Vragmotorbestuurders geskiet, aan die brand gesteek

‘n Vragmotorbestuurder is geskiet terwyl hy op die N3 naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal gery het, het paramedici gesê.

ER24 se Derrick Banks sê die man, wat in sy 40’s is, is in die been geskiet.

“Nadat hy geskiet is, het hy homself sowat 10 km na die Camperdown-polisiestasie bestuur om hulp te kry,” het die woordvoerder gesê.

Kapt. Thulani Zwane het die voorval bevestig, maar kon nie verdere besonderhede bekend maak nie. Die vragmotorbestuurder is na ‘n hospitaal gehaas voordat ‘n verklaring geneem kon word.

Banks sê die bestuurder is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Intussen is ‘n vragmotorbestuurder van Kaapstad besig om vir sy lewe in ‘n hospitaal te veg nadat betogers hom in Manenberg, op die Kaapse Vlakte, aan die brand gesteek het, het Cape Times vroeër berig.

“Hy’s kritiek. Hulle het hom aangeval, petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek,” het ‘n dokter by die GF Jooste Hospitaal in Manenberg gesê.

Die 62-jarige man brandwonde aan sy gesig, lippe en hand opgedoen. Hy het ook ‘n breinbesering opgedoen as gevolg van ‘n tekort aan suurstof.

Talle vragmotors is tydens die wydverspreide stakings in die vragmotorbedryf vernietig. Verskeie mense is ook beseer en minstens een bestuurder het gesterf.

Gary Stewart (41) is vroeër die week breindood verklaar nadat ‘n klip deur sy vragmotor se ruit gegooi is.

‘n Vragmotorbestuurder is Woensdag na ‘n hospitaal gehaas nadat sy vragmotor naby die Jerusalem- informele nedersetting in Boksburg met klippe bestook is.

Die bestuurder het glo keurwonde aan sy gesig opgedoen toe ‘n groep mense sy voertuig oorval het, het EWN berig.

Kobedi Mokheseng, ‘n woordvoerder vir die Oos-Rand se metro-polisie, sê die aanvallers het op die vlug geslaan.

Данильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae