SA op pad na ‘n bloedbad en dis blankes se skuld

Sommige mense blameer die ANC vir die huidige misdaadsituasie. Ek dink hulle is verkeerd; die eintlike skuldiges is niemand anders as die meerderheid blankes wat die Nuwe Suid Afrika gepropageer het nie!

As jy ‘n driejarige kind aan die stuur van ‘n bus plaas en hy ry met die passasiers die afgrond oor, wie is te blameer, die bus, die afgrond, die kleuter of die persoon wat die kleuter agter die wiel geplaas het?

Is dit moontlik om die misdaad te stop of selfs net onder beheer te kry? Néé!

1. Karaktereienskappe

Karaktereienskappe is grootliks ‘n geneties oordraagbare, onsigbare werklikheid. Om dit makliker te kan verduidelik, gebruik ek graag honde as voorbeeld. ‘n Rotweiler is swart en die algemene persepsie is dat hy kwaai is. Die agressie lê egter nie in die feit dat hy swart is nie; die swartheid van sy vel het eintlik niks daarmee te doen nie. So kry jy dan ook ‘n Labrador wat waardeer word vir sy sagte geaardheid. Hulle is gewoonlik lig van kleur of bruin. Ons kan mos nou nie sê dat swart honde kwaai is en bruin honde saggeaard nie? Doodeenvoudig omdat ons weet dat die karakter of, anders gestel, die maniere van die hond nie in sy vel setel nie. Hoekom weet ons dat ‘n Rotweiler ‘n kwaai hond is? Omdat ons gesien het dat oor jare baie Rotweilers kwaai honde is. DIt maak nie alle Rotweilers mensvreters nie, maar die algemene persepsie word gevorm deur die meerderheid Rotweilers se gedrag.

So het verskilende volke ook verskilende eienskappe, en hierdie eienskappe is nie net kleurverskil nie. As ek sou vra wat is die eienskappe van ‘n Jood? Wat sou jou antwoord wees? As ek sou vra wat die eienskap van ‘n Duitser is, wat sou jy sê? Of ‘n Italianer? En so kan ons aangaan. Die meeste volke het hul eie unieke karaktereienskappe.

1.2 Karaktereienskappe van Afrikane

Deur die loop van eeue het die Afrikane op ‘n plek gebly waar hulle basiese materiale gebruik het as beskutting en grootliks van die veld gelewe het. Hulle sal die bome in so ‘n omgewing afkap vir brandhout en die diere opeet. Weldra sou siektes uitbreek (vanweë gebrekkige sanitasie) en dan sou die stam na ‘n nuwe plek toe trek. Soos wat stamme groei, het hulle doodeenvoudig ander stamme uitgemoor en hul vroue en kinders vir hulle gevat, asook die vee, dan raak hulle ryker of groter. Daar was geen Westerse gedagte aan grense nie. Jy mag trek net waar jy wil en swakker stamme moes doodgewoon verder wegtrek van groter stamme af om nie slagoffers te word van die “groei” van die groter stam nie. Om so ‘n kleiner stam aan te val, uit te moor en te buit wat hulle kon, sou nie gesien word as krimineel nie, maar as vooruitgang.

Met die kolonisering van Afrika het die Westerling grense bepaal en hulle wette laat geld. Tegnologie soos riolering en mediese dienste het die Afrikane se getalle ontsettend laat groei. (Dink maar net daaraan dat die Indiërs en ook Chinese net so 150 jaar gelede hierheen ingevoer is omdat hier nie genoeg arbeiders beskikbaar was vir die vraag nie.)

Dit het baie probleme geskep, veral omdat die Afrikaan nie meer kon trek nie. Die beginsel van die sterkste oorleef, het nie meer gegeld nie, want die grense was bepaal.

Met die beëindiging van die kolonies het die Afrikaan ‘n sisteem oorgeneem wat hy nie binne sy karakter kan bedryf nie. Hy verstaan ook nie demokrasie nie. Oor eeue heen is daar nooit gestem nie. (DIe Westerling verstaan ook nie demokrasie heeltemal nie.) Terloops, kan iemand vir my ‘n demokrasie in Afrika wys?

Wanneer die Afrikaan onder druk is, skop die karakter in en dit lei tot geweld, burgeroorloë, ens. Hier is dit ook nie anders nie. Jy kan ‘n ou polisieman vra: Baie Afrikane word in hegtenis geneem vir diefstal of iets dergliks en hy weet nie hoekom hy hierdie daad gepleeg het nie. Dit is nie dat hy eers besluit het of ‘n redenasie gevoer het nie, dit gebeur outomaties. Gaan kyk maar in elke land waar daar Afrikane en Westeringe saam is. Die tronke sal vir jou uitwys dat dit beslis nie in balans met die bevolkingsamestelling is nie. In die VSA is 50% van alle gevangenes swart, terwyl die Afro-Amerikaners as groep maar 12% van die bevolking uitmaak.

