Onrusbarende tendens by Naspers

‘n Nuwe – en na my mening onrusbarende – tendens is besig om Naspers se media pos te vat – sentralisering van menings en standpunte oor kardinale kwessies.

Ek vermoed dit het reeds voorheen plaasgevind en daar was onlangs berigte oor groter sentralisering in Naspers ten opsigte van bestuur, redaksionele groottes en aanstellings, maar hierdie skynbaar nuwe tendens waar ‘n hoofartikel – die formele kommentaar van ‘n koerant – klaarblyklik op ‘n sentrale plek deur ‘n top amptenaar van Naspers geskryf word en dan presies net so in aldrie dagblaaie geplaas word, het my wenkbroue hoog laat lig.

Die betrokke hoofartikel oor die bloedige geveg tussen die DA en Cosatu het op 16 Mei gelykluidend in Beeld, Die Burger en Volksblad verskyn. Ek het dadelik ‘n brief (gelykluidend!) aan aldrie koerante gestuur om sekere vrae te stel, maar dit is nog nie gepubliseer nie en sal seker ook nie want Naspers duld nie enige vorm van kritiek of bevraagtekening nie.

Wat ek in die brief gevra het, is dat die skrywer van hoofartikels soos hierdie wat in aldrie Naspers-koerante verskyn, voortaan duidelik aangestip word, maw sy naam behoort duidelik aangetoon te word sodat ons kan weet wie se woord dit is wat gespreek word.

In die verlede toe hoofredakteurs pa gestaan het vir hoofartikels wat deur hulself of in hulle opdrag geskryf is, kon die redakteur behoorlik daarvoor verantwoordelik gehou word. Met hierdie gesentraliseerde redaksionele mening geld hierdie baie ou gebruik seker nie meer nie want die hoofredakteur het klaarblyklik nie ‘n keuse nie.

As oud-redakteur van ‘n dagblad en hoofredaksielid van verskeie Perskor-koerante wat hoofartikels geskryf het vir mense soos Dirk Richard, maar wat natuurlik deur hom gewysig of goedgekeur is, vind ek hierdie inbreuk op die onafhanklikheid en vryheid van mening van ‘n hoofredakteur verstommend, selfs kommerwekkend.

Vryheid van die pers het nog altyd eintlik en in die finale instansie in die hoofredakteur van ‘n publikasie gesetel. Klaarblyklik word dit nou toegeëien deur ‘n gesiglose superredakteur. Dit is nie goed en lekker nie, het ek in die brief geskryf.

Ek vind dit uiters jammer dat Naspers nie my brief gepubliseer en standpunt oor die kwessie inneem nie, want soos ek uiteengesit het, raak dit ‘n baie belangrike aspek van persvryheid soos ons dit ken. Ek kan my nie indink dat groot mediagroepe in Brittanje en die VSA so iets sou doen nie. Daar word uiteraard gewoonlik mense in topposte aangestel wat vertroud is met die groep se breë beleid en sieninge en dit gewoonlik verwoord, maar daar is tog tye dat daar binne ‘n groep verskille – hoofsaaklik klemverskille – kan ontstaan en dit is net bevorderlik vir goeie debat en ontleding. Ek het persoonlik daarvan ervaring gehad, maar dit is ‘n ander storie.

Ondertussen bly die identiteit van die skrywer van hierdie enkele hoofartikel geheim. Daar kan met aansienlike vertroue bespiegel word dat dit deur Tim du Plessis, hoof van Naspers se Afrikaanse koerante (wat dit ook al mag beteken), geskryf is, maar dit is nie noodwendig nie. Dit kon selfs deur Jakes Gerwel geskryf gewees het. Hy skryf redelik dikwels meningsartikels in die koerante. Dis nie onmoontlik dat iemand soos Peet Kruger, redakteur van Beeld, die artikel self geskryf het nie, maar steeds dan was dit in opdrag van ‘n sentrale besluitnemer gedoen en in aldrie koerante geplaas. Ek dink nie Kruger het die reg om vir die ander twee koerante se redakteurs voor te skryf nie.

Maak dit saak wie dit geskryf of dan goedgekeur het? Ja, nogal want dit is ‘n goeie aanduiding van wie in Naspers eintlik in beheer van denke en beleid is. En dit is weer ‘n aanduiding van hoe die wind vorentoe gaan waai.

прокурор Фильчаков

Boer aangerand wat onwettige begrafnis teëgaan

‘n Boer is aangerand, as gyselaar gehou en afgeneem langs ‘n vrou se lyk omdat swartes sonder die eienaar se toestemming dooies op sy plaas wou begrawe, berig Beeld.

Hendrik Davel (34), eienaar van die plaas Sterkfontein, naby Wakkerstroom in Mpumalanga, is Woensdag deur ontstoke begrafnisgangers aangeval toe hy die groep genader het om hulle oor die begrafnis uit te vra.

Sy broer, Sakkie (38), wat hom gaan help het, is ook aangerand en as gyselaar aangehou.

Die groep wou die begrafnis in ‘n kraal op Davel se eiendom hou, maar hulle werk nie vir hom nie.

Davel het aan die oorlede vrou se familie vroeër vandeesweek gesê hulle kan haar nie op sy plaas begrawe nie, aangesien sy in Johannesburg gewoon, gewerk en gesterf het.

Die boer het Woensdagoggend opgemerk dat ‘n groot tent by die kraal opgerig is. Hy is aangeval toe hy ondersoek gaan instel het.

Naburige boere en polisiebeamptes het later die twee broers uit ‘n geslote hut vrygelaat. Die polisie het ook Davel se vuurwapen, wat tydens die aanval gesteel is, teruggekry.

Alf Ueckermann, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat sake van aanranding en diefstal ondersoek word.

Фильчаков

Olaf Bouwer, die onverskrokke baasspioen

Brittanje het nog altyd sy Bond gehad, die Amerikaners het deesdae hulle Bourne, maar ons Suid-Afrikaners het eens ons Bouwer gehad: Bouwer, Olaf Bouwer, baasspioen. Hy was die skepping van ’n skimagtige skrywer (moontlik selfs skrywers), Stoffel Pienaar, in die sestigerjare, ’n dekade van hardgekookte aksie en manne van yster wat vasvat wanneer hulle vat, of dit nou ’n vyandige spioen in ’n hysbak of ’n kurweryke meisie in die kooi is.

Olaf Bouwer is ’n yster onder die ysters. Soos dit die beste aksiespioene betaam, is hy ’n man grotendeels sonder ’n verlede. Ons weet hy is gebrei in die Franse Vreemdelegioen, wat sy kosmopolitisme verklaar. Daar was ’n vrou in sy verlede… (Daar is altyd een, nie waar nie?) Olaf is beslis nie ’n werk-in-wording nie. Hy is die afgeronde, baie gedugte, produk, geheel en al lojaal teenoor die organisasie waarvoor hy werk, SS15, wat beskryf word as ’n spioenasienetwerk van vyftien bondgenootlande wat saamgebind word deur hulle anti-kommunistiese ywer. Aaa, dit was die dae, toe ’n mens darem geweet het wie die vyand is.

Die spioene van SS15 is nie sommer net spelers in die plaaslike ligas nie. Hulle is die beste van die beste, die uitsoekagente van die betrokke lande. Hoewel hy te beskeie is om so te sê, (die avonture word in die eerste persoon oorgedra), is Olaf Bouwer die beste van die beste van die beste. Hy is ’n man van aksie, ’n dodelike karateka wat tog in die waarde van ’n goeie ou Boerevuishou op die regte tyd glo. En dít wat nie reg geslaan kan word nie, kan reg geskiet word, iets wat hy met sy getroue Walther P38-pistool doen.

“En onder my linkerarm, in sy spesiale houer, nestel die Walther P.38,” beduie hy, “ — die Duitse outomatiese pistool wat my lewe al telkemale gered en oor die jare ‘n getroue staatmaker geword het. ‘n Pistool nog meer verwoestend en gevaarlik as selfs die berugte Duitse Luger, met sy angeldun loop en in sy magasyn die dood wat daar sluimer in die vorm van agt loodpunt-koeëls. Ek wil liewer nie dink aan die mans, en vroue, wat die Walther P.38 al graf toe gestuur het nie . . .”

Dis net reg dat hy “en vroue” invoeg, want die vrou wat haarself met Olaf verbind, het ’n kort lewensverwagting. ’n Spioen in ’n eenmalige storie kan ’n vrou akkommodeer, maar nie ’n agent in ’n reeks nie. Dáárin word dit van hom verwag om in elke aflewering ’n nuwe skoonheid koud te sit, warm te vry en dan af te staan. Die lewensverwagting van ’n Bouwer-poppie is nog korter as dié van ’n Bond-meisie. En hulle is hulpeloos teen die sjarme van onse Olaf. Selfs wanneer hy net gaan om deur die organisasie se masseuse behandel te word, tuimel dié professionele vrou in sy arms. Dit is natuurlik net ’n voorsmakie van die hoofgevryery met ’n verruklike jong Spaanse meisie.

“Haar lippe is effens oop, uitnodigend en uitlokkend naby aan myne,” beskryf Olaf dié onderhandeling. “Haar arms gly om my nek en sy fluister iets in Spaans. Ons lippe ontmoet. Eers sag, soekend, onseker. Dan dwingend, met hartstog . . .

Buite die grot loei die wind in die donker nag.”

’n Ware man van die tyd praat nie uit die slaapkamer nie. Punt-punt-punt. Maar as jy ’n aanduiding wil hê van die intensiteit van die daad, nou ja, daardie wind loei buite die grot in die donker nag.

Pienaar karring nie juis met karakterisering nie, oftewel dan nie met sy hoofkarakter nie. Olaf is nou nie juis ’n ou wat voor ’n spieël staan om ’n kritiese verslag van sy uiterlike te gee nie; en ook nie werklik van sy innerlike nie. Wat ons van hom weet, kom uit terloopse aanmerkings in die ontvouende verhaal. Hy is ’n man van die wêreld, vlot in die belangrikste wêreldtale. Tog slaan sy Afrikanerheid telkens deur: Hy praat van ’n “Volksie,” en eet langtand aan kontinentale cuisine terwyl hy na ’n behoorlike homp vleis smag.

Hy kan ongenaakbaar wees, maar het tog ’n sagte kern. Bo alles is hy onwrikbaar lojaal teenoor SS15, selfs wanneer die organisasie sy onbesonne rug op Bouwer draai, ’n tema wat die raamwerk van Sending Verraad vorm. Wanneer hy berig ontvang van sy beste vriend en kameraad se dood, en boonop ingelig word dat dié swerkater ’n verraaier was, is sy eie betroubaarheid onder verdenking. In die beste hardgebakte spioenstyl, ruk hy sy Walther te voorskyn en dwing sy pad uit SS15 se hoofkwartier in Londen, waarna hy in sy baas se Citroën vlug “met skreeuende bande”.

Natuurlik is hy op ’n heldetog om die waarheid oor sy vriend se lewe en dood vas te stel. Sy tog lei hom van Engeland via die Mou na Frankryk, België en Spanje. Dit is die mees oortuigende deel van Bouwer in aksie: Sy intieme kennis van die geografie en kulture van die lande waarin hy opereer.

Tempo is alles en in Sending Verraad verloop dinge teen breeknekspoed. Die intriges is goed uitgewerk en gestaaf en Olaf se optredes is vernuftig en boeiend. Anders as Ian Fleming, vermy Stoffel Pienaar die gebruik van foefies en tegnologiese madoedats. Die hoogste tegnologie in die boek word verteenwoordig deur… Bouwer se Walther, wat anders? En dis ’n 9-millimeter wat blaf, knal, skop en vuur spoeg terwyl Olaf geregtigheid uitdeel aan ’n versameling maaifoedies wat dit deur en deur nodig gehad het. Die verhaal het ’n asemvervlakkende klimaks en ’n boeiende ontknoping. In sy kruisvaart word Olaf ondersteun deur ’n kleurvolle rol karakters, wat natuurlik ’n heldin, die beeldskone Maria, en haar hiperintelligente twee wolfhonde insluit.

Vir ’n vermaaklike, boeiende leeservaring, en dit in heerlike Afrikaans, kan jy beswaarlik meer vra as Sending Verraad. Maak soos ek. Ek het die TV afgeskakel, ’n lang beker se skuimende warm kakao gemaak en myself onder ’n donsduvet ingewikkel en my verdiep in Olaf Bouwer se avonture, soos gelees op my Prestigio-e-leser, terwyl ek na rolprenttemas uit die sestigerjare daarop luister.

Olaf Bouwer en Prestigio – ’n onverbeterlike kombinasie.

Данильченео

Koue Oorlog hervat

Die Russiese weermag het ‘n gevorderde interkontinentale ballistiese missiel suksesvol gelanseer. Dit is ontwerp om die Amerikaanse missielafweerstelsel wat tans in verskeie streke in Europa ontplooi word, teen te werk.

Die nuwe wapen is ‘n gevorderde weergawe van die Topol-M wat reeds deur die Russiese magte ontplooi is. Die eksperiment uit Plesetsk het Woensdag die Kurateiken in Kamtsjatka-skiereiland in die Verre Ooste getref.

Die hoofdoel van die bekendstelling was die haalbaarheid van die ontwerp, het woordvoerder kolonel Vadim Koval aan joernaliste gesê.

Die suksesvolle toets kom ná ‘n mislukte bekendstelling van die prototipe op September 27, 2011.

Die missiel is “een van die militêr-tegniese maatreëls, wat Rusland se militêre-politieke leierskap in reaksie op die ontplooiing van ‘n globale missielafweerstelsel deur die Amerikaners neem,” sê die afgetrede generaal Viktor Yesin.

Die nuwe missiel kan “binnekort” gereed wees vir diens om “in die onseker situasie” wat verhoog, aan Rusland beskerming te bied, het hy aan die Interfax-nuusagentskap gesê.

Volgens militêre bronne, sal die opgegradeerde ontwerp fokus op sy brandstofformule. Die vastestof dryfmiddel is verbeter en maak voorsiening vir ‘n vinniger hupstoot, wat die eerste fase van die vlug versnel. Dit was eers relatief stadig en voorspelbaar, wat dit meer kwesbaar vir anti-missielafweer maak.

Nie-amptelik is die missiel die Avangard gedoop. Silo- en mobiele lanseerders van die missiel is tans in ontwikkeling.

лобановский александр игоревич

‘Hoe swakker jy word, hoe sterker raak hulle’

President Zuma het by die Nasionale Unie van Mynwerkers se kongres by Emperors Palace gesê fel gekritiek die afgelope maande sal hom nie van stryk bring nie.

Sy hofaansoek teen die Goodman Gallery en City Press-koerant oor ‘n omstrede skildery wat sy geslagsdele vertoon, sal vandag gehoor word.

Zuma was op sy gemak en het gelag toe hy in Zoeloe gepraat het. “Mense sê ‘Lomuntu akakwazi ukuphatha ilizwe Ngoba akazi Lutho” (Hierdie persoon weet nie hoe om die land te bestuur nie, want hy weet niks).

“Jy weet dalk nie dat ons revolusie sy vyande ‘n lang tyd gelede gehad het nie, en hulle bly dit nog steeds vandag.

” Hoe swakker jy word, hoe sterker raak hulle.

“Ek weet wat ek doen,” het Zuma gesê by die opening van die vyf-dag kongres.

” Ek is nie per ongeluk hier nie. En dit is hoekom ek nie van plan is om diplomaties te wees op die gebied van revolusionêre beginsels nie. Daar is geen diplomasie wat nodig is nie.”

“Die kwessie is hoe laat ons ​​Suid-Afrika slaag? Hoe bring ons welvaart in ons land?

“Daardie taak is nie vir baie van die mense wat te veel praat nie. Daardie taak is nou in ons hande. Ons moet verstaan ​​dat [dit is] absoluut noodsaaklik,” het Zuma gesê.

“Ek is nie hier, want ek het iewers verlore geraak nie… Ek was deel van die stryd, en ek gaan voort om te wees. Ek het hier aangekom, regop geloop, ek weet waar ek gaan.

“Ek is nie soos mense wat vandag kom en harder praat nie, wat nie daar was toe dinge moeilik was nie.”

Met verwysing na sy vyande, het Zuma gesê: “En ons het hulle nog nooit geoordeel nie… en ek dink nie ons gaan uitgelok word nie, … want ons het ‘n dieper begrip van die lot van ons mense, die lot van hierdie land. “

Фильчаков прокурор

V-Dare meen daar is ‘n ‘volksmoord’ op SA blankes

Die invloedryke konserwatiewe webwerf, V-Dare, het so pas ‘n resensie geplaas waarin Ilana Mercer se boek oor Suid-Afrika ná !994, Into the cannibal’s pot, onder die loep geneem word. Die resensent, Eugene Girin, haal statistiek uit die boek aan wat aantoon dat ongeveer 10% van alle Afrikanerboere reeds sedert 1994 in plaasmoorde vermoor is.

Volgens Girin “loop blanke boere veral onder ‘n moordveldtog deur wat slegs as ‘n volksmoord beskryf kan word”.

Lees die volledige resensie in Engels hier.

Фільчаков прокурор

Reddingswerkers by twee myne ontplooi

Reddingswerkers het Woensdag ‘n tiende onwettige myner na die oppervlakte van ‘n ongebruikte goudmyn naby Welkom gebring, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Volgens kol. Sam Makhele sal die reddingspoging voortduur so lank as wat die situasie nog veilig is by die ongebruikte Harmony Gold-myn.

Minstens 20 werkers is vermoedelik nog ondergronds.

Makhele het vroeër gesê die polisie en reddingspersoneel fokus net daarop om die vasgekeerde “zama-zamas”, soos onwettige myners bekend staan, by die myn uit te kry.

Daar is nog geen aanduiding van moontlike sterftes nie.

Twee onwettige myners het Dinsdag gaan hulp soek en gesê hul mede-myners is vasgekeer ná ‘n rotsstorting in die vroeë oggendure.

Die polisie sê hulle het aan die owerhede gesê hulle het vir goud gemyn toe gedeeltes van die myn ineengestort het.

Die maatskappy het die myn toegemaak, maar onwettige mynwerkers, waarvan baie van Zimbabwe, Mosambiek en Lesotho kom, het sonder wettige toesig daarin begin myn.

‘n Verlate myn op Kleinzee in die Noord-Kaap het intussen ook die lewens van twee onwettige diamantmyners geëis.

Verskeie ander is vasgekeer in die dorp se Bontekoe-myn nadat ‘n selfgemaakte tonnel ineengestort het.

Die myngebied naby Kleinzee waar die myners toegeval het behoort aan De Beers en nie aan Bonte Koe myn nie. De Beers het voorheen al die kanaal van die oopgroefmyn toegestoot met masjienerie maar die kanaal is weer oopgegrawe.

Reddingswerkers het probeer om 18 vasgekeerders uit te grawe.

Die myn is glo sowat tien jaar gelede gesluit en De Beers het sedertdien glo niks gedoen om dit te rehabiliteer nie.

 

Александр Фильчаков

Swak polisiewerk laat ET-moordenaar skotvry

“Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van Chris Mahlangu, moordenaar van Eugene Terre’Blanche, die voormalige AWB-leier.

“Dit is egter duidelik dat swak polisiewerk die jeugdige wat ook betrokke was by die saak, bevoordeel het en dit ondermyn regspleging in Suid-Afrika. Die Polisie is nalatig as hulle hulself nie op hoogte bring van nuwe wetgewing soos die Kinderwet, 38 van 2005, wat van toepassing was op die jeugdige nie.

“Die Polisie is die eerste skakel in die strafregstelsel en as daardie ondersoek gebrekkig is kom misdadigers skotvry van hul wandade.

“Hierdeur kom die Polisie nie hul grondwetlike verantwoodelikheid na om my en jou as burgers te beskern nie,” was die reaksie van mnr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor Polisie, op die uitspraak van regter Horn in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak vandag.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

ANC moet alle volke erken, nie net Palestyne

Die Vryheidsfront Plus eis dat die ANC-regering en die minister van handel en nywerheid, dr Rob Davies, ook erkenning moet gee aan ander state en hulle produkte in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 soos wat beoog word vir Palestina en produkte van Palestynse oorsprong.
“Hierdie voorneme om net Palestynse produkte te wil beskerm deur herklassifikasie is duidelik ‘n politieke besluit gekleur met ‘n tipiese anti-Semitiese ondertoon weens die ANC se nou bande met die Arabiese wêreld. Hoewel die ANC-regering wel Palestina as staat erken, is die proses van herklassifisering van Israeliese produkte in terme van artikels 24 en 26 van die Wet op Verbruikersbeskerming, sonder om eers Israel wat ‘n beduidende Midde-Oosterse handelvennoot van Suid Afrika is daarin te ken, minagtend van aard. Die vraag is waarom die ANC-regering nie ook dieselfde vereis van produkte van Tibet en ander de facto state en volkere van die Unrepresented Peoples Organisation nie?” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid gevra.

“Die regering het deur die departement van handel en nywerheid nou vir die tweede keer ekonomiese hulp en beskerming aan ‘n staat van twyfelagtige motiewe gegee; eerstens met die ekonomiese hulppakket aan Kuba wat niks in ruil aan Suid-Afrika bied nie en nou aan Palestina wat hoogstens ‘n twyfelagtige status as staat het weens nie-erkenning deur die VSA, onder andere, en wat die oogmerk het om Israel te vernietig. Dit is trouens ongehoord van die ANC-regering om op hierdie wyse in te meng in die komplekse en sensitiewe vredesproses wat tans aan die ontvou is tussen Israel en Palestina. Daar kan hoogstens net ‘n regverdiging vir hierdie besluit wees indien alle ander de facto state en volkere se produkte op dieselfde wyse beskerm word,” het Alberts voorts gesê.

Die VF Plus gaan ‘n skrywe aan minister Davies in die verband rig om duidelikheid oor die beleid van die ANC-regering hieroor te verkry.

Die Unrepresented Peoples Organisation (UNPO) is ‘n internasionale liggaam gebaseer in Den Haag wat ‘n forum daarstel vir die erkenning van volkere, minderhede en ander groepe wat nie staatlike beskerming geniet nie. Die VF Plus verteenwoordig die Afrikaner op die liggaam.

Фільчаков прокурор