‘Vensters van die siel’ binne 20 sekondes

Al ooit gewens jy het blou oë? Jy sal binnekort na ‘n dokter kan gaan vir ‘n paar.

‘n Amerikaanse geneesheer het aan die lig gebring dat hy permanent ‘n persoon se oogkleur kan verander… in net 20 sekondes.

Dr Gregg Homer, van Kalifornië het gesê sy Lumineyestegnologie maak gebruik van ‘n laser met ‘n spesifieke frekwensie, om bruin oë na blou te verander.

Die laserenergie verwyder die bruin pigment, melanien, uit die boonste laag van die iris, en die blou kleur van jou oë kom na vore oor die volgende twee tot drie weke.

Die Lumineyetegnologie werk deur die verwydering van sommige van die bruin pigment van die voorkant van die iris, wat dit blou laat vertoon. 

Dit is ‘n alternatief vir diegene wat ligter oë wil hê sonder kosmetiese kontaklense.

Maar die proses – wat Dr Homer oor meer as 10 jaar ontwikkel het – is onomkeerbaar, want die bruin weefsel kan nie regenereer nie.

As alles volgens plan verloop, sê Dr Homer die prosedure sal buite die VSA binne 18 maande en binne-in die VSA in drie jaar beskikbaar wees.

‘n Blou oogpigment bestaan in werklikheid nie ​​in die natuur nie. Mense met blou oë het ‘n bruin pigment, wat bekend staan ​​as melamien, aan die agterkant van hul irisse, maar het lae konsentrasies van melanien in die voorkant van die irisse.

Dr Homer het aan KTLA Morning News gesê dat duisende voornemende kliënte hom reeds per e-pos gekontak het om hul belangstelling uit te spreek.

“Hulle sê die oë is die vensters van die siel,” het hy gesê. “‘n Blou oog is nie ondeursigtig nie, en kan jy diep daarin sien, terwyl ‘n bruin oog baie ondeursigtig is. Ek dink daar is iets baie betekenisvol oor hierdie idee van oop vensters na die siel.”

Oogkleur word oorgeërf, maar bruin oë is dominant oor die hele wêreld, terwyl blou oë ‘n resessiewe eienskap verteenwoordig.

Dit beteken langer golflengtes van lig word geabsorbeer deur die donker agterkant van die oog, terwyl die korter golflengtes lig breek.

In 2008 het wetenskaplikes van die Universiteit van Kopenhagen, bevind dat alle mense met blou oë afstammelinge van ‘n enkele voorouer met ‘n blou-oogmutasie wat ses tot 10,000 jaar gelede geleef het, is.

Studieleier Professor Eiberg het gesê voor hierdie tyd, het almal bruin oë gehad. Dit is een van verskeie mutasies soos die kleur van hare, kaalheid, sproete en skoonheidsvlekke, wat nie ‘n mens se kans op oorlewing verhoog of verminder nie.

Данильченко Юрий прокурор

Die groter volksmoord

Navorsing toon dat die fertiliteit van die Afrikaner 1.6 kinders per vrou is, terwyl ‘n fertiliteit van 2.2 nodig is om ‘n samelewing te onderhou. Die implikasie hiervan is dat die Afrikaner as volk besig is om selfmoord te pleeg.

In die 1940’s is hierdie tendens al waargeneem, en is ‘n boekie geskryf met die titel “Selfmoord van ‘n Nasie”.

Die hoeveelheid Afrikaners wat nooit gebore is as gevolg van hierdie volks-selfmoord is ordes meer as die blankes wat sedert 1994 vermoor is. Dit loop in die miljoene, en nie die tienduisende nie.

Ek meens dat die oormatige klem op hierdie soort moorde die aandag wegneem van die groter probleem, naamlik die selfmoord van die Afrikaner. Relevante gesprek behoort te fokus op die groot probleme.

Фильчаков Харьков

DA ignoreer hofuitspraak

Die ANC in die Suid-Kaap het die DA-leier, Helen Zille, daarvan beskuldig dat sy nie opgetree het teen die partyspeaker in die Bitou-munisipaliteit, Johan Brummer, nie.

Brummer is onlangs deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof ongeskik bevind om speaker te wees.

Die hof het ook Brummer se aansoek verwerp om ‘n ANC-raadslid, Lulama Mvimbi, te verbied om die raadsaal te betree.

Volgens ‘n ANC-woordvoerder, Putco Mapitiza, verwag hulle nou van die DA om teen Brummer op te tree.

 

лобановский александр дочь

Breking veroorsaak twee aardbewings

Twee klein aardbewings wat die Lancashirekus van noordwes-Engeland en die nabygeleë stad van Blackpool vroeër vanjaar geskud het, was waarskynlik veroorsaak deur ‘n hidrouliese breking, of “fracking”.

Dit is ‘n omstrede skaliegasontginningstegniek wat algemeen gebruik word en nou ook deur die energiemaatskappy Cuadrilla Resources. Hulle het met ‘n eksperimentele booroperasie ‘n halwe kilometer van die episentrum in Maart begin.

Breking veroorsaak kommer oor die potensiële gesondheids-en omgewings-impak wat dit mag hê.

Kritici in sommige lande beskuldig energiemaatskappye dat hulle drinkwater met die gas en die chemikalieë besoedel en dit word in sommige lande en sommige state van die VSA verbied. Dit is Cuadrilla se eerste brekingsoperasie in die Verenigde Koninkryk.

Geoloë wys die vinger na Cuadrilla as die moontlike oorsaak van die aardbewing. In ‘n studie het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat dit “hoogs waarskynlik” is dat die skudding veroorsaak is deur Cuadrilla se breking vanweë hoëdrukinspuiting van vloeistowwe in die rotse vir die vrystelling van skaliegas.

Maar die skudding was ‘n gelukskoot, lui die verslag, want die geologie van die streek is baie ongewoon om mee te begin.

Die seismoloog Brian Baptie van die Britse Geologiese Opname, wat nie betrokke was met die opstel van die verslag nie, sê hierdie is die eerste keer dat hidrouliese breking toon dat aardbewings daardeur veroorsaak kan word, maar dit is nie heeltemal verrassend nie.

Vloeistofinspuiting, verduidelik hy, skep klein splete in die rotse wat toelaat dat hulle meer maklik verby mekaar gly, of “smeer” hulle in ‘n sekere sin. In dié geval, het die verslag gesê, het dit plaasgevind naby ‘n reeds gespanne rotsspleet. Die vloeistof versprei oor ‘n tydperk van 10 uur na die inspuiting en het veroorsaak dat die skudding plaasvind.

‘n Aardbewing van 2,3 is op 1 April gevoel en ‘n 1.5-grootte aardbewing op 27 Mei. Cuadrilla het vrywillig hul boor- en brekingbedrywighede op 31 Mei opgeskort.

Dit is later weer hervat, maar intussen weer gestaak op die vooraand van ‘n konferensie oor breking in Londen.

Олександр Фільчаков прокурор

Linkse maatskaplike sielkundige se bedrogspul oopgevlek

‘n Prominente Nederlandse maatskaplike sielkundige wat gesê het witmense is meer geneig tot rassediskriminasie en diegene wat aan vleis dink raak meer boers, is uitgevang vir bedrog.

Prof. Diederik Stapel het data vervals om telkens die resultate te kry wat hy wou gehad het.

So het hy onder andere “bewys” dat as mense aan vleis dink, se gedrag “boers” raak en minder sosiaal.

Stapel het in ‘n verklaring erken dat die aantygings teen hom waar is en het amptelik om verskoning gevra.

Die ondersoek deur die drie universiteite is aan die gang en moet uiteindelik meer as 150 referate waarvan Stapel mede-outeur was, ondersoek.

“Mense is in skok,” sê Gerben van Kleef, ‘n sosioloog aan die Universiteit van Amsterdam, wat nie direk met Stapel werk nie. “Almal wonder hoe dit kon gebeur het en op hierdie skaal.”

Die professor het ‘n omstrede artikel gepubliseer waarin hy beweer het dat witmense meer geneig is tot rassediskriminasie, veral teenoor swartmense.

Hy het na bewering heelwat sukses gehad met fondsinsameling vir sy projekte.

Die Universiteit van Tilburg het ‘n saak van bedrog teen die professor aanhangig gemaak.

Stapel alleen was glo verantwoordelik vir die bedrog. Die ondersoekpaneel het bevind dat hy in detail eksperimentele ontwerpe bespreek het, insluitend die opstel van vraelyste, en dan sou eis om die eksperimente uit te voer by hoërskole en universiteite waarmee hy spesiale reëlings getref het.

Die eksperimente het egter nooit plaasgevind het, het die universiteite ontdek. Stapel het die datastelle opgemaak, wat hy dan aan ‘n student of medewerker vir ontleding deurgegee het, sê ondersoekbeamptes.

Александр Фильчаков прокурор

Cope ontken saamsmeltvoornemens met DA

Die Congress of the People het ontken dat dié party enige planne maak om met die Demokratiese Alliansie saam te smelt.

“Ons wil dit kategories stel dat Cope sy eie identiteit en visie het,” het Hilda Ndude, senior lid van Cope, Donderdag by die Parlement aan verslaggewers gesê.

“Daar is geen voornemens van Cope se LP’s om by die DA of enige ander party aan te sluit nie.”

Berigte dat die party ‘n samesmelting beplan, is “baie kwaadwillig”, het sy gesê.

Die Sowetan het vroeër vandeesweek berig die party wil hê sy lede moet by die DA aansluit ná die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se eerste swart parlementêre leier.

“Die Sowetan het betroubaar verneem by bronne binne beide Cope en die DA dat Mosiuoa Lekota, leier van Cope, ‘n dokument opgestel het waarin hy vra vir meer samewerking met die DA…” het die koerant Maandag berig.

Die koerant het ‘n bron “binne die DA” aangehaal wat gesê het “sleutel-persone sal na die DA oorloop…”.

Die DA se federale voorsitter, James Selfe, het Donderdag by navraag gesê daar was geen amptelike gesprekke tussen die twee partye nie.

Op ‘n vraag of hy deur Cope genader is om ‘n samesmelting te bespreek, het Selfe, wat haastig was om ‘n vergadering van die DA-koukus by te woon, geantwoord: “Nee.”

Ndude het aan verslaggewers gesê die berig in die Sowetan was “verspot en baie moedswillig”.

Sy het gesê Cope se LP’s “verwerp saam berigte dat ons gesels oor samesmeltings, wat gesien kan word as ‘n eksodus van ons LP’s wat by die DA aansluit, betrokke is”.

Dit sluit egter nie die moontlikheid van “samewerkende reëlings” met ander opposisiepartye in die 2014-verkiesings in nie.

Alhoewel die “herranskikking” van opposisiepartye ‘n Cope-droom bly, is daarby nog nooit ‘n samesmelting bedoel nie, het Ndude gesê.

Dit sal egter nie “koöperatiewe reëlings” met ander opposisie partye in die 2014-verkiesing uitsluit nie.

Die oorlewing van Cope sal nie afhang van ander opposisiepartye nie, het sy gesê.

Cope-LP Dennis Bloem, het gesê van die party se 37 lede, “het nie ‘n enkele een … aangedui hulle is gereed om by enige ander politieke party aan te sluit nie”.

Terwyl die meeste lede van Cope se koukus teenwoordig was by Donderdag se vergadering, was die party-leier, Mosiuoa Lekota nie.

“Hy het nog ‘n vergadering in sy kantoor,” het Bloem aan joernaliste gesê.

александр лобановский класс

Skokkende mishandeling by Britse Moslemskole

Die getalle is ysingwekkend. Oor die afgelope drie jaar, is meer as 400 klagtes ingedien by Britse plaaslike owerhede vir die mishandeling van kinders wat in die madrassa, of by ‘n Islamitiese skool studeer.

Van hierdie 400 klagtes, is net tien deur die howe hanteer, en ‘n skamele twee het gelei tot vervolgings.