Soos wat die druk groter word, gaan die diefstal, moord, ens. vermeerder. In die afwesigheid van Westerse regstelsels sal dit vererger totdat daar niks oor is nie en dan begin ‘n oorlog tussen hulle om te bepaal wie die sterkste is.

Dit is dus nie dat hy steel omdat hy swart is nie. Dit is bloot ‘n karaktereienskap waaroor niemand beheer het nie, want dit is geneties.

2. Straf vir misdaad

Westerse beskawings pas gevangenskap as straf al duisende jare toe. Afrikane ken nie dié stelsel nie. In hulle bestaan van duisende jare het hulle leiers doodeenvoudig iemand vir ‘n oortreding van kant gemaak. Baie stamme het gevorderde stelsels gehad. Al die oortredings regverdig die doodstraf! Die metodes wissel: ‘n vrou wat ontrou was, sou in ‘n paal gedruk word en die paal geplant word; ‘n verraaier sou vet gesmeer gewees het en by ‘n miernes geplaas word vir ‘n stadige marteldood, ens.

Tans het ons die probleem dat ‘n misdadiger se bestaan in baie gevalle beter is binne die gevangenis as daarbuite. Dit bring mee dat hy geen straf ontvang nie en boonop ‘n beter ete as wat hy self sou kon verdien.

Hoe kan jy ooit misdaad beveg as jy die misdadigers beloon?

3. Hoekom beskuldig ek die blanke kiesers?

Voor die ’94-fiasko het ons tuislande getoets. Die RSA-regering het miljoene bly bydra en alles het weens korupsie en wanbestuur in duie gestort. Dit was ook nie anders in enige ander land in Afrika nie. Die ’92-referendumstemmers het dus etlike vorbeelde gehad wat dit bewys het. Steeds het hulle alle kennis verwerp! Kennis kom uit ondervinding, jou eie of iemand anders s’n. Die ja-stemmers het bloot teen die velkleur vasgekyk en verklaar dat alle mense eenders is.

Daar is geen keer nie: SA is op pad na ‘n bloedbad en die blanke op pad na uitwissing. Indien dieselfde tendense voortgaan as die afgelope 17 jaar sal dit ons slegs 42 jaar neem om nie meer te bestaan nie!

комплектующие ктопкарго отзывы

Malema sweer wraak oor ‘kaffers’

Narysec-rekruteJulius Malema, die ANC-jeugleier, oorheers steeds die afgelope paar dae se opskrifte in die media. Times Live berig dat Malema op Queenstown voor die hof gesê het: “Hulle (wittes) moet betaal omdat hulle ons slawe gemaak het, ons moet hulle straf. En nou moet hulle boet. As ons dit nie doen nie, betaal ons hulle omdat hulle ons kaffers noem.

“Hulle moet die feit besef dat ons hulle vergewe het, maar moet weet dat ons nooit sal vergeet nie.”

Malema het ook herhaal dat die vrywillige-koper-vrywillige-verkoper-beginsel uitgegooi moet word. Intussen word elders berig dat die eerste 1000 jong rekrute van die ANC môre by die Vlootbasis op Saldanha vir militêre opleiding sal aanmeld. Hulle sal as “landelike jeugwerkers” opgelei word. Volgens die departement van landelike ontwikkeling behels dit “opleiding in grond- en landbouhervorming, landelike ontwikkeling, asook karakterontwikkeling, bestuurs- en tegniese vaardighede”.

Malema het voorheen Zimbabwe besoek om daar inligting in te win oor hoe grondhervorming toegepas word. Vanaf 1 Oktober sal ‘n verdere 1000 rekrute opgelei word. Volgens die woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling, mnr. Eddie Mohoebi, sal elke rekruut ‘n salaris van R1 320 per maand ontvang, tesame met vervoer, voedsel en verblyf. Die ouderdomme van die rekrute wissel tussen 18 en 35 jaar en hulle sal ongeveer twee maande lank by ‘n weermagbasis basiese opleiding ontvang.

Sowel die DA as Afriforum het intusen op die nuus gereageer. Mnr. David Maynier, die DA se woordvoerder oor militêre kwessies, het die program bestempel as “’n reuse-risiko vir die weermag omdat dit te maklik as agterdeur vir militêre opleiding vir die ANC-jeugliga gebruik kan word”.

“Die staande komitee is nog nooit hieroor ingelig nie,” het Maynier voortgegaan en sy voorneme uitgespreek om mnr. Jerome Maake, voorsitter van die komitee, te vra om ’n vergadering te belê oor die opleiding van rekrute van die departement landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Die weermag is nie verantwoordelik vir die werwing van dié rekrute nie. Hoe weet die weermag dus hulle kom nie inderdaad uit die geledere van die ANC-jeugliga nie?

“Suid-Afrika kan nie bekostig dat die onpartydigheid van die weermag in die gedrang kom nie.”

Afriforum beplan om môre ‘n hofaansoek te bring om meer inligting oor die jeugopleidingsprogram te bekom. Volgens mnr. Willie Spies, prokureur van Afriforum, het hulle vrae oor die volgende:

  • hoe lede gewerf is om aan die opleidingsprogramme deel te neem;
  • of die individue wat opgelei word by enige politieke party of ’n spesifieke organisasie geaffilieer is;
  • hoe Narysec (die afkorting vir die landelike jeugmag) saamgestel is en wat die doel van die liggaam is;
  • wat die grondwetlike dokumente of bemagtigende wetgewing ten opsigte van dié organisasie is;
  • wat die presiese programinhoud en leermateriaal is wat vir opleiding gebruik word;
  • watter vakke by die opleiding ingesluit word.

Blykbaar is 8000 rekrute reeds vir dié tipe opleiding geëien en gaan hulle twee jaar lank daarmee besig wees.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, beantwoord nie tans oproepe van die media oor die saak nie.

Die liga se leier, Julius Malema, het enkele dae gelede besoek aan die landdroshof op Queenstown gebring waar mnr. Gerdus Greyvenstein teregstaan weens drie skote wat hy op Siyambonga Ndabeni gevuur het, blykbaar tydens ‘n woordewisseling oor Malema. Ndabeni is in die bors gewond.

Benewens sy uitspraak dat blankes “moet boet”, het Malema teen die media uitgevaar en joernaliste as ongeletterd en opgevoed beskryf. Hulle is ook nie in staat om die hoë standaarde van die ANC-jeugliga te handhaaf nie.

Volgens Malema word hy deur die media geteister. “Vandat ek president van die jeugliga geword het, laat hulle my nie met rus nie. As ek toilet toe gaan, volg hulle my. Hulle sê: ‘Hy het toilet toe gegaan, maar nie gek** nie.’ Klein breine wat mense bespreek en nie kwessies nie ly aan die verstand van ‘n rot. Ongeletterde, onopgevoede joernaliste is nie in staat om die jeugliga se standaarde te haal nie.”

Oor sy trustfondse van miljoene rande, het Malema gevra: “Hoeveel leiers beskik oor trustfondse? Kyk na Tokyo (Sexwale) en sy miljoene. Hierdie rekening help die armes.

“As iemand aan my omkoopgeld betaal het, waar is die kwitansie? Daar moet ‘n papierspoor wees. Jy kan daardie geld opspoor,” het hy gesê.

Malema het uitgevaar teen die anonieme persoon wat beweer het dat hy geld in sy familietrust inbetaal het: “As daar ‘n bobbejaan is, kom verduidelik aan my, jou lafaard.

“Jy het nie ‘n gesig nie, jou verdomde aap. Ek sal aan jou verduidelik waar jy jou geld kan opdruk en dit sal ‘n stink plek wees.

“Watter tipe onverantwoordelike persoon sou ek wees om my seun en ouma se naam by onwettige bedrywighede te betrek?”

Malema het Helen Zille, die leier van die DA, as ‘n “gek” beskryf wat nie oor politiek kan praat nie.

Verder het hy verklaar: “Ons soek ekonomiese vryheid en ‘n einde aan armoede. Deur die myne te nasionaliseer, gaan ons dit bereik.”

free games noпрокурор Фильчаков

Die heldedaad van Dirkie Uys

Dirkie Uys-paneelDie terugtrekkende Zoeloes het op 17 Februarie 25 000 beeste, en baie skape, bokke en perde saamgeneem. Waens en gereedskap was totaal verwoes, die laers tot niet gemaak, en 282 wit en 250 bruin mense vermoor.

Hele gesinne was uitgewis. Daar was feitlik geen gesin wat geen dode moes afstaan nie. Baie mense wat welvarend was, is eensklaps verarm deur die verlies van al hul besittings. Sterk manne het soos kinders gehuil, skryf D.W. Krüger. Later is naby die moordtoneel ‘n dorp aangelê: heel gepas genoem Weenen.

Die trekkers kon die onheilsdag van 17 Februarie 1838 nooit vergeet nie. Mense soos die latere president Paul Kruger het die afleiding gemaak dat hulle swart mense nie kan vertrou nie. Enkeles het wonderbaarlik aan die dood ontkom, soos die twee meisies Johanna van der Merwe, wat 22 asgaaisteke gekry het, en Catharina Prinsloo met 17. Albei het van hul wonde herstel. Gert Lukas Joubert het 22 wonde oorleef.

Op 20 Februarie het die trekkers uit ‘n brief van ‘n Brit verneem wat die lot van Retief en sy manne was. Party het nou gepraat van terug trek uit Natal, maar veral die vroue van die vermoordes wou nie daarvan hoor nie. Hulle het die mans gedreig om self die bloed van die onskuldiges te wreek. Ook Maritz het die trekkers vermaan om sterk te wees.

So het hulle besluit om in Natal te bly, voorlopig in enkele laers saamgetrek vir groter veiligheid, en boodskappers gestuur om hulp van Potgieter en Uys te vra.

Hulle het albei gehoor gegee, maar nie een van die twee was geneë om in ‘n ekspedisie onder die ander te dien nie. Eindelik is ooreengekom dat elkeen sy eie kommando sou aanvoer, terwyl Maritz as laerkommandant sou agterbly. Uys en Potgieter, albei dapper, het temperamenteel baie van mekaar verskil. Potgieter was uiters versigtig en berekend en sou hom nie onnodig in gevaar begeef nie. Die meer voortvarende Uys was bereid om dit wel te doen as hy dink hy kon so sy doel bereik.

Die kommando van 347 man het op 6 April 1838 die laer in twee afdelings verlaat en noordoos getrek om Dingane se stad aan te val. Op 11 April beland hulle egter in ‘n hinderlaag by Italeni. Sommige vertel dat Potgieter die mense gewaarsku het om nie verder te gaan nie, maar dat Piet Uys vinnig opgetrek het teen die vlugtende Zoeloes.

Terwyl hulle daarmee besig was, het duisende nuwe vegters skielik vlak voor en langs hulle uit die lang herfsgras opgestaan en nader gestorm. Die kommando moes haastig terugdraai, maar het daarin geslaag om vir hulle ‘n pad oop te skiet en deur te jaag. Tien Boere is egter gedood en Piet Uys gevaarlik in die heup gewond. Hy het eers op die perd aan die saal vasgehou, en toe hy voel dat sy kragte weens bloedverlies afneem, van sy perd afgegly en sy manne toegeroep dat hy daar gaan sterf. “Red julleself, kêrels, maar veg soos manne!”

‘n Entjie verder het sy twaalfjarige seun Dirkie teruggekyk en sy vader omring deur Zoeloes gesien. Hy was al buite gevaar, maar het teruggejaag, twee Zoeloes geskiet en by sy vader neergestort, deurboor deur asgaaie. Dirkie Uys se heldedaad sou nooit vergeet word nie.

сколько стоит лечение пародонтозаданильченко юрій Харків

Om in ‘n rampokkerstaat te leef

Iemand het nou die dag gesê dat Suid Afrika nie ‘n demokrasie is nie, maar ‘n partystaat. In ‘n demokrasie maak die regering beleid en wette, maar in Suid-Afrika maak Shell House die beleid. Die parlement legitimeer dit slaafs.

Hoe lyk die ANC-party wat die land vandag regeer?

Daar bestaan genoeg getuienis dat die ANC vandag die grootste georganiseerde misdaatsindikaat op aarde is. Vir prima facie-getuienis kan ‘n lys gevalle van korrupsie, bedrog, geldwassery en sameswering tussen die polisie en gewone misdadigers saamgestel word wat slegs enkele minute sal neem. Mens kan dus tot geen ander gevolgtrekking kom as om Suid-Afrika ‘n rampokkerstaat te noem nie. Die tentakels van die ANC-mafia is oop en bloot sigbaar en word deur die landswette ondersteun.

Net om my punt te staaf, haal ek ‘n klompie gevalle aan:

  • Die wapenskandaal. Waarom was die aankoop van moderne en ontoepaslike wapens so hoog op die regering se prioriteitslys? Was die Shabir Shaik-saak slegs die ore van die seekoei?
  • Wat het van die Landbank se honderde miljoene geword? 
  • Geen haan het weer gekraai oor die R11 miljoen wat Petrosa, ‘n staatsonderneming, aan die ANC geskenk het nie.
  • Veertig parlementslede het reiskoepons ter waarde van R18 miljoen vir hulself toegeëien.
  • Die Goodwoodse stasiebevelvoerder se skuldigbevinding aan regsverydeling om Toni Yengeni se lêer te “dokter”.
  • Die onthulling van Jackie Selebi se noue bande met die misdaadsindikaatbaas Glenn Agliotti.
  • Die opkoms van die reusagtige tenderpreneurskorps, waarvan die ANC se jeugligabaas Julius Malema maar een voorbeeld is. Toe die plaaslike gemeenskap daarteen beswaar gemaak het, was sy antwoord dat die beswaarmakers uit die ANC geskop sal word en van die honger sal omkom, aldus die Forum vir Limpopo Entrepreneurs, Koti Mokoalakoala.
  • Veiligheidsminister Siyabonga Cwele se vrou Sheryl wat skuldig bevind is aan dwelmsmokkelary na Turkye.
  • Die bevindings van die openbare beskermer dat Bheki Cele, die land se Polisie-hoof alle reëls en regulasies oortree het met die huurkontrakte vir die polisie se kantoorblokke wat miljarde rande beloop. Die eienaar van die kantoorblokke is “toevallig” ‘n goeie vriend van president Zuma.
  • Dan praat mens nie eens van die kru misbruik van publieke fondse deur tradisionelesakeminister Sicelo Shiceka met die lewenstyl van ‘n miljardêr, dat hy en sy vrou kronies vir meer as ‘n jaar in ‘n luukse Kaapse hotel gewoon het, en dat hy in eersteklas Switserland toe gevlieg het om sy vriendin te besoek wat verhoorafwagtend was op aanklagte van dwelmsmokkelary nie.
  • Die verslae van die ouditeurgeneraal is verdoemend oor die toestande van munisipaliteite se finansies as gevolg van die reusesalarisse wat aan onbekwame amptenare betaal word en dat daar nie geld vir dienslewering oorbly nie.
  • Dan verwys ons nie eens na Chancellor House en dié se tentakels nie.
  • Nou praat die stomme mense van nasionalisering van die myne en die banke, asook plaasonteiening. Laat ons dit goed verstaan: al hierdie skemas het bloot ten doel om die ekonomie verder te plunder!

    Ons sal waarskynlik nog baie langer kon aangaan met hierdie lys, maar daar is reeds voldoende bewyse dat die ANC tot in sy kern verrot is. Hierdie toestand is deur hul beleid van transformasie, kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging en tegstellende aksie geskep, wat uitgedinkis om belasting geld “wettig” na ANC-lede te kanaliseer.

    Die vryemarkstelsel werk slegs wanneer die reëls van sake-etiek en –moraliteit toegepas word om as wigte en teenwigte vir grypsug te funksioneer. Binne die denkraam van die Afrikamens word hierdie twee begrippe heeltemal anders vertolk en die obsessie om die verlede reg te stel, word as genoegsame morele rede aangebied om massale bedrog te pleeg.

    Sonder sake-etiek en -moraliteit word die landsbates, asook die belastinggeld gewetenloos verteer en word die Afrikanerbelastingbetalers leeg gesuig, sonder dat hulle iets daaraan kan doen.

    Die vraag kan gevra word of dit redelik is om van Afrikaners te verwag om hierdie situasie langer te verduur?

    Nee.

    Die tyd het dus nou gekom dat Afrikaners beheer oor hul eie toekoms moet neem, sodat hulle nie saam met die mafiabende ten gronde gaan nie. Die gesprekke rondom strategieë sal versnel moet word en die leierskapsaal dringend na vore moet kom.

купить липецк пластыри диагональныелобановский александр жена

Waar sal ons volkstaat wees?

Die gedagte aan ‘n volkstaat is een wat al vir bykans twee dekades en meer lank rondswerf. Die VF+ en sy voorgangers het by Kodesa daarvoor gesorg dat dit nie vanuit ‘n grondwetlike oogpunt onmoontlik is nie. In baie ander lande is afstigting ‘n gevaarlike misdaad vir diegene wat wil afstig en dra dit swaar strawwe. Die groot vraag is natuurlik: Waar moet ‘n volkstaat wees, en hoe groot moet sy gebied wees? Die voor-die-hand-liggende antwoord is natuurlik dat ‘n volkstaat moet wees waar die Afrikaners die meerderheid in ‘n gebied is. Dit is immers die grondslag waarop lande soos Montenegro en Suid-Soedan onafhanklik geword het – hulle was in gebiede waar ‘n bepaalde etniese groep in die meerderheid was.

Een persoon het anderdag, in kommentaar op ‘n rubriek van my op die Praagwerf, nie van besetting gehou nie, en voorgestel dat die besit (in teenstelling met die huidige besetting) van grond die deurslag moet gee, in welke geval ons ‘n lekker groot volkstaat sou kon opeis, want afhangende van wie jy glo, besit blankes iets tussen 87% en 70% van die grond in Suid-Afrika. Ongelukkig dink ek nie die internasionale gemeenskap of die meerderheid in Suid-Afrika sou hierdie voorstel ooit aanvaar nie, want dit sou in effek ‘n blote terugkeer na die ou Suid-Afrika beteken.  Dit sou ook ongetwyfeld tot ‘n burgeroorlog lei. Alhoewel dit lekker sou wees om so ‘n groot gebied te kan besit, moet mens dit dus helaas as onwerkbaar afskryf.

Daar is ook historiese presedente wat tot ‘n onafhanklike staat kan lei. Israel is ‘n voorbeeld van ‘n staat wat tot stand gekom het omdat dit voorheen die Jode se land was. Mens moet egter spesifiek met Israel in gedagte hou dat die wêreld van 1948 ‘n baie ander plek was as die wêreld van 2011. Van die histeriese politieke korrektheid wat vandag al die kenmerke van ‘n religie het, was daar destyds nie juis sprake nie.  Dit is onwaarskynlik dat ‘n Israel vandag tot stand sou kon kom as dit sou beteken dat ‘n groot aantal mense soos die Palestyne destyds ontwortel en verskuif moet word. In Suid-Afrika se geval sou ons moontlike historiese aansprake die ou Boererepublieke asook die Weskaap kon insluit. Die probleem hiermee is uiteraard die onmoontlikheid om miljoene mense te wil verskuif. Die ou regering, met die magtigste weermag in Afrika, het al teen omstreeks die 1970s tou opgegooi met verskuiwings. Niks het gehelp nie, nie geweld of ekonomiese lokaas soos nywerhede in die ou tuislande nie. Selfs die ou regering, met al die bronne tot sy beskikking, kon dus nie die geweldige toestroming en aanwastempo van anderskleuriges stuit nie.

Tussen 1990 en vandag was daar gevolglik heelwat pogings om ‘n volkstaat se gebied te identifiseer. Dit het begin met die Volkstaatraad se poging. Daar was hierdie kaart wat deur die VF+ voortgebring is, wat ‘n gebied in die Noordkaap geïdentifiseer het. Die AWB het gemeen die ou Boererepublieke is die plek vir ‘n volkstaat. Ek het self, in my heel eerste rubriek vir Praag, gemeen dat die gebied rondom Pretoria die aangewese plek sou wees. Vandag is daar opnuut ‘n oplewing in die belangstelling in ‘n volkstaat, met onder andere die Volksraadverkiesingskommissie en die OASE-beweging wat hulself beide beywer vir ‘n volkstaat. OASE het nog nie sy gekose gebied openbaar gemaak nie, en die VVK se kandidate het elkeen sy eie mening oor waar presies ‘n volkstaat sou wees.

Omdat daar ‘n oplewing in belangstelling was, het ek ‘n nuwerige Statistiek Suid-Afrika-sensusdatastel bekom en ‘n bietjie begin rondspeel met moontlike gebiede vir ‘n volkstaat. My eerste oefening was om plekke te identifiseer waar blankes ‘n meerderheid is. Let op dis blankes, nie Afrikaners nie, en hou in gedagte Afrikaners is iets soos 60% van die blankes. Helaas is die prentjie maar duister in terme van huidige demografie en meerderhede in gebiede. Mens kan kwalik die plekke waar blankes ‘n meerderheid vorm, op die onderstaande kaart eien. Dis meestal kolletjies in die Weskaap, blertse teen die Kaapse suidkus, en dan ‘n groterige kolletjie in Gauteng. Dit is egter bykans onmoontlik om ‘n sinvolle, aaneenlopende blanke meerderheidsgebied hieruit te kan bou.  Ek het die kaart doelbewus nie met provinsiale grense laat teken nie, ten einde die volle impak van presies hoe ylverspreid blankes is, oor te kan dra.

Verspreiding van blankes in SA

 

My tweede poging, en ek sal erken ek het nou nie vreeslik moeite gedoen deur die grense erg noukeurig te trek nie, was om ‘n korridor wat min of meer gestrek het van Potchefstroom in die weste, deur Gauteng, Mpumalanga en die Natalse noordkus te skets as ‘n denkbeeldige volkstaat, en die vraag te vra hoe lyk die demografie in daardie gebied. Dit is die pienkerige gebied in die beeld hieronder. Sover ek weet, is dit rofweg (en weer eens: my kaart is nie so goed gedefinieer as wat ander pogings moontlik is nie) wat sekeres voorstaan as ‘n volkstaat.  Die prentjie in terme van demografie is egter letterlik en figuurlik donker in hierdie gebied. Daar is iets soos 4 maal meer swartes in hierdie gebied as wat daar blankes in totaal is, laat staan nog Afrikaners. Die getalle is ongeveer 8 miljoen ander teenoor 1.8 miljoen blankes. Hoe jy ses miljoen mense gaan verskuif uit daardie gebied, weet g’n mens nie. Wat sekerlik moontlik is, sal ek erken, is om die lokasiegebiede uit my kaart te sny, maar dan het jy weer die situasie dat die gebied nie aaneenlopend is nie, en waarskynlik soos ogiesdraad sal moet lyk.

 

{jathumbnail off} Moontlike volkstaat

 

Bostaande is egter heel moontlik net ek wat die verkeerde gebied gekies het. Ek wil dus diegene wat belangstel en reken hulle volkstaatgebiede is lewensvatbaar, uitnooi om hulle kaarte vir my stuur, al is dit net met ‘n potlood op ‘n papierkaart geteken en geskandeer. Ek is heeltemal bereid om my GIS-sagteware en die sensusdata te gebruik om vir hulle ‘n antwoord te verskaf in terme van die huidige demografie van hulle gebiede.  My epos is anton_barnard@yahoo.co.uk Ek het net een versoek: Moenie die boodskapper skiet nie!

кардиган для девочки 8 леттопкарго

DRK: Cholera en bootongeluk eis honderde

Minstens 279 mense is in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood aan cholera en sowat 4 000 ander het reeds die siekte onder lede, het Unicef gesê.

Dr. Ibrahim Cisse van Unicef, ‘n hulpagentskap van die Verenigde Nasies, het gesê die noord-oostelike provinsie Orientale word die ergste geraak, met 1 400 gevalle en 102 sterftes.

In Kinshasa, die hoofstad, is daar 124 gevalle en 14 sterftes.

Die regering het verklaar dat die siekte in vier provinsies versprei het.

Cholera word deur besmette water versprei.

In ‘n ander voorval, sê regeringsamptenare, in die noordweste van die Kongo, is meer as 100 mense moontlik dood nadat twee bote op ‘n rivier gebots het.

Volgens ‘n woordvoerder van die Equateur-provinsie, Rebecca Ebale Nguma, was minstens 220 mense aan boord die boot op die Tshuapa-rivier toe dit ‘n ander boot getref het.

Ongeveer 105 mense het dit tot by die land gemaak, maar teen laat Donderdag was die ander nog vermis.

медицинская справка 095уДанильченко Харьков

Tshwanehoof verdien meer as Zuma

Tshwane se nuwe munisipale bestuurder gaan ‘n beter salaris as enige minister in sy sak steek en dit sluit president Jacob Zuma in.

Tshwane het Donderdag op ‘n raadsvergadering ‘n jaarlikse vergoedingspakket van “tussen R2,1 miljoen en R2,7 miljoen” vir Jason Ngobeni, sy nuwe stadsbestuurder, goedgekeur.

Lees verder.

кардиганы девочки 8 летОлександр Фільчаков прокурор

Malema: ‘Media is behep met my’

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema het Donderdag gesê die media is obsessief en die werklike weergawe van gebeure word nooit bekend gemaak nie.
Die Jeugligaleier is ontstoke oor berigte dat hy homself verryk het dmv die tenderproses en die aanklag wat teen hom gelê is in dié verband.
City Press het Malema onlangs daarvan beskuldig dat hy minstens R200 000 van die geld in ‘n trust deur korrupte tenderprosesse bekom het. 
Hy het gesê hy is van plan om dit nie daar te laat nie en het buite die ­Queenstown-landdroshof gesê hy is van plan om die koerant te dagvaar vir naamskending.

“Sedert ek die leier van die jeugliga geword het, word ek nie met rus gelaat nie. Die media is behep met my. Hulle volg my selfs tot in die toilet om seker te maak ek doen wat ek veronderstel is om te doen,” het hy gister aan ‘n skare by ‘n hofverskyning in Queenstown gesê.

“Hoeveel mense in die land het trusts? Waarom word hulle nie vir ongerymdhede ondersoek nie? Die media mislei die land,” het hy gesê.

“Die trust waaroor hulle praat, is ‘n fonds om die armstes van die armes te help. Die geld is al gebruik om rolstoele aan mense in die O.R. Tambo-distrik (Oos-Kaap) te skenk, en die media het dit nie gedek nie.”

Dié geld in die trust, is volgens Malema, deur ondernemings geskenk as deel van hul verantwoordelikheid om maatskaplike bydraes te maak.

липецк жгутыЛобановский Харьков

Kosovo smeul

Serwiese polisie en NAVO-troepe beman tans kontrolepunte aan beide kante van die Kosovo-grens om verdere etniese geweld te voorkom nadat ‘n grenspos afgebrand en ‘n polisieman doodgemaak is.

“Ons wil ekstremiste van Serwië wat Kosovo wil bereik keer, en ons sal aan internasionale vredesmagte daar hulp verleen op enige manier wat ons kan,” het die Serwiese polisiehoof Milorad Veljovic aan verslaggewers gesê.

Die grens was Donderdag stil ná twee dae van geweld in Kosovo se Serwies-bevolkte noorde waarin een etnies Albanese polisieman dood is en ‘n grenskruising deur sogenaamde Serwiese nasionaliste aan die brand gesteek is.

Die Europese Unie het ook druk op Kosovo en Serwië geplaas om hulleself te weerhou van geweld en met bilaterale gesprekke voort te gaan.

“Ons is ernstig bekommerd oor die onlangse uitbraak van geweld op die grens tussen Serwië en Kosovo,” het die Britse minister van buitelandse sake William Hague en die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

“Ons het in die verlede gesê en ons herhaal nou dat die manier waarop die grenskwessies hanteer word, ‘n belangrike maatstaf is binne die EU-perspektief,” het hulle voortgegaan. “Tasbare vordering op al hierdie gebiede sal ‘n rol speel in die EU se besprekings komende herfs.”

Die probleme in Kosovo, wat ‘n 90 persent etnies Albanese meerderheid het, het begin nadat Pristina spesiale polisie-eenhede Maandag gestuur het om beheer van noordelike grensposte te neem en ‘n verbod op invoere van Serwië uit weerwraak na ‘n geskil oor doeane-regulasies af te dwing.

Die polisie het teruggeval ná die geweld, maar Kosovo se premier Hashim Thaçi het Donderdag gesê hy gaan hulle na alle grensoorgange terugstuur.

“Wederkerigheidsmaatreëls [in handel] met Serwië sal toegepas word by alle grensoorgange … en dit sal voortgaan tot Serwië sy posisie verander,” het Thaçi in die parlement gesê.

Kosovo het in 2008 eensydig onafhanklikheid verklaar maar dié stap word nie erken deur Serwië en die 60 000 Serwiërs wat in die noorde van Kosovo woon nie. Hulle beskou nog steeds Belgrado as hulle hul hoofstad. Nog 40 000 Serwiërs leef in enklawes in die res van Kosovo. Ongeveer 76 lidlande van die Verenigde Nasies erken egter die onafhanklikheid van Kosovo, asook die Internasionale Geregshof in Den Haag wat op 22 Julie 2010 uitspraak ten gunste van Kosovo gegee het in die geskil tussen Serwië en Kosovo.

Serwiërs koester Kosovo as die historiese hartland van die Ortodokse Christendom en die meeste is bitter oor sy onafhanklikheid. Die VSA het egter Kosovo se onafhanklikheid erken omdat hulle die Russiese invloedsfeer in die Balkan wou verbreek en ‘n politieke voordeel daarin gesien het om Albanese Moslemgelowiges te bevoordeel.

Donderdag was die Jarinje-grenskruising kalm met Amerikaanse troepe van NAVO se vredesensing in Kosovo wat beheer uitoefen. Hulle het voertuie vir wapens deursoek, het ‘n Reuters-korrespondent gesê.

Die Duitse generaal Erhard Buehler, bevelvoerder van die NAVO-troepe in Kosovo, het gesê die geboue by die grenskruising, 20km noord van die stad van Mitrovica, is erg beskadig.

“Om veiligheidsredes is daar vir mense ‘n hoë risiko. Klein privaatmotors kan die grens op hul eie risiko oorsteek,” het Buehler in ‘n verklaring gesê.

Vredesmagte, wat nou nog Kosovo patrolleer meer as ‘n dekade nadat die oorlog tussen etniese Albanese en Serwiese veiligheidsmagte in 1998-1999 uitgebreek het, is ook in beheer van ‘n ander sleutelgrenskontrolepunt.

Buehler het gesê KFOR sal voortgaan om troepe te ontplooi om die hele noorde van Kosovo se veiligheid en vryheid van beweging te beskerm.

Jean-Francois Fitou, Frankryk se ambassadeur in Pristina, het aan Reuters gesê “uit die oogpunt van veiligheid, is die situasie nie buite beheer nie, maar dit is nie goed nie”.

In Woensdag se aanval op die Jarinjegrenspos, het die Serwiërs petrolbomme op lede van NAVO se KFOR-vredesmag gegooi.

Woensdag het Thaçi Belgrado daarvan beskuldig dat hulle die geweld aanblaas, maar president Boris Tadic het gesê die aanvalle is uitgevoer deur geharde Serwiese nasionaliste wat teen Serwië se poging om bande met sy voormalige suidelike provinsie te herstel, gekant is.

“Vir ons, is dialoog die enigste manier om probleme op te los in Kosovo en historiese versoening tussen Serwiërs en Albaniërs te bereik,” het ‘n Serwiese regeringswoordvoerder Milivoje Mihajlovic aan verslaggewers gesê.

Belgrado wil by die EU aansluit, maar moet sy bande met Kosovo herstel om die toetredingsproses te bespoedig. Belgrado en Pristina het begin met EU-bemiddelde gesprekke oor handel, die beweging van mense en kwessies soos om die energievoorsiening te verbeter, maar onderhandelinge vorder stadig.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Woensdag ‘n Serwiese versoek om dringende samesprekinge agter geslote deure oor Kosovo aanvaar.

Serwië het beheer van Kosovo in 1999 verloor, toe NAVO ‘n swaar bombardement van 78 dae lank teen Slobodan Milosevic se onderdrukking van etnies Albanese rebelle gevoer het om sy veldtog van etniese reiniging te stuit.

игрушки на годикалександр лобановский харьков