‘Nog geen arrestasies’ in moorde op Kayla Meyer (9) en haar gesin

Deel op

Die moorde op die jong Afrikanerdogter Kayla Meyer (9) en haar ma Marietjie (45) wat in Maart 2016 op ‘n kleinhoewe buite Randfontein doodgemaak is, is nog nie opgelos nie. Marietjie se vriend, Kennith McCormick (42) is insgelyks tydens die aanval op die gesin om die lewe gebring.

“Die saak word steeds deur die provinsiale ondersoekspan hanteer en daar is tot op hede geen arrestasies nie,” het kaptein Appel Ernst, woordvoerder van die Randfonteinse polisiestasie gister per e-pos teenoor PRAAG bevestig nadat ons navraag gedoen het.

Ons het in Maart oor die reaksies op sosiale media berig ná die moorde onder die opskrif:

‘Dis kruipende volksmoord’: kommentaar oor uitwissing van Randfontein-gesin

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.