In hierdie program bespreek Dan en Karin Roodt die redes waarom Clive Derby-Lewis nie op parool vrygelaat is nie.
Klik op hierdie skakel.
In hierdie program bespreek Dan en Karin Roodt die redes waarom Clive Derby-Lewis nie op parool vrygelaat is nie.
Klik op hierdie skakel.
Redox se openbarings in Augustus van die bestaan van ‘n geheime regse netwerk in dié land is gebaseer op inligting wat onwettig deur informante ingesamel is.
Lede van die linkse navorsingsorganisasie Redox word verdink daarvan dat hulle onwettig opgetree het in die insameling van inligting asook van aanranding.
Dit kom nadat ‘n ondersoek deur die plaaslike intelligensie-agentskap PET in samewerking met die polisie, wat 18 maande geduur het, bevestig het dat minstens een van AFA se lede -‘ n 25-jarige – ‘n belangrike figuur in Redox was vir die insameling van inligting oor die sogenaamde “ver-regses”.
Verskeie lede van die linkse groep Antifascist Aksie (Antifascistisk Aktion of AFA) word ook daarvan beskuldig dat hulle geweld gebruik het om die vergaderings en byeenkomste wat deur die regtervleuelgroepe gehou is, te ontwrig.
Polisie sê dat die ses mense wat aangekla word elk tot minstens ses jaar se tronkstraf in die gesig staar.
Terwyl Redox beweer hulle het geen bande met die AFA nie, is die 25-jarige na wat berig word ook ‘n lid van die groep wat beskuldig word van die gebruik van koverte spioenasie om aanvalle te beplan.
‘n Klopjag het ‘n uitgebreide databasis van inligting oor ‘n groot aantal individue blootgelê, insluitende hul geheime pinnommers, bankbesonderhede en opvoedingstatus, sowel as inligting oor hulle gesinne, families en hul aktiwiteite. Foto’s van regses is glo verkry deur koverte agtervolging.
Die inligting is gebruik om lede van regse organisasies swart te smeer, soos in die geval van Dan Jensen wat na bewering sy werk verloor het nadat inligting vrygestel en gepubliseer is deur die poniekoerant ekstra Bladet wat geopenbaar het dat hy aktief in die Deense Front (Dansk Front) is.
In ‘n duidelike vewysing na die Nasionale Belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, gesê dit is “geheel en al onaanvaarbaar” vir belastingbetalersgroepe om te weier om hul plaaslike belastings te betaal en hul geld in trustrekenings te plaas.
“Dit is geheel en al onaanvaarbare gedrag,” het Gordhan vandag aan die media gesê tydens die oorsig oor plaaslike regeringsbegrotings en -uitgawes.
“Dit is iets waaroor ons met die SAPRV (die SA plaaslikeregeringsvereniging) gesprek wil voer en duidelik die boodskap wil oordra dat indien ‘n mens in Suid-Afrika woon en n Suid-Afrikaanse burger is, gebruik jy munisipale dienste – en jy moet daarvoor betaal.”
“Gordhan het gesê die opkomende “neiging” wat deur beslatingbetalersgroepe getoon word was iets wat “baie sterk besprekings” vereis.
“Hierdie tipe nie-nakoming van die wet is glad nie aanvaarbaar nie.”
Hy het gesê baie van die geskille wat belastingbetalersgroepe met hul munisipaliteite het, kan op “die Suid-Afrikaanse manier” opgelos word.
“Ons sit om ‘n tafel, ons sê wat ons uitdagings is en ons vind praktiese oplossings daarvoor. Om spanning en antagonisme te skep, dra niks by nie.”
Gordhan het gesê dat die Tesourie met die SAPRV en “groter munisipaliteite” sal saamwerk om meer besliste skuldinvorderingsprosedures in te stel en skuld af te skryf wat “oninvorderbaar” is.
Hy het gesê dat in die lig van die fiskale beperkings wat deur die regering in die gesig gestaar word, moet politieke en administratiewe leiers meer doen om “onbehoorlike” aankooppraktyke te verminder, asook bedrog en korrupsie.
“Daar is sonder twyfel heelwat meer wat op dié gebied gedoen kan word,” het hy gesê.
Die Tesourie “sien uit” daarom met die ouditeur-generaal en die rekenmeester-generaal saam te werk om “strenger vereistes in te stel” en om beter samewerking van amptenare en politieke leiers te verkry ten einde te verseker dat belastingbetalers se geld nie sonder regverdiging “verkwis” word nie.
Munisipaliteite, het hy gesê, moet meer doen om te verseker dat hulle besluite neem om besteding van beter gehalte te bewerkstellig.
“Munisipaliteite moet daarop fokus om dienste te lewer, kapasiteit te bou, om ekonomiese infrastruktuur te bou, om die regte hoeveeheid kapitaal op infrastruktuur te bestee en om sowel infrastruktuur in stand te hou as om infrastruktuur te ontwikkel.”
Hulle moet ook “van uitspattighede vergeet” soos om ‘n “splinternuwe Mercedes of iets van die aard te koop”.
“Dit sal ‘n meer beduidende bedrae lewer om munisipaliteite in staat te stel om die Testourie in staat te stel om die spanninge en druk te hanteer van die baie onsekere ekonomiese omgewing waarin ons tans leef.”
Met die lees van dié onderhoud met Alexander Strachan het ‘n waarheid my getref oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Veral die onderstaande antwoord van Strachan was insiggewend omdat dit wys hoe rasseverhoudinge agteruit gegaan het sedert die afskaffing van apartheid!
Rassespanning was destyds algemeen in Amerika, insluitend in die Amerikaanse gewapende magte. In konfliksituasies was wit en swart soldate verantwoordelik vir mekaar se lewens, maar in hul basissie was daar volop uitbarstings. Swart en wit soldate het ook in die Grensoorlog sy aan sy (aan Suid-Afrikaanse kant geveg). Daar is dikwels gesê dat daar (in teenstelling met Viëtnam) geen rassisme aan die destydse Suidwes/Angola-front was nie – inteendeel. Stem jy saam? Hoe is dit moontlik dat wit soldate met ‘n rassistiese agtergrond en opvoeding sáám met swart soldate kon veg? Is dit moontlik dat om saam met soldate van ‘n ander ras te veg, rassisme kan teenwerk, ten spyte van ‘n rassistiese bestel soos apartheid?
Dit hang seker af van in watter eenheid jy destyds gedien het. In Spesmagte het wit en swart van meet af saam die harde, gespesialiseerde opleiding meegemaak en is daar vroeg al ‘n onderlinge band gesmee. Hoogs opgeleide operateurs het mekaar deur lewe en dood gedra en was te alle tye bereid om hul lewens vir mekaar te gee. Ons het nooit sulke rasse-uitbarstings in die basisse beleef nie, seker omdat almal dieselfde voordele geniet het en nie gedwing was om daar te wees nie. Gevolglik was die frustrasie min. In Spesmagte is jy op grond van jou vaardighede aangeslaan en niks anders nie, daarom kon wit en swart saamveg.
Bongani Majola, ‘n woordvoerder, kon nie uitbrei oor wat bespreek gaan word nie.
Genl. Mohamed Ould Abdel Aziz, die president van Mauritanië, sal die vergadering lei. Behalwe vir Suid-Afrika sal leiers van Uganda, Mali en die Demokratiese Republiek van die Kongo ook die vergadering bywoon.
Die AU en Suid-Afrika het tot dusver geweier om die Nasionale Oorgangsraad (NOR) as die nuwe regmatige regering van Libië te erken.
Die AU het probeer om ‘n vredesooreenkoms tussen die NOR en Moeammar Gaddafi, die voormalige leier van Libië, se regering te bemiddel.
Die Suid-Afrikaanse kabinet het verlede week herbevestig dat hy steeds dink die AU se “padkaart” om die krisis in Libië op te los die beste opsie is.
President Jacob Zuma het intussen aan die Parlement gesê Suid-Afrika se betrekkinge met Botswana, gaan van krag tot krag. Botswana het reeds die NOR van Libië erken.
Zuma het gereageer op vrae van die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, oor onlangse opmerkings deur Malema oor ‘n bewindsverandering in Gaberone.
“Al ses insittendes kon daarin slaag om te ontsnap voor die helikopter aan die brand geslaan het,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, gesê.
Die mans is op die toneel behandel, maar wou nie hospitaal toe gaan nie.
Wicks het gesê geen skade is aan eiendom aangerig nie.
Brian Dames, uitvoerende hoof van Eskom, drie Eskom-bestuurders, Steve Lennon, Louis Maleka en Kerseri Pathe, en twee vlieëniers was in die helikopter ten tyde van die ongeluk.
Hilary Joffe, ‘n woordvoerder van Eskom, het gesê die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval.
Die toestand van die jong wit vrou wat Dinsdagoggend in Johannesburg deur ‘n taxi omgestamp en sowat 700m ver gesleep is, is kritiek. Sy verkeer onder swaar verdowing en sal binnekort geopereer word.
‘n Bloedstreep was op die pad te sien.
Kim McCusker (25), ‘n advokaat, en haar verloofde het ondersoek ingestel nadat ‘n taxi teen hul bakkie gebots het.
McCusker het toe haar balans verloor en geval, waarna die bestuurder weggery het. Sy was onder die taxi vasgekeer en is meters ver in Lonehill Boulevard in die noorde van Johannesburg gesleep.
Sy het erge beserings opgedoen en haar familie is van plan om ‘n saak van poging tot moord by die polisie aanhangig te maak.
Die publikasie van prominente foto’s van twee beamptes wat seks gehad het terwyl hulle aan diens was deur die Sowetan, was nie in die openbare belang nie, het die Persombudsman beslis.“Dit was nie nodig om terug te val op die prominente en eksplisiete publikasie van die foto’s om die boodskap oor te dra nie… daar was geen ‘openbare belang’ daarin om dit te doen nie,” het Johan Retief, adjunk-persombudsman, beslis.
Hy het die koerant beveel om op beide die voorblad en tweede blad ‘n verskoning te plaas.
“‘n Visuele voorstelling van seksuele gedrag mag nie gepubliseer word nie, tensy ‘n legitieme argument van openbare belang anders bewys.”
Die koerant se adjunk-nuusredakteur, Khangale Makhado, het Dinsdag gesê prokureurs word gekonsulteer, maar dit is nog nie seker of hulle appél sal aanteken nie.
“Dit is nog oop, die prokureurs sal ons adviseer.”
Die omstrede foto’s, wat op 15 Augustus op die voorblad en tweede bladsy gepubliseer is, het gewys hoe ‘n beampte van korrektiewe dienste en ‘n vroulike polisiebeampte seks in ‘n hospitaal gehad het terwyl hulle aan diens was. Retief het gesê die storie self was wel in die openbare belang, aangesien die betrokke persone deur belastingbetalers betaal word.
Die koerant het op verskeie maniere die perskode oortree – onder meer deur nie sensitiwiteit te toon aan die koerant se lesers, die paartjie se gesin en kinders en kinders in die algemeen nie.
Kort ná die artikels gepubliseer is, het die koerant se publiek-redakteur, Joe Latakgomo, ‘n rubriek geskryf waarin hy erken het die koerant het verskeie klagtes ontvang.
Retief het gesê die verskoning aan die lesers, die paartjie se gesin en kinders en kinders in die algemeen moet op die voorblad bó die vou gepubliseer word.
Die Sowetan moet ook op die tweede blad sê dat ses lesers by die Persombudsman gekla het. Die kern van die klagtes moet ook omskryf word.
Nadat die artikel gepubliseer is, is die vroulike beampte afgedank. Die man is geskors en sal dissiplinêr verhoor word.
Die Nelson Mandelastigting het intussen ook gerugte ontken wat mbv die sosiale netwerk Twitter versprei het, en kommer wek oor die oudpresident se gesondheid.
Die stigting sê dit gaan goed met Mandela. Sy persoonlike assistent, Zelda la Grange, sê daar is geen rede tot kommer nie. ‘n Woordvoerder van die Presidensie, Mac Maharaj, sê hy is ook nie bewus van enige nuus oor Mandela se ongesteldheid nie.
Sy voormalige eggenoot, die 74-jarige Madikizela-Mandela het glo ‘n enkelbesering opgedoen en word by die Brenthurst-kliniek in Johannesburg behandel.
Veronica Holliday, ‘n woordvoerder van die kliniek, het gesê sy kan nie oor Madikizela-Mandela se toestand kommentaar lewer nie, maar het bevestig dat die omstrede figuur in die kliniek opgeneem is.
Dit is nie bekend wanneer Madikizela-Mandela ontslaan gaan word nie.
Die adjunk verkeershoof van die Tshwane Metroraad, Ndumisa Jaca, word nou deur drie organisasies ondersoek oor bewerings dat hy vals nommerplate gebruik.
Hulle is die Padverkeersbestuurskorporasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat en die munisipaliteit. ‘n Woordvoerder van die Korporasie, Ashref Ismail, sê hulle sal later meer besonderhede verskaf.
‘n Woordvoerder van die Klagtedirektoraat, Tiyani Sambo, sê hulle het ‘n klagte ontvang en stel ondersoek in. ‘n Woordvoerder van die Metroraad, Pieter de Necker, het vroeër gesê die munisipaliteit is bewus van die klagtes en is ook met ‘n ondersoek besig.
Koerante het foto’s van ‘n geel motorfiets en ‘n BMW gepubliseer, waarvan altwee die nommerplaat BALTY GP gehad het. Die motor en die motorfiets behoort na bewering aan Jaca wat ook die waarnemende Metropolisiehoof is.