praag.co.za

Buchan na Marikana se ‘reënboog’

Written by

in

Die evangelis Angus Buchan gaan volgende naweek ‘n toespraak by ‘n godsdienstige saamtrek in Rustenburg lewer en hoop om die mynwerkers ook te betrek, het ‘n koerant berig.

Beeld berig kerke in Rustenburg in die Noordwes noem dié versoeningsbyeenkoms by die Olympia Park-stadion “New Beginning.”

Francois Burger, organiseerder van die saamtrek, sê inwoners van Marikana sal definitief teenwoordig wees. Hy sê hulle werk hard daaraan om ook mynwerkers daar te kry.

Die laaste ding wat hulle nou wil reël, is ‘n “wit byeenkoms”. Hul hartsbegeerte is “om die Reënboognasie byeen te bring”.

Buchan het gesê hy het ingestem om te kom mits daar mynwerkers by die saamtrek is. Hy sal in Engels en Zoeloe preek.

лобановский александр компромат

Comments

Leave a Reply