PRAAG het vandag die Verenigde Nasies se kulturele liggaam in Parys, UNESCO, gekontak met die oog daarop om ‘n klag teen die Suid-Afrikaanse regering wat die skending van die Afrikaner-erfenis toelaat, in te dien. “Ons versoek UNESCO om tussen ons en die ANC-regering te bemiddel, wat hom blykbaar as ‘n militêre besetter van Afrikaner-erfenisstrukture en -monumente beskou,” sê dr. Dan Roodt, direkteur van PRAAG. “Ek is besig om ‘n brief in Frans aan UNESCO te rig waarin ons ook die dringende ingryping van dié liggaam, soos vir die konflikgebiede in die Midde-Ooste, versoek ten einde verdere beskadiging van ons erfenis te verhoed.”
Hoewel dit daaroor gaan om die krisis rondom Afrikanerstandbeelde te hanteer, wil PRAAG ‘n meer omvattende oplossing hê waarmee die sorg van museums, biblioteke en argiewe aan Afrikaners oorgedra kan word.
“Die ANC en SAKP, wat ons in 1994 verower het, het geen erg aan ons erfenis nie en staan vyandig daarteenoor. Vele historiese Afrikanergeboue word deur die ANC beset, beskadig of misbruik, wat strydig met internasionale konvensies is. Ook word standbeelde geskend weens die heersende ideologie dat ons weens ons ras nie ‘inheems aan Afrika’ is nie, asook die algemene vyandigheid teenoor Afrikaners en Afrikaans,” sê Roodt. “Dit gaan om meer as die standbeelde. Alle museums, biblioteke en selfs nie-tasbare elemente van ons erfenis is ter sprake. Ons het die reg dat ons erfenis vir die nageslag bewaar sal bly en dit nie verwaarloos of beskadig sal word nie.”
PRAAG is insgelyks bekommerd oor Afrikaanse skrywers en kunstenaars wat van die kulturele lewe van die land en veral van kampusse en kunstefeeste uitgesluit word, om etniese en ideologiese redes. “Daar word beslis teen ons gediskrimineer,” sê dr. Dan Roodt. “As die ergste krisis rondom die standbeelde afgeweer is, bestaan daar internasionale meganismes om diskriminasie teen Afrikaanse kunstenaars te hanteer, of geskille daaroor te besleg.”
Die organisasie is tans ook besig met ‘n hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wat verseg om met hom in Afrikaans te kommunikeer. “Ons sal seker vroeg aanstande week die dagvaarding om die MRK beteken,” sê Roodt. “Ons sal seker in ‘n Engelse hof moet gaan staan, maar al moet ons uiteindelik ‘n internasionale tribunaal of organisasie betrek, sal ons dit nie aanvaar dat ons taal tweederangs is of dat ons tweederangse burgers is nie.”

BRAVO, PUIK, en BAIE DANKIE Dr Roodt ! Dis sowaar ‘n riem onder die hart.
“Ons het die reg dat ons erfenis vir die nageslag bewaar sal bly en dit nie verwaarloos of beskadig sal word nie.”
SS : Het jy toe vandag se verrigtinge op die Kerkplein bygewoon ? Groete.
Dr Dan, dit is prysenswaardig dat u bereid is om te midde van ‘n gevloek en geskel, verf gooiery, humeure wat opvlam, die daad by die woord voeg en aksie neem.
Ek sou so graag ook meer aksie van die DA, en die VF+ wou sien. Nie net media verklarings nie, maar aksie. Soos om onmiddellik met die president ‘n dringende gesprek af te dwing, mogabe en sy gespuis kan solank gaan pap eet en bier drink. AKSIE.
Ek is daarvan oortuig gemoedere is baie goed opgewerk en dit moet juis nou baie takties en sensitief bestuur word.
U sal opmerk dat ek doelbewus sekere woorde nie met hoofletters begin nie. Ek weet u sal verstaan hoekom.
Sterkte Dr Dan.
“ook meer aksie van die DA, en die VF+ wou sien”
Moet op prinse nie vertrou nie,
by wie niemand heil kan vind –
op die mens jou hoop nie bou nie;
want as God hul gees ontbind,
keer hul na die aarde weer
en hul raadslag stort terneer.
Salig hy wat in die lewe,
sonder hulp en sonder raad,
as hom alles wil begewe,
vlug tot God, sy toeverlaat;
en ook in die swartste nag
op die HERE alleen bly wag.
Ek onthou die goed,
Dankie vir die inspirasie –
Rifrug, jy is reg, en hierdie woorde van Haleluja lied no 351, of Psalm 146 is baie bekend aan my.
Wat vanoggend met my gebeur het na ek gisteraand en weer vanoggend ernstig vir ons Volk ingetree het in gebed, kom die boodskap duidellik na my toe van die Rigter GEDEON.
In Rigters hoofstuk 6,7 en 8 sal jy die boodskap ook duidellik kry wat ek vanoggend gekry het, en dan die volgende gedagte;
Nie deur mag en
nie deur krag nie, maar deur My Gees sê God.
Hier kom ‘n ding, en ons moet gereed wees in stille afwagting en diepe verootmoediging.
Dolk en ek en ‘n paar Praagers het al gesê, God slaap nie, weet dit.
Die Marxisties tirannie hou die volk so besig met ‘n oorlewingstryd dat hulle nie krag oor het vir geweld nie soos iemand elders gemeld het. Met die Sowjet unie was dit ook so.
Maar toe kom Lesch Valenza se vakbond en sit hul gereedskap op een dag almal neer en verklaar dat niks sal hulle dwing om geweld te gebruik nie …….Maar werk not ‘n dêm, voordat daar nie gehoor gegee word aan hul wettige eise nie.
Met ontsaglike gevolge. Die hele 70 jarige kaartehuis van die Russe tuimel toe in mekaar.
Ons sit inderdaad met die troefkaart / alle mag / in ons hande om te speel wanneer ons gereed is daarvoor. Vordering is goed – stap vir stap , stadig maar seker kom die dag nader.
Maar ons is nog vér van voorbereid vir die finale afrekening…..wanneer die Afrikaners soos een man sal gereedskap neersit en geweld afsweer.en die ekonomie sal lamlê
Wat dink u?
Hoe gouer ons erfenis aan ons oorgedra word dat ons eie mense agter ons eie goed kan kyk, hoe beter. My Ma kuier op die oomblik by my, en ons besoek al die histories plekke en museums. Laat ek julle vertel, ek was geskok hoe ons eie goed verval – met oos kaap xhozas wat soos wafferse helde in en op alles sit! Die Hugenote Museum op Franschoek lyk vuil en stowwerig, en meer as die helfte van die uitstallings het verdwyn, dit lyk leeg, die laaste keer toe ek daar was, was 15/16 jaar gelede, toe was daar nog veeltalige wit vroue agter die toonbank, vandag sit ta daar soos ‘n lord. Die helfte van die inhoud in die Kasteel het voete gekry, en dis net oos kaap xhoza wat ons geskiedenis aan buitelanders en besoekers vertel, met die klem op hoe WIT AFRIKANERS almal in die donker gat gegooi het en swartes daar gemartel het dat ‘n Indiese vrou skoon histeries aan die huil gaan. Goeie hemel, ek het weggeloop want ek sou daardie k… (daar is nie ‘n ander woord vir so ‘n haatdraende rassis swart gebroetsel te beskryf nie!) aanval en al daardie swart dreadlocks van hom uitruk! Koopman DeWitt se huis in Strandstraat is so te sê leeg. Wat het van al die koper en glasware in daardie kombuis geword? Waar is al die mooi hout meubels (dis moderne twak wat hulle daar uitstal en dink mens sal dit nie agterkom nie!). Nou wonder ek hoe lyk die Drosdye op Tulbach en Swellendam, wil nog gaan kyk. As ons eie mense agter ons eie goed kyk kan ons dalk nog ‘n werkie skep vir ons eie mense….