praag.co.za

Limpopo totaal korrup

Written by

in

Limpopo se staatsdepartemente het R2,67 biljoen se onreëlmatige uitgawes aangegaan gedurende die 2011/12 finansiële jaar.

‘n Verdere R175 miljoen is as ongeoorloofde uitgawes spandeer en R131 miljoen is as vrugtelose en nodelose uitgawes deur die Ouditeur-Generaal (OG) geklassifiseer.

Geen provinsiale departement het aan die norm voldoen en gedurende die 2011/12 finansiële jaar ‘n skoon oudit ontvang nie.

Die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, (Skoor) voorsitter, Derrick Ngobeni het Donderdag tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die komitee baie bekommerd daaroor is dat drie departemente, naamlik gesondheid, onderwys en openbare werke se finansiële state deur die OG se kantoor afgewys is.

Dit beteken dat die OG se kantoor nie ‘n opinie kon uitspreek oor die departemente se finansiële state nie, omdat ondersteunende dokumente ontbreek het om transaksies te bewys, en amptenare in die departemente nie met die OG se kantoor saamgewerk het nie, het Ngobeni gesê.

Daar kan dus nie van openbare fondse in die drie departemente verantwoording gegee word nie.

Twee munisipaliteite, naamlik Fetakgomo en die Waterberg Distrik Munisipaliteit het voldoen aan die vereistes en ‘n skoon oudit gekry.

Ngobeni het versoek dat die swakhede baie dringend aangespreek moet word as die doelwit van ‘n skoon oudit in 2014 bereik wil word deur die provinsie.

Hy het verder gesê dat die finansiële proses ook moet wegbeweeg vanaf bloot voldoen aan die vereistes na ‘n dienslewerings-oudit.

“Die feit dat amptenare steeds besigheid doen met departemente is ‘n duidelike bewys dat beamptes wat verslag moet gee en verantwoordelikheid moet aanvaar, die hoofde van departemente, nie daartoe in staat is of nie gewillig is om die voorskrifte van die Staatsdienswet en Skoorresolusies te aanvaar en uit te voer nie.”

Verder moet billike pryse wat markverwant is vir dienste en goedere betaal word, het hy gesê.

“Die OG se verslag dui verder daarop dat aankoopprosedures wat nie mededingend en nie billik is nie gevolg word, asook dat daar nie voldoende interne beheermaatreëls en kontroles bestaan nie,” het Ngobeni gesê.

Фильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply