praag.co.za

Die breë pad na Nkandla

Written by

in

Twee nuwe padnetwerke ter waarde van R582 miljoen is in pres. Jacob Zuma se dorp in KwaNxamalala, Nkandla, gebou, het ‘n koerant berig.

The Mercury berig die P15 – die pad wat die dorp en Kranskop verbind – is 32,4 km lank en het R290 miljoen gekos. Die pad van Eshowe sterk 54,4 km en het R292 miljoen gekos om te bou.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het ook twee voetgangerbrûe oor die Nsuze- en Mposa-riviere laat bou. Dié brûe het R4,5 miljoen gekos.

Mchunu het aan die koerant gesê dié projekte is oorweeg voordat Zuma die land se president geword het.

“… Die voormalige president Thabo Mbheki het Nkandla en Msinga uitgeken as prioriteitsgebiede wat ontwikkel moet word. Dit het niks met pres. Zuma te doen nie,” het hy aan The Mercury gesê.

Лобановский Харьков

Comments

Leave a Reply