskap Fitch het Suid-Afrika se soewereine skuld, skuld wat in ‘n buitelandse geldeenheid aangegaan word, afgegradeer tot trippel-B.

Die agentskap sê egter die voortuitsigte is bestendig. Die Agentskap sê ekonomiese groei en vooruitsigte het verswak, wat ‘n uitwerking het op staatsfinansies wat deur politieke en maatskaplike spanning vererger word. Die rand het na die aankondiging tot R8.64 teen die Amerikaanse dollar verswak.

Die agentskappe Moody’s en Standard en Poor het onlangs gesê onsekerhede hang soos ‘n donker wolk oor die land se ekonomiese en groei-vooruitsigte. Volgens Moody’s is maatskaplike, politieke en ekonomiese probleme nou groter as voor die wêreldwye ekonomiese resessie van 2009.

депутат лобановский

Mini-oorlog woed in De Doorns

Geweld het opnuut uitgebreek op De Doorns in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep stakende plaaswerkers losgebrand het.

RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het.

Die radiostasie berig die stakers het uit woede die polisie met klippe bestook.

Die stakers is uitmekaargejaag, maar het vinnig weer byeengekom.

Geweld het Woensdag in dieselfde gebied uitgebreek toe stakers ‘n motor van ‘n koerantgroep aan die brand gesteek, ‘n padstal geplunder en die N1 met voorwerpe versper het.

Sapa het vroeër berig die voertuig, wat aan Independent Newspapers behoort het, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.

Die verslaggewer sê hy moes uit sy motor na veiligheid gesleep word nadat betogers dit met klippe bestook het en hy geslaan is.

Hy en ‘n ander joernalis was in die voertuig toe betogers hulle omsingel het, en gedwing het om die gebied te verlaat.

Volgens die polisie is minstens 44 mense daarna in hegtenis geneem.

Фільчаков прокурор

Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is.

Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het.

Hulle het beslag gelê op heroïen, kokaïen, ecstasy en mandrax, en die 54-jarige man in hegtenis geneem.

Sy seun is Woensdagoggend in dieselfde gebied vasgetrek.

“Die 30-jarige seun is met ‘n ongelisensieerde 9 mm-pistool met 87 patrone, dwelms, goud en diamantjuwele ter waarde van R500 000, en R70 000 kontant, betrap,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die pa en seun het Woensdag in Chatsworth se landdroshof verskyn. Yagawathan Pillay, 54, het borg van R100 000 gekry en sy seun Lionel Pillay, moes R25 000 opdok.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê.

Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors.

“Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt met ‘n normale anatomie en is nog nooit vantevore op iemand met [‘n hart aan die regterkant van die bors] uitgevoer nie,” het Hellmuth Weich, die kardioloog, gesê.

Twee kenners van Lausanne in Switserland het Weich en sy span tydens die prosedure bygestaan.

Die hele prosedure is deur ‘n klein opening wat met ‘n naald in die pasiënt se lies gemaak is, gedoen, het Weich gesê.

Cronje, wat van Stellenbosch is, het rumatiekkoors gehad toe sy jonk was en het reeds vier opehartoperasies in die afgelope 40 jaar ondergaan. Die laaste een was in 2000, het Weich gesê.

Toe haar hartklep begin lek het, kon dokters haar nie weer opereer nie en haar toestand het agteruitgegaan tot op die punt waar sy niks meer vir haarself kon doen nie.

Hy sê twee toestelle wat gebruik word om geboortedefekte in kinderharte te herstel is gebruik om die lek te herstel.

Volgens Weich het die prosedure, wat ses uur geneem het, goed verloop en Cronje “herstel stadig”.

Данильченео

Drie by Nkandla deur weerlig gedood

Drie tieners is dood toe hulle Woensdagaand in KwaChezu, Nkandla, in die noorde van KwaZulu-Natal, deur weerlig getref is, het owerhede gesê.

“Twee van hulle, 13 en 14 jaar oud, van die Dlamini-familie, en een van die Zwane-familie, is dood toe weerlig hulle getref het terwyl hulle huis toe geloop het van ‘n plaaslike snoepwinkel af,” het Lennox Mabaso, woordvoerder vir die provinsiale departement van samewerkende regering, gesê.

Dit bring die aantal mense wat in die laaste paar weke in die provinsie deur weerlig doodgeslaan is, op 10 te staan.

Nomusa Dube, ‘n LUR, het haar medelye met die families betuig, en sal hulle glo eersdaags besoek.

“Hierdie insidente raak erger en die aantal kere wat dit plaasvind dui daarop dat ekstreme en abnormale weersomstandighede wat deur klimaatsverandering veroorsaak is, baie daarmee te doen het,” het sy gesê.

Фильчаков прокурор харьков

Egpaar in vrieskas versmoor, aanvallers soek

Die polisie is steeds op soek na die swart aanvallers wat ‘n bejaarde egpaar van Belfast in Mpumlanga in ‘n vrieskas gedruk het. Hulle het later versmoor, het RSG Donderdagoggend berig.

Die polisie het Woensdag in Rudolph en Elma van Heerden se huis op hulle lyke afgekom.

Die Van Heerdens, albei 79, is vermoedelik oor die kop geslaan met ‘n stomp voorwerp. Hulle hande en voete was met kabels vasgebind.

‘n Motor wat aan die egpaar behoort is later verlate op die N4-tolpad in die rigting van Middelburg gevind, ná die aanvallers blykbaar petrol in plaas van diesel in die voertuig gegooi het.

Die dagblad Beeld het berig dat Van Heerden ‘n afgetrede landmeter was. Die egpaar het langer as 50 jaar in Fitzgeraldstraat no. 42, wat langs ‘n gastehuis geleë is, gewoon.

Данильченко

De Doorns weer gebuk onder geweld

Die N1-snelweg by De Doorns was Woensdagmiddag steeds gesluit nadat gewelddadige botsings tussen stakende plaaswerkers en die polisie uitgebreek het. 

Betogers het die pad met klippe versper en ook klippe na die polisie gegooi, wat rubberkoeëls gebruik het om hulle uitmekaar te jaag.

Die hoofpad wat van die N1 na die dorp lei was met rubberkoeël-houers besaai.

Die oproer spruit voort uit die eerste dag van die plaaswerkers se hernieude staking.

Minstens 50 mense is in hegtenis geneem toe stakings in die Wes-Kaap gewelddadig geraak het.

Lt.kol. André Traut sê die onlustepolisie is ontbied om die situasie in De Doorns te monitor.

Hy sê “min of meer” 50 mense is vasgetrek sedert die stakings vroegoggend begin het.

Betogers het motors vroeër met klippe bestook, waarna die paaie afgesper is.

Wes-Kaapse plaaswerkers het laat verlede jaar begin staak, en geëis dat hul lone van R69 na R150 per dag verhoog word. Werkers het ook op ‘n beter grondhervormingsprogram aangedring.

Die oproeriges in De Doorns het ook Woensdag ‘n joernalis se motor omgekeer en dit aan die brand gesteek.

Die motor, wat behoort het aan Independent Newspapers, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.

Koyana het aan Sapa gesê hy moes uit sy motor na veiligheid getrek word ná betogers dit met klippe bestook het. Hy en ‘n ander verslaggewer was in die motor toe betogers hulle omsingel het en aangesê het om die gebied te verlaat.

“Ek was saam met ‘n ander verslaggewer… [en] mense het daarin geslaag om hom uit die motor te trek,” het Koyana gesê.

Toe hy later ook uit die motor klim, is hy deur ‘n groep mense na ‘n nabygeleë kerk geneem.

“… toe ek [uit die motor klim], het hulle my geslaan.”

Koyana het gesê hy was in die kerk toe die motor aan die brand gesteek is. Hy het net ‘n paar klein snyplekke aan sy arm gehad ná die voorval.

Intussen is ‘n polisiekaptein in ‘n ander botsing met stakers beseer, het lt.kol. André Traut gesê.

“Dit was nie ernstig nie; hy is behandel en ontslaan.”

Фильчаков Александр Васильевич

Duitsers stel laser bekend wat onbemande tuie kan afskiet

Die Duitse wapenvervaardiger Rheinmetall het ‘n lasertoestel vrygestel wat onbemande tuie kan afskiet.

‘n Laserstelsel wat  twee tuie op ‘n afstand van meer as ‘n kilometer ver kan klits is deur Rheinmetall Verdediging ten toon gestel.

Die Duitse firma gebruik die hoë-energie-lasertoerusting om vinnig-bewegende tuie op ‘n afstand te skiet.

Die stelsel, wat gebruik maak van twee laserwapens, is ook gebruik om deur staal vakwerk ‘n kilometer weg te sny.

Die maatskappy beplan om die laserwapenstelsel mobiel te maak en om ‘n outomatiese 35mm kanon te integreer daarby.

Die 50kW-laserwapenstelsel gebruik radar en optiese stelsels om tuie op te spoor, het die maatskappy gesê. Die tuie wat teen 50 meter per sekonde beweeg het, is afgeskiet toe hulle deur ‘n geprogrammeerde vuursektor beweeg het.

Die wapenstelsel sluit op die onbemande tuig deur die gebruik van radar vir ‘n rowwe aanpassing van die teiken, wat verfyn word met behulp van ‘n optiese stelsel.

Die hoë-energie laserstelsel is ook gebruik om ‘n 15mm dik staalbalk middeldeur te sny, en kon ‘n gelanseerde staalbal wat ontwerp is om ‘n mortier na te boots, uit die lug skiet.

Die maatskappy het die laserstelsel getoets in ‘n ​​verskeidenheid van weerstoestande, met inbegrip van sneeu, sonlig en reën.

‘n Aantal regerings en wapenvervaardigers is in die proses van ontwikkeling van wapens wat lasers gebruik of inkorporeer. Raytheon het ‘n 50kW anti-vliegtuig laser by die Farnborough Airshow in 2010 onthul, en in Junie 2012 het die Amerikaanse weermag besonderhede van ‘n wapen wat ‘n laser geleide weerligstraal brand, vrygestel.

лобановский александр