Afrikaans verjaar!

Deel op

Die amptelike tale-wet van die Unie van Suid-Afrika is 90 jaar gelede – op 8 Mei 1925 – by ‘n gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en die Senaat aanvaar.

Die wet het voorsiening gemaak vir Afrikaans as amptelike taal naas Engels. Die wet het Nederlands met Afrikaans vervang.

Dit word beskou as ‘n belangrike mylpaal in die onwikkeling van Afrikaans.

Vandag word Afrikaans verwerp as een van die elf amptelike tale weens “skuld van die verlede”, wat klaarblyklik nie van toepassing is op Engels, die koloniale “killer language” nie.

Talle mense asook groepe beywer hulle tans vir die beskerming en behoud van Afrikaans want daarsonder sal die taal nie as amptelike en onderrigtaal kan oorleef teen die internasionale aanslag van Engels nie.

Afrikaans is nie die enigste klein taal wat onder druk verkeer weens Engels se dodelike tentakels nie.

Praag doen ‘n beroep op alle Afrikaners om vandag spesiaal moeite te doen om hulle moedertaal skoon te hou!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.