Die nar dans vir sy gehoor

Terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder groeiende geweld, baie erger as onder apartheid, geniet die skepper van die Nuwe Suid-Afrika, FW de Klerk, die internasionale kalklig.

Hy het onlangs in die VSA in sy sterstatus gebaai toe oud-Nobelpryswenners vereer is. De Klerk, ‘n vredespryswenner, staan naas wenners soos president Barack Obama wat onwettig onbemande tuie stuur om burgerlikes – vroue en kinders – in lande te gaan vermoor waarteen sy land nie oorlog verklaar het nie.

In ‘n hoofartikel in die Britse Financial Times van Woensdag, vra die skrywer waarom Obama, ‘n voormalige regsleraar, nie ag slaan op die diepgaande studie van die gesaghebbende Bureau of Investigative Journalism wat aandui dat ‘n hoë persentasie burgerlikes in onbemande aanvalle sneuwel nie.

In nog ‘n studie van NY en Stanford se universiteite, is bevind dat net 2% van die mense wat in sulke aanvalle doodgemaak word, eintlik terroriste is! Die slagoffers van die aanvalle word glo deur “patrone van optrede” geteiken omdat harde intelligensie ontbreek.

Dit laat ‘n vraagteken oor ten minste een van die Nobelspryswenners. Die geweld in Suid-Afrika wat sedert 1994 aansienlik toegeneem het, moet ‘n kopseer vir Suid-Afrikaanse ontvangers van die prys wees. Wit Afrikanerboere is 13 keer meer kwesbaar vir ‘n dodelike aanval as Suid-Afrika se gewone misdaadslagoffer!

De Klerk se “aansien” beteken dus net mooi niks vir Afrikaners nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof die vernietiging van sy eie mense, sy rol as ‘n internasionale rolspeler eerder verhoog.

Dié verwikkeling is des te meer duidelik, omdat die mediamonopolie wat De Klerk se verraad goedgepraat het en help deurvoer het, tans ewe hard besig is om die Afrikaner verder af te takel. Die poging word duidelik van iewers geörkestreer.

Media24, tesame met die SAUK se Afrikaanse diens, het blykbaar hulle kragte gekoördineer om Piet Retief, Racheltjie de Beer en Eugene Marais se erfenis te vernietig met “onthullings”.

Die “onthullings” oor ons belangrike geskiedkundige figure, is nie nuut nie. Elke liefhebber van die geskiedenis weet dat Retief geldelike probleme gehad het, soos baie ander trekkers wat deur onregverdige owerhede uitgemergel is. Daaroor natuurlik nie ‘n woord nie. Die hele aftakeling van Retief is erg eensydig, ‘n uitmuntende voorbeeld van wat hans-kakies sal geniet.

Racheltjie de Beer, die Afrikaanse kinderheldin wat haar boetie van verkluiming gered het, is volgens Media24 ‘n versinsel van ons digter Eugene Marais wat hy uit Amerika gesteel het. ‘n Kenner van Marais het die ikonoklaste egter daaran herinner dat daar nie pos per vliegtuig afgelewer is in Marais se tyd nie, dus is hul “onthulling” baie verdag.

Om Marais – wat sekerlik ‘n hoë premie op oorspronklikheid gestel het soos sy baanbrekerswerk kan getuig – te beskuldig van diefstal, is eintlik lagwekkend! ‘n Mens wonder hoeveel Amerikaners en Britte eerder van Marais se idees “geleen” het.

Dat Marais se naam skielik opduik en Chris Barnard op sy plaas aangeval word, is seker ook “blote toeval”, nou dat Afrikaners die soveelste aanslag moet verduur van “hul” media.

 

данильченко юрій броніславович

Vragmotorbestuurders geskiet, aan die brand gesteek

‘n Vragmotorbestuurder is geskiet terwyl hy op die N3 naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal gery het, het paramedici gesê.

ER24 se Derrick Banks sê die man, wat in sy 40’s is, is in die been geskiet.

“Nadat hy geskiet is, het hy homself sowat 10 km na die Camperdown-polisiestasie bestuur om hulp te kry,” het die woordvoerder gesê.

Kapt. Thulani Zwane het die voorval bevestig, maar kon nie verdere besonderhede bekend maak nie. Die vragmotorbestuurder is na ‘n hospitaal gehaas voordat ‘n verklaring geneem kon word.

Banks sê die bestuurder is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Intussen is ‘n vragmotorbestuurder van Kaapstad besig om vir sy lewe in ‘n hospitaal te veg nadat betogers hom in Manenberg, op die Kaapse Vlakte, aan die brand gesteek het, het Cape Times vroeër berig.

“Hy’s kritiek. Hulle het hom aangeval, petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek,” het ‘n dokter by die GF Jooste Hospitaal in Manenberg gesê.

Die 62-jarige man brandwonde aan sy gesig, lippe en hand opgedoen. Hy het ook ‘n breinbesering opgedoen as gevolg van ‘n tekort aan suurstof.

Talle vragmotors is tydens die wydverspreide stakings in die vragmotorbedryf vernietig. Verskeie mense is ook beseer en minstens een bestuurder het gesterf.

Gary Stewart (41) is vroeër die week breindood verklaar nadat ‘n klip deur sy vragmotor se ruit gegooi is.

‘n Vragmotorbestuurder is Woensdag na ‘n hospitaal gehaas nadat sy vragmotor naby die Jerusalem- informele nedersetting in Boksburg met klippe bestook is.

Die bestuurder het glo keurwonde aan sy gesig opgedoen toe ‘n groep mense sy voertuig oorval het, het EWN berig.

Kobedi Mokheseng, ‘n woordvoerder vir die Oos-Rand se metro-polisie, sê die aanvallers het op die vlug geslaan.

Данильченко Харьков

Betogings styg dramaties wys navorsing

Protes het dramaties gestyg in die eerste agt maande van hierdie jaar, volgens ‘n verslag deur die Multi-Level Government Initiative. Tagtig persent van alle opstande is gewelddadig.

Die inisiatief, wat protes tussen Februarie 2007 en Augustus 2012 nagespoor het, het Woensdag sy barometerverslag in Kaapstad vrygestel.

Die navorsing bevestig die bevindinge van plaaslike regerings en die versamelde data deur Municipal IQ.

Dit toon dat daar ‘n ongekende toename in die aantal van opstande was asook in die gebruik van geweld deur die betogers.

Die Wes-Kaap het die meeste onder die betogers se toorn deurgeloop.

Bevindinge sluit in dat protesaktiwiteit dramaties gestyg het in die eerste agt maande van 2012 met 226 betogings.

Indien huidige tendense voortduur, sal hierdie jaar meer as twee keer soveel opstande as die laaste, jaar sien en meer as in 2010 en 2011 saam.

Die Wes-Kaap is die provinsie met die hoogste aantal gewelddadige betogings hierdie jaar en oortref Gauteng.

Die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng is verantwoordelik vir 56,98% van opstande. Besetting en behuising is die mees gewilde kwessies wat opstande dryf, en 303 sulke opstande het in die tydperk van ses jaar plaasgevind.

Swak dienslewering is tweede, met 218 opstande. Griewe wat verband hou met onvervulde beloftes en regeringsamptenare wat betogers se klagtes ignoreer het eksponensieel gestyg sedert 2010, maar is steeds minder as 10% van die klagtes.

Professor Nico Steytler, direkteur van die Community Law Centre by die Universiteit van Wes-Kaap, het gesê daar is altyd meer protes in die winter.

“Dikwels is dit omdat die griewe die ergste gevoel word in die winter, soos behuising, elektrisiteit en toegang tot paaie,” sê Steytler.

Maar navorsers het gewaarsku mense moet nie haastig gevolgtrekkings maak uit die studie nie en dat meer navorsing nodig is.

Die hoof van die navorsingsprojek, professor Jaap de Visser, het gesê die navorsers het begin met die insameling van inligting oor ‘n baie ingewikkelde kwessie.

прокурор харьковской области

Die breë pad na Nkandla

Twee nuwe padnetwerke ter waarde van R582 miljoen is in pres. Jacob Zuma se dorp in KwaNxamalala, Nkandla, gebou, het ‘n koerant berig.

The Mercury berig die P15 – die pad wat die dorp en Kranskop verbind – is 32,4 km lank en het R290 miljoen gekos. Die pad van Eshowe sterk 54,4 km en het R292 miljoen gekos om te bou.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het ook twee voetgangerbrûe oor die Nsuze- en Mposa-riviere laat bou. Dié brûe het R4,5 miljoen gekos.

Mchunu het aan die koerant gesê dié projekte is oorweeg voordat Zuma die land se president geword het.

“… Die voormalige president Thabo Mbheki het Nkandla en Msinga uitgeken as prioriteitsgebiede wat ontwikkel moet word. Dit het niks met pres. Zuma te doen nie,” het hy aan The Mercury gesê.

Лобановский Харьков

Buchan na Marikana se ‘reënboog’

Die evangelis Angus Buchan gaan volgende naweek ‘n toespraak by ‘n godsdienstige saamtrek in Rustenburg lewer en hoop om die mynwerkers ook te betrek, het ‘n koerant berig.

Beeld berig kerke in Rustenburg in die Noordwes noem dié versoeningsbyeenkoms by die Olympia Park-stadion “New Beginning.”

Francois Burger, organiseerder van die saamtrek, sê inwoners van Marikana sal definitief teenwoordig wees. Hy sê hulle werk hard daaraan om ook mynwerkers daar te kry.

Die laaste ding wat hulle nou wil reël, is ‘n “wit byeenkoms”. Hul hartsbegeerte is “om die Reënboognasie byeen te bring”.

Buchan het gesê hy het ingestem om te kom mits daar mynwerkers by die saamtrek is. Hy sal in Engels en Zoeloe preek.

лобановский александр компромат

Bantoesprekers het apartheid geskep

Die verkeerde persepsie het tot ‘n stereotipe gelei dat dit die beleid van die Voortrekkers was wat die swart bevolkings van Suid-Afrika etnies verdeel het.

Tewens, as met apartheid bedoel word die desentralisasie van stamme in verskillende (mekaar uitsluitende) tuislande/gebiede, dan is dit die Bantoesprekende etniese groepe van Suider Afrika self wat die vaders van apartheid is.

Die migrasie van die swart stamme uit Sentraal-Afrika word afdoende deur geologiese bewyse asook genetiese studies gesubstansieer. Die migrasie van die swart stamme van Suider-Afrika vanaf Gaboen, die Kongo en Angola het suidwaarts beweeg en eers Suid-Afrika 300 nC bereik.

Twee groepe het verskillende migrasieroetes gevolg:
• die Nguni (Xhosa-, Zoeloe- en Swazistamme) wat hulle aan die ooskus van Suid-Afrika gevestig het; en
• die Sotho/Tswanas wat hulle in die omgewing van die huidige Lesotho en Botswana gevestig het.

Die eerste kontak van die Xhosas met die Trekkerboere by die Oos-grens was eers in die 18e en 19e eeu.

In die huidige KwaZoeloe was die groot Mtetwa-stam in ‘n oorlewingstryd met die kleiner Ndwandwe gewikkel. Die Ndwandes het by die geveg van Mhlatuze die oorhand oor die Mtetwas gekry toe Zwide in 1818 vir Dingiswayo gedood het.

Sjaka wat die militere beheer van die enkele klein Zoeloestam oorgeneem het, het uiteindelik ‘n groot aantal stamme probeer oorneem, wat weer gelei het tot die Mfecane of massaverhuising of -vlug van stamme, waaronder die Matabeles, tot sover as die huidige Zimbamwe.

In Zoeloeland is Sjaka deur sy half-broer Dingane gedood en is Dingane, met die hulp van die Natalse Voortrekkers, deur Mpande gedood.

Wat ons dus nou ken as die etniese volkstate van Lesotho, Swaziland en Botswana asook die etniese TBVC-state onder dr Hendrik Verwoerd (Transkei, Ciskei, Venda en Ciskei) is die resultaat van gesegregeerde apartheid van die swartes self en kan nie die blankes ten laste gele word nie. Die beleid van die destydse NP was om gewoon staatkundige erkenning te gee aan die diversiteit van onderling strydende swart etniese groeperinge.

лобановский александр игоревич класс

Zuma se herverkiesing kry hupstoot

Die ANC in KwaZulu-Natal se gebaar om eenheid te bewerkstellig om te verseker dat ‘n groot gedeelte van die party nie by Desember se Nasionale Konferensie dros nie, is Maandag van die hand gewys. 

Gauteng het egter as verloorder uit die stryd getree, aangesien hulle nie kon ooreenkom oor die name vir die uitvoerende gesag nie, wat Zuma se posisie versterk het.

Maandag se vergadering tussen Gauteng en KwaZulu-Natal, die ANC se twee mees kragtige provinsiale strukture – KZN weens sy grootte en Gauteng weens sy invloed – kon nie ooreenkom om die ANC-leierskapvraagstuk op te los nie.

Die voorgestelde ooreenkoms dat adjunk-president Kgalema Motlanthe tweede in bevel bly en nie president Jacob Zuma vir die ANC-presidentskap by die party se 53ste nasionale konferensie in Mangaung in Desember uitdaag nie, kon nie bereik word nie.

Sondag, het Gauteng se Provinsiale Uitvoerende Komitee (PUK) aanbeveel by ‘n algemene raadsvergadering dat Motlanthe as sy kandidaat vir president benoem word, maar kon nie ‘n ooreenkoms oor die name vir ander belangrike posisies bereik nie.

Dit lyk asof die anti-Zumakamp nie kan saamstem oor enige iemand anders as Motlanthe nie.

Een Zuma aktivis het gesê Gauteng is in “ernstige wanorde” gedompel en sal dieselfde roete loop as in 2007 toe Sexwale voorgestel is, net om te besef dat dit te laat in die wedstryd is vir ‘n ongewilde plaasvervanger.

Aan kritici van die ANC in die Zoeloeprovinsie, het Zweli Mkhize gesê: “KwaZulu-Natal sal ‘n konstruktiewe dryfkrag wees om konsensus te soek in beide beleidsdebatte en in die verkiesing van ‘n leierskap.

“KwaZulu-Natal het geleer dat die trauma van onbeheersde wedywering in die boonste leierskap kan lei tot trauma binne alle vlakke in die party met aansienlike gevolge in die ondersteuningsbasis en die samelewing in die algemeen. Dit beteken dat daar niemand in KwaZulu-Natal is wat die aptyt het vir ‘n Polokwane-tipe stryd in Mangaung nie. Daar moet geen bloed op die vloer wees nie en die integriteit van die ANC moet bewaar word,” het Mkhize gesê.

Na ‘n dag-lange vergadering by Sibaya Casino, noord van Durban, het KwaZulu-Natal en Gauteng in ‘n verklaring gesê dat hulle ooreengekom het dat ‘n bevorderlike omgewing geskep moet word vir takke en lede binne die ANC om hul demokratiese regte uit te oefen om leiers van te kies hul keuse.

Фильчаков прокуратура харьков

Limpopo totaal korrup

Limpopo se staatsdepartemente het R2,67 biljoen se onreëlmatige uitgawes aangegaan gedurende die 2011/12 finansiële jaar.

‘n Verdere R175 miljoen is as ongeoorloofde uitgawes spandeer en R131 miljoen is as vrugtelose en nodelose uitgawes deur die Ouditeur-Generaal (OG) geklassifiseer.

Geen provinsiale departement het aan die norm voldoen en gedurende die 2011/12 finansiële jaar ‘n skoon oudit ontvang nie.

Die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, (Skoor) voorsitter, Derrick Ngobeni het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die komitee baie bekommerd daaroor is dat drie departemente, naamlik gesondheid, onderwys en openbare werke se finansiële state deur die OG se kantoor afgewys is.

Dit beteken dat die OG se kantoor nie ‘n opinie kon uitspreek oor die departemente se finansiële state nie, omdat ondersteunende dokumente ontbreek het om transaksies te bewys, en amptenare in die departemente nie met die OG se kantoor saamgewerk het nie, het Ngobeni gesê.

Daar kan dus nie van openbare fondse in die drie departemente verantwoording gegee word nie.

Twee munisipaliteite, naamlik Fetakgomo en die Waterberg Distrik Munisipaliteit het voldoen aan die vereistes en ‘n skoon oudit gekry.

Ngobeni het versoek dat die swakhede baie dringend aangespreek moet word as die doelwit van ‘n skoon oudit in 2014 bereik wil word deur die provinsie.

Hy het verder gesê dat die finansiële proses ook moet wegbeweeg vanaf bloot voldoen aan die vereistes na ‘n dienslewerings-oudit.

“Die feit dat amptenare steeds besigheid doen met departemente is ‘n duidelike bewys dat beamptes wat verslag moet gee en verantwoordelikheid moet aanvaar, die hoofde van departemente, nie daartoe in staat is of nie gewillig is om die voorskrifte van die Staatsdienswet en Skoorresolusies te aanvaar en uit te voer nie.”

Verder moet billike pryse wat markverwant is vir dienste en goedere betaal word, het hy gesê.

“Die OG se verslag dui verder daarop dat aankoopprosedures wat nie mededingend en nie billik is nie gevolg word, asook dat daar nie voldoende interne beheermaatreëls en kontroles bestaan nie,” het Ngobeni gesê.

Фильчаков прокурор

Kredietreguleerder slaan toe op Marikana

Dertien onversekerde geldskieters wat in Marikana net buite Lonmin in Rustenburg bedrywig is, is deur die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) as deel van ‘n veldtog geteiken wat poog om onreëlmatige uitleenpraktyke in die gebied uit te roei.

Die blitsoperasie volg nadat ernstige skuldprobleme onder mynwerkers aan die lig gekom het wat vererger is deur beweerde wanpraktyke van geldskieters en skuld-invorderaars, volgens adv. Zweli Zakwe, hoof van die ondersoekeenheid by die NKR.

Moneyweb was op die toneel Maandag.

Van die ses geldskieters wat aan klopjagte onderwerp is Dinsdagoggend, het vyf die wet oortree, volgens Zakwe.

Een gedlskieter is gevind in besit van ‘n lener se ID-boek en ten minste 23 kredietkaarte wat gebruik is “as ‘n insamelingsmetode”.

Leners word ook glo gedwing om ‘n leë dokument te teken wat die regsproses wat nodig is om ‘n skuldbeslagbevel te verseker, te omseil.

In een geval het ‘n platinummynwerker R11 690 op ‘n R1 000-lening terugbetaal. In ‘n ander is ‘n wanbetaler aangekla omdat hy nie R20 000 vir ‘n R1 000-lening opgedok het nie.

Marikana se lokasie is oorversadig wat sulke mikro-instansies betref.

Op die 500m strook van die pad wat die sentrum van die lokasie verteenwoordig is ten minste 16 geldskieterondernemings wat skuld verskaf.

topcargo отзыв

Pagad wil Gautengse tak oprig teen dwelmhandel

People Against Gangsterism and Drugs (Pagad) het Vrydagnag hul stryd in Greyville, suid van Johannesburg, uitgebrei.

Die groep van sowat 20 mense het deur die strate van Uitbreiding 2, geloop en geskree: “Weg met die handelaars, weg!” en “Een dwelmhandelaar, one koeël!”. Hulle het inwoners, wat van straathoeke gekyk het, aangesê om dwelmhandelaars te waarsku dat Pagad terug is.

Kort na die optog is die groep deur vyf polisievoertuie opgelaai. Die polisie het egter geen arrestasies gemaak nie.

Die span van Kaapstad het ook lede van die gemeenskap in Gladiolistraat toegespreek oor die oprigting  van ‘n plaaslike Pagadstruktuur.

Hulle is gekontak deur die anti-dwelmaktivis, Fatima Odendaal, wie se dogter op 21 September na bewering deur die seun van ‘n veroordeelde dwelmhandelaar omgery is. Odendaal sê sy het Pagad, gekontak, ook na aanleiding van ‘n anti-korrupsie saamtrek in Lenasia, waar een van hul lede ‘n spreekbeurt gehad het.

“Dit is een van ons baie reise regoor die land Ons wil saam met mense in die gebied help. In die Pagad-beweging, is dit nie net om bendebedrywighede en dwelms uit te roei nie, maar om programme oor moraliteit in totaliteit te vestig,” sê Pagad se Osman Sahib.

Sahib het ook ‘n oorsig gegee van Pagad se invloed in Gauteng, wat afgeneem het na ‘n paar van hul lede is in hegtenis geneem is. “Ons gaan hergroepeer oor die hele land. Ons wil takke regdeur die land oprig,” het hy bygevoeg.

Die groep se nasionale koördineerder, Abdul Sahib Ebrahim, sê dat die regering nie genoeg doen om dwelmhandel te stop nie.

“Dit is in ons reg om ons kinders, ons vroue, ons mense en ons land te verdedig teen die plaag en die mense wat ons wil vernietig,” het hy gesê. “As ‘n handelaar aangeval word môre deur die gelowiges, laat dit so wees. As hulle nie ophou nie, en die mense neem regmatige stappe om hulself en hul kinders en die land te verdedig, laat dit so wees,” het hy beklemtoon. Ebrahim het bygevoeg dat Pagad nie mense oproep om wapens te dra nie en dit is ook nie ‘n terroriste-organisasie nie.

Vir die oomblik, is ‘n lys van name opgestel vir ‘n tussentydse komitee, wat binnekort die formele bekendstelling van Pagad in Lenasia sal loods.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков