De Beers moet hoes

‘n Amerikaanse federale hof het ‘n skikking van twee miljard rand in ‘n toetssaak bekragtig teen die wêreld se grootste diamantverskaffer, De Beers.

De Beers Suid-Afrika word daarvan beskuldig dat hy die Amerikaanse mark manipuleer om die prys van ongeslypte diamante kunsmatig op te stoot.

Die maatskappy het daarna ingestem om twee miljard rand aan Amerikaanse kleinhandelaars, juweliers en verbruikers te betaal wat diamante sedert 1994 aangekoop het.

‘n Paneel van drie regters het in Julie verlede jaar die skikking nietig verklaar.

‘n Volbank van die Amerikaanse Appèlhof het egter nie met die uitspraak saamgestem nie en die skikking weer bekragtig.

Александр Фильчаков прокурор

Zim wil nog verblyfpermitte in SA bekom

Die Departement van Binnelandse Sake, sê hy is nie bewus van enige besluit of ooreenkoms om ‘n tweede proses te begin om die onwettige verblyf van Zimbabwiërs in Suid-Afrika te wettig nie.

Volgens die plaaslike media in Harare het die minister van Binnelandse Sake, Kembo Mohadi, gesê die woordvoerder van Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa, het daarop gewys dat hulle nie bewus is van sulke planne nie.

Mohadi het op sy beurt gesê Zimbabwiese amptenare sal hulle Suid-Afrikaanse kollegas in die nuwe jaar ontmoet om met die tweede fase te begin.

Die regering het in April verlede jaar ‘n moratorium op die deportering van Zimbabwiërs aangekondig.

Hulle het toe spesiale dokumente gekry om hulle verblyf in Suid-Afrika wettig te maak.

Die Departement sê hy het 275 762 aansoeke vir permitte gekry. ‘n Amptenaar by die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg wou nie kommentaar lewer op die kwessie nie.

Александр Фильчаков прокурор

Waar is Angola se miljarde?

Die internasionale menseregtegroep Human Rights Watch sê Angola moet verantwoording doen vir $32 miljard wat uit staatskoffers verdwyn het.

Die New Yorkse organisasie het gesê die geld moet tot die voordeel van die mense in Angola gebruik word.

Die groep het Woensdag gesê dit het in ‘n Desember-verslag van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) aan die lig gekom dat die geld verdwyn het. Dié geld word met die oliemaatskappy Sonangol verbind.

Dít sluit $7 miljard in wat na oorsese rekeninge oorgeplaas is en $24,9 miljard wat as “onverklaarbare uitgawes in die regering se state” aangedui word.

Volgens die IMF het die geld tussen 2007 en 2010 verdwyn.

прокурор Фильчаков

Presidensie verdedig tradisionele kultuur

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het Woensdag pres. Jacob Zuma se uitlatings oor Christenskap verdedig en gesê die berig daaroor was “misleidend”.

Volgens Maharaj het Zuma die koms van die Westerse kultuur verwelkom, maar ook daarop gewys dat die tradisionele manier van dinge doen ondermyn word.

Maharaj het gesê die president het Zoeloe gepraat en die boodskap het in die vertaling verlore geraak.

Maharaj het in ‘n verklaring gesê, “Afrika-kultuur is ondermyn of selfs geërodeer deur die koms van Westerse beskawing, waarvan sommige dinge belangrik was vir die samehang van gemeenskappe.”

“Die president het onder andere daarop gewys dat die Westerse kultuur die einde van die uitgebreide familie as ‘n instelling gebring het, wat gelei tot die behoefte vir die regering om ouetehuise, weeshuise en ander meganismes te vestig om die armes en kwesbares te ondersteun.

“Hy het bygevoeg dat selfs armoede ‘n onbekende faktor was omdat bure altyd gereed was om mekaar te help, melk of beeste waar nodig te gee,” sê Maharaj.

Hy het gesê dit was ‘n “onnutsige” gevolgtrekking van die M&G-berig dat Zuma die Christendom verwerp of negeer. “Die president was eenvoudig besig om Afrikakultuur te beskryf… en die verwaarlosing van Afrika-kultuur te betreur.”

Maharaj het gesê die misverstand was ‘n aanduiding van die “verskille” in Suid-Afrika se taalkundige erfenis.

“Dit alles is die gevolg van ons multikulturele samelewing,” het hy gesê.

 

александр лобановский класс

Redaktrise afgedank oor ‘niggabitch’

Die redakteur van ‘n Nederlandse mode-tydskrif is afgedank nadat die publikasie ‘n rassistiese term gebruik het om na die Barbados-gebore sangeres Rihanna te verwys.

Dié term “niggabitch” het ‘n oorloggie op sosiale media tot gevolg gehad waarop Rihanna uiteindelik ook gereageer het. Rihanna het haar boodskap aan Hoeke afgesluit met: “Fuck you”.

Eva Hoeke, redakteur van Jackie het saam met die tydskrif se uitgewer in ‘n gesamentlike verklaring op Facebook gesê die ongelukkige rassistiese term, “alhoewel dit sonder kwaadwillige bedoelings gedoen was”, is die rede dat Hoeke afgedank word nadat sy agt jaar deel was van die tydskrif.

Die term is in ‘n artikel gebruik oor hoe om jou dogter soos ‘n popster aan te trek.

Hoeke het aanvanklik gesê die gebruik van die term was as ‘n grap bedoel.

Sy het later op Twitter om verskoning gevra en gesê: “1. Moet nie swak grappe in die tydskrif publiseer nie. 2. Moet nie maak asof swak grappe snaaks is nie. 3. Jammer ouens. My fout.”

Rihanna het Dinsdag op Twitter gereageer en aan Hoeke gesê: “Jou tydskrif is ‘n swak verteenwoordiging van die evolusie van menseregte! Ek vind jou oneerbiedig en desperaat!!”

In plaas van ‘n positiewe artikel plaas wat Nederlandse meisies kan gebruik, het Rihanna gesê Jackie het gekies om ‘n term te publiseer wat “vernederend is vir ‘n hele ras. Dit is julle bydrae tot hierdie wêreld.”

Фильчаков прокурор харькова

Sonder vrees: Chemiese geheue-aanpassing

Die Pentagon het geen oplossing vir die post-traumatiese stres, oftewel PTS-krisis wat die huidige generasie van Amerikaanse troepe teister nie. Maar nuwe navorsing het chemiese antwoorde vir die vrees wat militêre personeel assosieer met traumatiese herinneringe, en kan dit wegvee.

Die Pentagon het hierdie week aangekondig dat $11 miljoen se befondsing daarvoor vir drie navorsingsinstellings bewillig sal word.

Kenners by die Emory Universiteit, die Universiteit van Suid-Kalifornië en New York-Presbyterian/Weill Cornell Medical Center sal ‘n studie onderneem om die effektiwiteit van die D-Cycloserine (DKD) te peil.

DKD is ‘n farmaseutiese hulpmiddel by blootstellingsterapie wat herinneringe van vrees uitwis. Blootstellingsterapie is waar skrikwekkende gebeure herleef word en dan verwerk mbv DKD.

“Ons weet reeds blootstellingsterapie is ‘n effektiewe [terapie] vir PTS, en ons wil uitvind hoe om dit te optimaliseer,” het dr Barbara Rothbaum, wat die Emory-span se navorsing sal lei, gesê.

Lees verder.

Данильченко Юрий прокурор

PRAAG verwelkom Nederlandse besluit oor Afrikaans

PRAAG het die besluit van die Nederlandse regering verwelkom dat dié land se ambassade in Pretoria voortaan ‘n rol by “die stimulering van Afrikaans” sal speel. Volgens dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, is hy “baie opgewonde oor die toenemende Nederlands-Afrikaanse samewerking om die toekoms van Afrikaans as deel van die groter Nederlandstalige erfenis te verseker”.

Gisteraand het die Nederlandse minister van buitelandse sake, mnr. Uri Rosenthal, in die Tweede Kamer ‘n voorstel van die PVV-lid Martin Bosma aanvaar dat daar gereelde maandelikse vergaderings met pro-Afrikaanse organisasies by die Nederlandse ambassade in Pretoria moet plaasvind. Sulke vergaderings sal gehou word “binne die kader van die Nederlandse Taalunie waarmee Suid-Afrika ‘n voorneme om saam te werk gesluit het”.

“Sedert my besoek verlede jaar in Mei toe ons met Nederlandse parlementariërs en joernaliste gesels het, het ons die dialoog met Nederland op dreef gehou deur meningsartikels in koerante en heelwat informele korrespondensie met lede van die Tweede Kamer, skrywers en ander kultuurmense,” sê dr. Dan Roodt. “Dit is jammer dat Nederland nie ook standpunt teen naamsveranderings ingeneem het nie, maar ons begryp dat dit vir Afrikaners is om self teenstand teen naamsveranderings te bied, soos minister Rosenthal dan ook gesê het.”

PRAAG het die Partij voor de Vrijheid, asook Tweedekamerlid Martin Bosma vir hul inisiatief bedank. Terwyl Nederland soos die res van Europa tans ‘n besuinigingsbeleid volg, het Bosma aan die minister gesê dat die vergaderings by die Nederlandse ambassade “niks hoef te kos nie, behalwe ‘n koppie koffie, maar dat dit as ‘n riem onder die hart (in die Afrikaanse taalstryd) ervaar sal word”.

Bosma het voorts verklaar: “Voorsitter, ons land het ‘n spesiale verantwoordelikheid teenoor Afrikaans en haar sprekers in Suid-Afrika. Afrikaans is nou met ons taal verwant. Daarom verkry Elisabeth Eybers ons PC Hooftprys. Vele plekname herinner aan die Nederlanders en hul nasate. Die huidige ANC-regering keer hul rug op ons sustertaal. Dit lyk selfs daarop uit om alle spore van Afrikaans uit die landskap te wis. Honderde dorpe, stede en strate is die afgelope vyftien jaar herdoop. So verdwyn pragtige name soos Vryheid, Afguns, Warmbad, Bosbokrand, Hoedspruit, Potgietersrust en Duiwelskloof. Dit lyk asof die regering vas van plan is om Afrikaans uit te wis.”

Volgens Bosma is die (grense van) “die voormalige Boererepublieke Transvaal en die Oranje Vrystaat – waar Nederlands die amptelike taal was – reeds van die kaart gevee. Sonder enige steun van die bevolking is Vrystaatse stede soos Bloemfontein, Kroonstad en Winburg herdoop”.

PRAAG het ‘n beroep op alle Afrikaanse organisasies gedoen om spoedig te vergader en ‘n aantal kundige verteenwoordigers aan te wys wat die taalgemeenskap teenoor Nederland kan verteenwoordig. “Dit moet nie maar net simboliese gespreksgeleenthede wees nie maar daadwerklike werksessies waar die haglike toestand waarin Afrikaans hom tans bevind, verbeter kan word,” meen dr. Dan Roodt. “Nederland is ‘n invloedryke land in Europa, ‘n voorkeurvennoot van Duitsland, asook die vyfde grootste ekonomie in die Europese Unie. Om ‘n vriend soos Nederland te hê, kan Afrikaners en Afrikaans net ten goede strek.”

Фільчаков Олександр Васильович

Zuma takel weer die Kerke

President Jacob Zuma het die skuld op godsdiens, veral die Christendom, gepak vir die verlies van die menslikheid in die samelewing.

Die ANC-leier, wat as ‘n priester van die Volle Evangelie Kerk, in KwaZulu-Natal in 2007 ingesweer is, het gister gesê dat die koms van die Christendom probleme vir swartes veroorsaak het.

“As Afrikane, lank voor die aankoms van godsdiens en [die] evangelie, het ons ons eie maniere van dinge doen gehad.

“Dit was tye waarna die godsdienstige mense verwys as donker dae, maar ons weet dat gedurende daardie tyd, was daar geen weeskinders of ouetehuise nie. Christelike geloof het hierdie dinge gebring,” het hy gesê.

Zuma het gepraat by KwaMaphumulo, op die KwaZulu-Natalse noordkus, tydens die bekendstelling van ‘n padveiligheid- en misdaadbewusmakingsveldtog.

Dit is nie die eerste keer dat Zuma wenkbroue lig met sy kommentaar oor godsdiens nie.

In Junie vanjaar moes hy om verskoning te vra vir die “misbruik” van Jesus se naam tydens die plaaslike regering se verkiesingsveldtog aan die SA Raad van Kerke.

Met die ANC se eeufeesvieringe op hande, is Zuma se uitsprake teenstrydig met die regerende party se geskiedenis van samewerking met die kerke.

Die ANC is gestig in 1912 by die NG Kerk in Waaihoek, Bloemfontein, en sy stigtingspresident, dr John Langalibalele Dube, was ‘n priester.

Gister het Zuma het gesê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners terugkeer na die “ou dae van die dinge te doen” omdat die moderne manier probleme in die samelewing veroorsaak het.

Zuma het die afskaffing van lyfstraf betreur en gesê dis ‘n goeie manier om ouerlike gesag af te dwing.

“Ek kan nie sulke wetgewing blameer nie, maar ek kan nie hieroor diplomaties wees nie. Dis ‘n feit,” het Zuma gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Wit en te slim

Universiteite se toe­latingsprosesse word al hoe meer in twyfel getrek.

Alet Rademeyer berig in Beeld dat universiteite wat dokters oplei, ontken hul toelatings- en keuringsbeleid maak vir ‘n “kwotastelsel” vir rasseverteenwoordiging voorsiening, terwyl dit duidelik die geval is.

Dubbelpratery in universiteite se keuringsprosedures maak voornemende topstudente met uitstekende uitslae én hul ouers al hoe meer keelvol, sê sy.

Lees hier.

 

Александр Фильчаков прокурор

SEB raak swarter

In die Wysigingswetsontwerp op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging gaan daar nie meer punte vir wit vroue en gestremdes toegeken word nie.

Dus gaan die aanstelling van wit vroue en gestremdes nie meer maatskappye se bemagtigingsgradering verhoog nie.

Die wysigingswetsontwerp is vroeër vandeesmaand in die Staatskoerant gepubliseer.

Maatskappye het in die verlede wit vroue en gestremdes aangestel om hul SEB-gradering te verbeter, maar dis nou iets van die verlede.

Swart vroue gaan voortaan voorrang bo wittes geniet, omdat dit vir sakeondernemings meer SEB-punte gaan inbring.

Die wetsontwerp sluit ‘n gedetaillerde definisie van ‘n swarte in en ‘n ouditeur sal jaarliks ‘n sertifikaat uitreik om die SEB-gradering te bevestig. Tronkstraf en ‘n swaar boete wag op oortreders.

прокурор Фильчаков