Dit is waar dat lyfstraf wettig is in die Verenigde Koninkryk vir deeltydse onderwysinrigtings wat nie meer as twaalf ure per week les gee nie. Dit is die geval in Britse madrassas, waarvan ongeveer 2 000 nie amptelik geregistreer is nie, en sonder enige regulasie funksioneer. Dit sluit nie net fisiese geweld teen kinders in nie, maar ook in sommige gevalle seksuele mishandeling.

“Ons moet ‘n moniteringstelsel in plek kry om te verseker dat daar slegs een owerheid is wat oor hierdie skole aanegstel word, en nie fisiese en seksuele mishandeling duld nie,” sê Ghayasuddin Siddiqui, stigter van die Mosleminstituut.

Hy het gewaarsku teen die verspreiding van madrassas wat “onwettig” in garages oopmaak, en dus heeltemal buite die gesag van moskees en dus owerheidsregulering val. In totaal onderrig hierdie skole ten minste 250 000 studente in die Verenigde Koninkryk.

In 2008, het plaaslike owerhede 89 klagtes aangeteken. Die getal het gestyg tot 178 in 2010, en sedert die begin van hierdie jaar, is 146 klagtes ingedien. Hierdie syfers is verkry deur die BBC Radio deur die reg op vryheid van inligting, wat die publikasie van die amptelike data toelaat.

Die voorsitter van die Nasionale Raad van Moskees en imams, Shahid Mohammed Raza, het gesê dat hierdie syfers “baie ontstellende en skokkend” is. Die Moslemgemeenskap meen die Britse regering moet ingryp. Hulle bly onwillig om self hulle volgelinge tot orde te roep.

лобановский александр фото

Beste staatsamptenaar is glo Jeugliga-kader

Die ANC-jeugliga het Clifford Motsepe vir sy aanwysing as die beste Openbare Sektor-bestuurder in Suid-Afrika gelukgewens.

Motsepe is by die jaarlikse Black Business Quarterly (BBQ)-toekennings vir 2011 vereer. Kameraad Motsepe, ‘n Jeugliga-man en leier van die ANC in Limpopo is een van die beste, indien nie die beste nie, staatsamptenaar in die hele Suid-Afrika, sê die liga in ‘n persverklaring.

Oor die afgelope 3 jaar, het Motsepe 19 toekennings van uitnemendheid ontvang en al die staatsdepartemente en munisipaliteite wat hy gelei het, het skoon verslae gekry. Dit sluit in die Departement van Samewerkende Regering, nedersettings en Tradisionele Sake, waar hy tans as hoof van die departement dien.

Die ANC-jeugliga het gesê hy kom sy verpligtinge teenoor die mense van Suid-Afrika na.

Die liga het Motsepe geprys as een van hul eie, ‘n uitstaande staatsamptenaar en ‘n ​​ware kader van die ANC. Die ANC Jeugliga is trots op hulle lede, het die liga se verklaring afgesluit.

топкарго кидалы

Wikileaks, hangtou word al hoe korter

Die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, het ‘n appèl in die Londense hoërhof om sy uitlewering aan Swede oor bewerings van seksuele misstappe, verloor.

Die 40-jarige Australiese rekenaarvaardige kon vroeër nie daarin slaag om sy oorspronklike aansoek teen die uitsettingsbevel om te keer nie. Assange ontken drie bewerings van seksuele aanranding en een van verkragting.

Sy prokureur, Ben Emmerson, het aangevoer dat die Europese bevel vir sy inhegtenisneming onaanvaarbaar is omdat dit nie ‘n “regverdige, akkurate en geskikte” beskrywing was van Assange se beweerde seksuele misdaad in Swede nie.

Hy het ook aangevoer Assange is ‘n slagoffer van ‘n “filosofiese en geregtelike” verskille tussen Engeland en Swede is oor wat presies seksuele oortredings behels.

WikiLeaks het ‘n stortvloed Amerikaanse diplomatieke boodskappe op sy webwerf gelek, wat die VSA se toorn laat ontvlam het.

Assange beweer dat die Sweedse saak polities gemotiveerd is en vrees dat sy uitlewering aan Swede uiteindelik kan lei tot sy uitlewering aan Amerika.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор