Leon Lemmer: Barack Obama en Ayn Rand: Mededeelsaam of selfsugtig?

Deel op

Dit word algemeen aanvaar dat die Khoi-San en die blankes hulle eerste in die suid-weste van Suid-Afrika gevestig het. Die swartes het Suid-Afrika uit die noord-ooste binnegekom. Die aanspraak van die Khoi-San dat hulle altyd hier gewees het, soos Jan van Riebeeck in sy dagboek meld, is uiteraard oordrewe. Al word dit (feitlik) nooit genoem nie, was die slawe, wat van oorsee gekom het, aanvanklik in dieselfde mate as die blankes setlaars. Hierna het ‘n bruin groep van gemengde afkoms ontstaan. (Volgens Hans Heese het hedendaagse blankes slegs sowat 7% nie-blanke bloed.) Aanvanklik het geeneen van hierdie etniese groepe die grond gekoop waarop hulle gewoon het nie. Die blankes het eerste begin om grond tot plase te ontwikkel. Met verloop van tyd was hulle hiermee, soos met baie van hulle ander bedrywighede, skouspelagtig suksesvol.

Dit is ongetwyfeld die blankes wat die hoofbydrae tot die ontwikkeling van die land gelewer het. In baie groter mate as enige ander etniese groep het blankes oor eeue grond vir bewoning en aktiwiteite (bv handel, landbou en mynbou) gekoop. Vir blankes was die opsie van groepbeskerming in owerheidstoegekende gratis reservate nooit beskore nie. Deesdae is daar plaaslik (feitlik) geen blanke huiseienaar, boer of sakeman wat sy besittings gratis van die owerheid ontvang het nie. As jy wit is, moet jy normaalweg (voorheen en tans) koop wat jy wil hê, hetsy vaste eiendom of dienste soos elektrisiteit, water, sanitasie, vullisverwydering en televisie.

Kontrasteer dit met veral die swartes wat in baie gevalle munisipale dienste, huise en selfs plase gratis ontvang. Dieselfde wanverhouding kom by skoolonderrig en gesondheidsdienste voor. Die blankes moet betaal vir wat hulle wil hê, terwyl die swartes in groot mate sonder teenprestasie ontvang nie net wat hulle nodig het nie, maar soms ook wat hulle begeer. Desnieteenstaande matig die staatshoof hom aan om te beweer dat die blankes gronddiewe is, sonder om die groot verskil tussen ongerepte grond en ontwikkelde plase met uitgebreide infrastruktuur uit te wys.

Mense soos Desmond Tutu vererger hierdie situasie deur die vrye invloei van onwettige immigrante goed te praat. Suid-Afrika moet glo swartes uit Afrika as inwoners verwelkom omdat sommige Afrika-lande tydens die “bevrydingstryd” bv ANC-terroriste gehuisves het. Daar is glo ‘n ereskuld wat betaal moet word. Daarom kan dese en gene op die land toesak en bv die onderwys- en gesondheidsdienste verder belas en werkloosheid onder die plaaslike bevolking vererger. In hierdie proses kry misdaad ‘n verdere hupstoot. Parasitering as leefwyse word aktief aangemoedig deur aan armlastiges en gevangenes stemreg te gee. Diegene wat hulle teen die ongebreidelde invloei van ongeskoolde immigrante uitspreek, word sonder meer van xenofobie, oftewel vreemdelingehaat, beskuldig. Dit is ‘n oordrewe reaksie, want daardie afkeuring dui dalk bloot op gesonde insig en vaderlandsliefde. Geen land word verbeter deur mense as inwoners te aanvaar wat geen ander land as immigrante sou verwelkom nie.

Wat die afgelope dekades sienderoë gebeur, is dat ons wysgemaak word dat swartes voorheen erg deur blankes benadeel is; dermate dat swartes as skadevergoeding op allerhande bevoordelings, selfs tot in die oneindige, geregtig sou wees. Vandaar bv sogenaamde regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging; maatreëls wat rassediskriminasie tot ‘n etiese norm probeer verhef. Desnieteenstaande word daar groot verbasing uitgespreek as frustrasie van blanke kant oorkook in die vorm van rassistiese uitlatings. Die rassistiese teensprake wat uit swart geledere opklink, word ligter beoordeel.

‘n Ander hipotese as die een wat gangbaar geword het, het heel moontlik verdienste. Pleks daarvan dat die plaaslike swartes ‘n geskiedenis van erge benadeling het, was hulle in vergelyking met hulle broers en susters noord van die Limpopo dalk glad nie so sleg daaraan toe nie. Ter ondersteuning van hierdie hipotese kan verwys word na die duidelike voorkeur wat werkgewers vir swartes uit bv Mosambiek en Zimbabwe openbaar. Daardie swartes kom uit ‘n tradisie waar gewerk moet word voordat hulle iets kry. Hulle ken nie die tradisionele aalmoesgeëry wat plaaslik in toenemende mate van blankes verwag is nie. Sodra daar ‘n substansiële getal blankes in beheer van ‘n land is, verwag swartes seëninge as verskansing teen bv hongersnood en siektes. Met verloop van tyd word al hoe meer geëis. Dit is die bitter vrugte van gewaande voogdyskap; goeie blankes wat geglo het dat daardie behoeftes nie ‘n bodemlose put is nie. Mettertyd het dit vir die blankes onmoontlik geword om aan al hierdie verwagtinge te voldoen. Dié situasie word dan die teelaarde vir griewe en beweerde veronregting.

Daar moet ‘n maksimum wees wat een mens van ‘n ander durf verwag. Hoogstens beperkte verantwoordelikheid vir ‘n ander behoort as ‘n fundamentele mensereg erken te word. Elke mens kry eenmalig kans om ‘n lewe, naamlik sy eie, te lewe, of te lei; nie om sy lewe letterlik te ly ten behoewe van ander mense nie. Altruïsme, oftewel mededeelsaamheid, moet binne redelike perke gehou word en verkieslik vrywillig geskied. Gesonde selfsug as ‘n eerbare lewenswyse verdien veel groter erkenning. Veralgemenend kan gesê word: In die politiek kom altruïsme in sosialisme en selfsug in kapitalisme tot uitdrukking. Diegene wat vir hulle heil op ander mense aangewese is, verkies sosialisme. Diegene wat verantwoordelikheid vir hulle eie heil aanvaar, verkies kapitalisme.

Paternalisme word gedefinieer as: “Uitoefening van kontrole oor of sorg vir onderdane op ‘n vaderlike manier” (HAT). Voogdyskap kom op feitlik dieselfde neer. Voog beteken: “Iemand wat aangestel is om die belange van ‘n ander te behartig” (HAT). Die tradisionele paternalisme of voogdyskap wat blankes oor swartes uitgeoefen het, word deesdae verfoei. Blankes word die reg ontsê om enige beheer oor swartes uit te oefen. Blankes mag nie voorskriftelik of teregwysend wees nie. Kritiek op swartes is onwelkom en word goedskiks as ‘n uiting van rassisme geëtiketteer. Die tradisionele verpligtinge wat blankes teenoor swartes gevoel het, word egter nie in die nuwe politieke bedeling opgehef nie. Van blankes word verwag om voort te gaan om te gee en te gee (ubuntu) en om niks terug te verwag nie (die handevatsindroom), behalwe verwyte en verguising. Die blankes is deesdae in uiterste mate op hulleself aangewese. Pleks van mededeelsaam te wees behoort hulle in groter mate voorkeur aan hulle eie belange te gee.

Ek het voorheen geskryf: “Die idees van Ayn Rand [1905-1982] is iets waarvan ons plaaslik gerus in groter mate kennis kan neem” (Praag 21 November). Haar standpunt was dat altuïsme vrywillig moet wees en nie deur die owerheid in die vorm van belasting en ander maatreëls aan welvarendes opgedring moet word nie (Chisala, bron hier onder, Kindle 87). Sommige Praaglesers was in hulle reaksie positief teenoor Rand gesind, terwyl ander bedenkinge uitgespreek het. Jare gelede het ek ‘n studie onderneem waarin Aristoteles se funksionele etiek uiters bruikbaar bevind is. Dit het nie van my ‘n Aristoteliaan gemaak nie. Ingelyks impliseer die onderskrywing van ‘n aspek van Rand se denke nie dat alles of die meeste van haar idees vir my aanvaarbaar is nie. Iedere filosofie of ideologie moet krities geëvalueer word.

Chanda Chisala

Chanda Chisala het ‘n boek gepubliseer: Barack Obama vs Ayn Rand: the last battle for the soul of America (2013, 55p; Amazon Kindle $1,13). Die outeur stel die standpunte van Obama en Rand teenoor mekaar. Die teks is in die vorm van ‘n tweegesprek waarin uitdrukking aan Obama en Rand se menings gegee word. Obama wil die Amerikaanse samelewing reguleer tot beweerde voordeel van almal, “fairness to all” (Kindle 25), terwyl hy in werklikheid by voorkeur oor die armlastiges begaan is. Hy is (soos die ANC-regering) bv ten gunste daarvan dat handelsbanke geld aan armes vir behuising moet leen al is hulle groot kredietrisiko’s (295). Rand bepleit minder staatsinmenging en groter vryheid: “I say there is nothing in life that is really ‘fair'” (38). “‘Unfairness’ is everywhere you look in life, it is no one’s duty to ‘fix’ life for us” (44). “The state is certainly not there to decide what is best for any man. That’s a nanny state* and it is definitely an evil state” (337). [* Paternalisme of voogdyskap.]

Obama is ten gunste van die vasstelling van minimum lone omdat dit glo misdaad sal verminder. Rand het beswaar hierteen, want dit kom daarop neer dat werkgewers verplig word om hulle werkers ekstra te betaal om misdaad te bekamp.* Obama: Sonder voorgeskrewe minimum lone “the employer can offer him a slave wage, which is really a violation of rights” (196). Rand: “Real slaves do not apply for their jobs; they are literally forced to work. Government is therefore not protecting any rights when it intervenes to prevent so-called ‘slave wages’ which are not in fact wages of slaves; it is actually violating rights when it intervenes there” (209). [* In Suid-Afrika kan ‘n mens owerheidsvergoeding ontvang sonder om ‘n steek werk te doen. Dink aan die swartes in die omgewing van die Kruger-wildtuin wat betaal word om nie wild te jag of hulle aan ander misdaad skuldig te maak nie.]

Volgens Rand is die herverspreiding van rykdom ‘n skending van suksesvolle/welvarende indiwidue se menseregte. “What is crime really? It is simply violation of individual and property rights” (94). “If someone did find that poverty increases crime rates everywhere, they do not gain the right to violate my rights in order to reduce crime. It would just mean that they should protect me more against such violent poor people … Government must fight criminals, not pacify them, not give them excuses, not bribe them … It is not their job to social engineer us in order to reduce crime” (112).

Rand is sterk ten gunste van kapitalisme. In die sakewêreld moet daar eerder gesonde mededinging as minimum lone wees. “If wages are lower, costs of production are lower, which means prices of the same goods will also tend to be lower” (124). Dit is wat China tans so ‘n sterk mededingende handelsvennoot maak. “The more you get the State out of our lives, the better we survive; it’s the story of all modern economies” (135). Rand kyk na sake vanuit die oogpunt van suksesvolle mense. “When Mr Obama talks about the American dream, it seems he only sees that as applicable to the poor who want to get out of poverty. What about the rich?” (344). Plaaslik word blankes deur die ANC en sy meelopers gekondisioneer om skuldig te voel en alles vanuit die oogpunt van armlastiges te beskou, uitgaande van die veronderstelling dat swart mense arm is omdat hulle deur blankes benadeel is. Dieselfde eensydige benadering word in ons skole aangetref. Daar is groot besorgdheid oor die nie-presteerders, die agtergeblewenes, die agterosse, terwyl geen spesiale voorsiening vir die behoeftes van die begaafdes, die voorosse, wat die land uit sy ellende moet sleep, gemaak word nie.

Obama wil hê Amerika moet die land wees

“that … helps everyone to achieve their dreams by being given an opportunity and a chance to rise from poverty. This is what makes us different from those countries like China” (135). Rand: “It is not true at all that the Founding Fathers created a nation where we would be forced to help each other. In fact, the great ‘invention’ of the Founding Fathers was precisely to ban the initiation of force from society, which means to allow everyone to pursue his own dream without fearing his rewards being taken away from him by some bureaucrats in the name of helping other people” (142). “The Founders created a nation in which every man has a right to life, liberty and the pursuit of his own happiness, not a society in which every man has a duty to make others happy or to ensure that we all ‘rise together'” (154). “Prosperity just gushes forth in a society when individuals are truly free” (160).

Een van die gevare van kapitalisme is gierigheid. Obama waarsku daarteen: “We had to protect society … and we have remained the richest nation on earth precisely because we’ve been taking steps throughout our history against the unfettered reign of greed” (172). Rand: “The world has been destroyed by an ethic that says the ends justify the means,* which is the mother of all kinds of evils. All dictators have used that excuse to do all kinds of evil things in the name of saving society from poverty or crime or whatever other problem they believe they are wise enough to solve for us” (184). “It is in fact such men and women, the ones who are supposedly so ‘greedy’ that they want more and more success or wealth instead of being satisfied with just ‘enough’, who created the most opportunities for advancement of other people from poverty” (350). [* Dink bv aan die ANC se vandalisme, sabotasie en terrorisme tydens die “bevrydingstryd”.]

Voordat hy in 2009 president geword het, het Obama op 24 Februarie 2008 gesê: Sy agenda “will require a new spirit of cooperation, innovation, and shared sacrifice. We have to remind ourselves that we rise and fall as one nation; that a country in which only a few prosper is antithetical to our ideals and our democracy; and that those of us who have benefited greatly from the blessings of this country* have a solemn obligation to open the doors of opportunity, not just for our children, but to all of America’s children. That’s the kind of vision I have for this country and that’s the kind of vision I hope to make real as President of the United States” (374). [* In die nuwe Suid-Afrika is alles wat oor eeue tydens die blanke bewind opgebou is, blootgestel aan stroping; nie net deur plaaslikes wat grootliks versuim het om iets tot stand te bring nie, maar ook deur dese en gene uit Afrika wat hier kom aas.]

Rand sou dit veral teen die frase “only a few prosper” gehad het. Amerika “is absolutely the country where the most prosper, and indeed everyone can prosper if they want to … Our American ideal is to let an individual pursue creation of his wealth without fearing that someone else wil grab it and redistribute it to others who have less” (385). Obama, daarenteen, bepleit (soos die ANC) gelyke geleenthede. “If you are indeed self-interested, you should help other people to at least have equal opportunities, or their failure to access any opportunities for their rise will bring you down as well” (398). “America is fundamentally about sacrifice for the good of all, not just yourself” (410). “I believe that it is in our self-interest to give hope to every human being, not just Americans” (428). (Dit klink soos Anton Rupert se argument dat nie toegelaat mag word dat inwoners van Suider-Afrika honger ly nie.)

Vir Rand kom dit daarop neer dat “we should just be sacrificed for others. We are working for the happiness of others” (422), wat kwalik as sterk aansporing vir groot inspanning en prestasie kan dien. “So, I should give back to society for helping me succeed, what should the poor man do to society for making him fail? He should take from it, right? He should hit back at it somehow. This is the logical conclusion of such thinking, and there are indeed some people who have gone to that logical conclusion and they justify why criminals are ‘forced’ to be criminals; they have been mistreated by society and are supposedly justified to get back at it – which is why we shouldn’t be so harsh on them” (478). (Dit kan wees waarom diegene wat erge misdade tydens die “bevrydingstryd” gepleeg het, amnestie van die WVK ontvang het en gewetenloos selfs die hoogste poste in die nuwe Suid-Afrika mag beklee.)

Rand beveel aan dat ons eerder redeneer die indiwidu is “the one responsible for all his actions, good or bad, and therefore for his achievements and his failures” (485). Obama en diesulkes “want you to feel that your life is not really your own, because it has not really survived by your efforts. Your achievements are not your own” (609). “Everyone who sets himself as a wiser dispenser of your property is not only disrespecting you, they are also violating your rights, and that includes every murderer, every rapist, every thief, every fraudster, and indeed every socialist politician” (497). (Het die ANC al ooit verskoning gevra vir die erge misdade wat deurlopend deur veral ANC-ondersteuners gepleeg word?) “Socialism essentially means that we are slaves, the property we produce is for the master to decide how it should be ‘distributed’ in the society” (502). “It is ridiculous to say … only the great government can help you settle that debt – and it never gets ‘settled’ – by taking your money away” (609). Hierop kan geïmproviseer word: Dit maak nie saak hoe lank blankes reeds in Suider-Afrika is nie. Hulle bly setlaars waaraan skuld toegedig word “that … never gets ‘settled’.” Dit word “fairness” en “social justice” genoem (621).

Obama beweer “we are all created equal” (561). Dit is in baie opsigte gewoon nie waar nie. Kinders in dieselfde gesin kan van die begin af hemelsbreed in bv talente verskil. In religieuse verband is gelykheid hoogstens ‘n ideaal wat in die hiernamaals verwesenlik kan word; nie in die hiermaals nie. “The fundamental difference between Miss Rand and myself is that she believes you are good if you are selfish; I believe you are good if you are selfless. Her philosophy is the source of those who claim that they belong to ‘makers’ while their less fortunate brothers and sisters are demeaned as ‘takers’. It is a philosophy that fails to see how we are all ultimately dependent on each other and insists that it will ignore our contributions to each other’s success” (667). Dit is louter twak. Armlastiges is op hulp van ander mense aangewese. Armlastiges onderskraag nie suksesvolle, welvarende mense nie. Hulle boor belastingbetalers in die grond met hulle behoeftes en vul dit soms selfs aan met bv misdaad.

In haar verweer verwys Rand na die voor-sosialistiese era toe mense geweet het “that you have to do something for others in order for you to get something (trade)” (747). Waarom word mense wat nie vir bv dienste betaal nie, nie gemobiliseer om vullis te verwyder en hulle woongebiede netjies te maak nie? Ledigheid stel hulle in staat om te betoog en te vandaliseer. Teen groot onkoste word daar telkens aan hulle eise toegegegee; nie net sonder teenprestasie nie, maar ook sonder vervolging en afdoende straf vir die skade wat aangerig is.

Rand:

“The record of theocracies in history has been quite consistently disastrous. They’ve had one thing in common with communist states: they both asked the individual to become selfless, to put others first. The communist state condemns those who want to make profit for themselves. Like the theocracy, they believe that everything should be shared, and the rulers appoint themselves as the best masters of this planning and sharing business” (766).

Op grond van Jesus se uitspraak, “love your neighbor as you love yourself,” word selfloosheid gepredik. Rand werp teë: “It certainly does not say ‘love others better than yourself'” (772). Sy verwerp pogings tot selfloosheid: “Selfless means ‘without self’, or more precisely, ‘without regard to self’ … He said ‘as you love yourself’, which means He explicitly rejected selflessness” (779). “For me, you can help others while not being selfless, just as Jesus said. Selflessness is impossible” (803). “That doctrine of selflessness and collective salvation is a gas chamber designed to kill your sense of self worth” (917).

“Notice that they attack you both materially and spiritually: your material success is not your own, they tell you, it is the whole society that did it; and your moral success is impossible because you have to try to be selfless, to give yourself to others, to the whole society, above yourself – something impossible” (809). “Christ himself proclaimed an individual salvation of the soul … There is no such thing as collective salvation” (821). (Insgelyks is daar hopelik ook nie so iets soos kollektiewe skuld nie.) “You can help strangers in emergencies or in small ways that are not too costly or sacrificial to you, but you don’t want to help people who can help themselves, making them dependent on you instead of their own effort” (840). Rand was by uitstek ‘n anti-kommunistiese kampvegter vir kapitalisme en indiwidualisme.

Ongelukkig ontbreek die ruimte om hier ook Peter Schwartz se uitstekende boek oor hierdie onderwerp te bespreek: In defence of selfishness: Why the code of self-sacrifice is unjust and destructive (New York: St Martin’s Press, 2015, 256p; Amazon Kindle $12.99).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.