Gelykheidshof beslis teen Afrikaans as amptelike taal

‘n Hofaansoek om wetgewing in alle amptelike tale te laat publiseer, is deur die Gelykheidshof in Kaapstad van die hand gewys.

AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek oor die beslissing, maar het Cerneels Lourens gelukgewens vir die “inisiatief” om die saak aanhangig te maak. Die organisasie het talle lede gewerf weens die saak.

Die blinde prokureur van Brits, Lourens het in sy aansoek aangevoer dat daar onregverdig teen hom gediskrimineer word op grond van sy taal.

Regter Bennie Griesel het beslis dat daar geen verpligting is om wetgewing in alle amptelike tale te publiseer nie.

Die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum belas met taalkwessies, Alana Bailey sê hulle sal aanhou om Lourens se aansoek om appèl te steun.

Afriforum het lede van die publiek aangemoedig om die regskoste te betaal vir die nuwe aansoek.

29 thoughts on “Gelykheidshof beslis teen Afrikaans as amptelike taal”

  1. Ek het ‘n problem met die agb regter Griesel se uitspraak: Hy beweer dat daargeen verpligting is om wetgewing in alle amptelike tale te publiseer nie—
    Nou wat van die grondwetlike bepaling dat “almal gelyk voor die reg is” ?
    Verder, wat nou van die beginsel :onkunde oor die wet is geen verskoning nie”
    Hoe word almal GELYK voor die reg geag, as sommiges nie verstaan wat in die wet bepaal word nie.
    Met ‘n grondwet wat voorskryf: jy mag nie diskrimineer nie, maar jy mag soms diskrimineer—
    Ek is eintlik nie verbaas oor hierdie uitspraak nie–dit moet saam vertolk word met die Renata Barnard uitspraak.
    Hiervandaan gaan ons tweedeklas burgerskap net meer op die voorgrond gedryf word.

  2. is er wel fiscale aftrekbaarheid voor noodzakelijke degelijke vertalingen voor alledaags leven ?

    “iedereen is gelijk” en jouw taal, pensioen, historie, geloof, religie, kerk, werk, inboedel, huis, bedrijf, dorp, stad, land, samenzijn en zijn, vrijheid en veiligheid, worden ‘ontmanteld’ in deze rechtstaat die zich telkenmale laat verkrachten door de racistisch gedreven potverterende anc sakp eff bendes vooral als de Boere Afrikaner etnische minderheid in het geding gebracht kan worden.

    Vanzelfsprekend zorgt het regiem in deze schurkenstaat ervoor dat er een afnemend deel ter verdeling NOG wordt gedoogd en heeft Helpende Hand handen te kort voor de ‘ongelukkige rest’.

    Ambtelijke/juridische kwesties zijn in de eigen taal voor de meesten al onnavolgbaar, complex en onmogelijk te doorgronden en begrijpen. Laat staan in een andere taal !
    Daarbij zijn de meeste juristen, inherent aan de rechtssystemen, stuntelend op glad eis zodra de (taal)grens wordt overschreden.
    Degene die dat wel kunnen verdienen na lange studies als specialisten veelal flinke salarissen.
    Probeer op transportverzekeringsgebied de MIA van 1904( int. zeerecht) en de ITCH (tijdverzekering voor casco voor schepen) maar eens naar begrijpbaar Afrikaans te vertalen.
    Hulp erbij of ervan kost dus weer meer geld waarover weer belasting wordt betaald.

  3. Haha Gas. Daar is genoeg webblaaie waar mense vyandig gesind teenoor my is a.g.v. my politieke orientasie. Ek sou verstaan as ‘n liberalis nie hou van wat ek te se het nie, maar sien geen rede hoekom jy my persoonlik beledig nie. Jy kon tot dusver geen rede gee hoekom jy nie van AfriForum/Solidariteit hou nie. Jou hele argument is gebaseer op die aanname dat ek “slaap” en “dom is”. En nou gooi jy nog my ouderdom ook op die weegskaal. Kan ek jou asseblief versoek om die bal te speel, en nie die man nie. My oupa het dit vir my geleer en deur dit te doen kon ek nog altyd mense se respek behou. Kan jy asseblief vir my ‘n goeie rede gee hoekom jy teen AfriForum is? Hulle veg tog vir AFRIKAANS. Wie de joos gee om of hulle verloor? Dit beteken nie dat hulle aan vyandigeid onderworpe moet wees nie. Dit beteken juis dat hulle meer ondersteuning van mense soos jy nodig het. Van Afrikaners. Want hulle is Afrikaners wat vir niks anders baklei as vir JOU regte en toekoms in die land nie. Al wen hulle een uit elke honderd hofsake vir Afrikaans, is dit meer as wat 99% van Afrikaners ooit sal kan se hulle gedoen het. Jou siniese gesindheid teenoor ‘n pro-Afrikaanse organisasie demonstreer hoekom die Afrikaner nie gou weer ‘n ordentlike alliansie sal kan vorm nie. Moet almal nou vir dr. Roodt en PRAAG begin kritiseer omdat hulle slegs ‘n paar lesers in Suid-Afrika bereik? Moet ons vir Steve Hofmeyr begin kritiseer omdat hy nog nie ‘n politieke party gestig het en 2 miljoen kiesers gewerf het nie? Ek dink jy moet mooi gaan dink oor die onskatbare waarde van ‘n Afrikaner-alliansie en begin besef dat Afriforum met sy honderdduisend lede die naaste aan ‘n Afrikanerfront is wat ons al in 20 jaar gesien het.

    1. RSA PATRIOT … jy is nie konsekwent nie! (Ek sê dit nié omdat ek met Gas hierbo saamstem nie … inteendeel … maar eerder omdat ek wil verstaan wat jou siening regtig is)

      Op http://praag.co.za/?p=27049 ERKEN jy “Die res is, soos jy sê, patetiese apologete” … op Götterdammerung se kommentaar dat “Solimorsmytyd – een en almal ‘n klomp patetiese apologete wat aan self-vikitimisasie ly”

      Ek deel egter nie jou optimisme [uit ander kommentare] oor AfriForum/Solidariteit nie. “Wie de joos gee om of hulle verloor? ” Ek gee om …. want dit wys hoe magteloos die Afrikaner is teen die huidige bestel! Die probleem is dat hul ‘regs-speletjies’ die huidige bestel ligitimeer, en hoe swarter die ‘regters’ raak (transformasie) hoe meer gaan hulle/ons verloor. (You can’t beat them at their own game).

      Jou ouderdom sou nie ‘n besprekingspunt gewees het nie, maar jy het dit uitgestal … jou fout? Met 20+ siening … waarom is 30+,40+ … 90+ sienings nie MEER waardevol nie?

      “baklei as vir JOU regte en toekoms” … is jy SEKER AfriForum/Solidariteit dien daardie doel? Ek is is in die 40+ groep. Ek glo gladnie meer dat unies regtig werkers/lede se voordeel beding nie – maar eerder selfverryking in gedagte het.

      “AfriForum met sy honderdduisend lede die naaste aan ‘n Afrikanerfront is wat ons al in 20 jaar gesien het.” …. my raad sou wees : OPPAS!

      1. In my kommentaar: “Die res is, soos jy sê, patetiese apologete…:”, het ek na die Taalbond verwys. Solidariteit en AfriForum was nie genoem in Götterdammerung se kommentaar nie.

        “Ek gee om …. want dit wys hoe magteloos die Afrikaner is teen die huidige bestel!”
        Ek gee ook om. Jy verstaan my verkeerd. Ek het aan Gas verduidelik dat, alhoewel AfriForum en Solidariteit van hul hofsake verloor, dat dit nie beteken dat hulle teen Afrikaners is nie. Dit beteken bloot dat hulle nie daarin slaag om die mas op te kom teen bevooroordeelde regters nie. En daarom behoort hulle nie onderworpe te wees aan vyandigheid nie. Ek sal saamstem dat hulle soms oneffektief is. Maar beslis nie die vyand nie.

        Afrikaners is, soos jy terreg opgemerk het, magteloos. Dit beteken egter nie dat dit verkeerd is vir ‘n nie-winsgewende, pro-Christelike Afrikanervakbond om in die bres te tree vir Afrikaans nie. Erens moet daar begin word en erens moet daar ‘n model vervaardig word van die werkskrag van die Afrikaner. AfriForum is juis dit. Ek se dit omdat hulle elke dag daarin slaag om probleme regoor die land op te los. Alhoewel dit klein klippies is wat uit die pad gerol word, dra dit by tot die behoud van die Afrikanerkultuur. Hulle kon byvoorbeeld honderde duisende rande insamel vir die armblankes in Johannesburg. Hulle kon naamverandering by die Tukkies-kampus kniehalter. Hulle kon rassekwotas suksesvol uitdaag. Afrikaners se altyd dat niemand iets wil doen nie. AfriForum doen klaarblyklik meer as net “iets”. Daaroor kan jy meer lees op afriforum.co.za .

        AfriForum is ‘n goeie voorbeeld van “iets is beter as niks”. Daar is GEEN ander organisasie wat oor die laaste paar jaar meer vir die Afrikaner kon of wou doen nie. Dit is ‘n feit.

          1. Ek mag miskien ‘n grammafoon wees, maar tenminste kan ek my argument ondersteun met ‘n logiese benadering, eerder as ‘n “speel die man” strategie. As ek disrespekvol voorkom – onthou net dat jy my al in jou eerste antwoord na my “dom” en “blind” genoem het.

          2. Moet jou nie ooit met ‘n grammofoon gelykstel nie. Sou mens, sou ‘n mens soos ‘n gekrap-de “his masters voice” begin DINK… (Frieken speltoetser gee “gekrabde” as “reg”)

        1. Baie dankie vir jou antwoord.

          Jammer dat ek nie met jou kan saamstem nie …

          – “AfriForum is juis dit.”

          “Hulle kon byvoorbeeld honderde duisende rande insamel vir die armblankes
          in Johannesburg. Hulle kon naamverandering by die Tukkies-kampus
          kniehalter. Hulle kon rassekwotas suksesvol uitdaag. Afrikaners se altyd
          dat niemand iets wil doen nie. AfriForum doen klaarblyklik meer as net
          “iets”. Daaroor kan jy meer lees op afriforum.co.za .”

          + Maar AfriForum kon NIKS doen omtrent plaasmoorde nie – nie dit nie eers meer prominent in die media kry nie! Of wil hulle nie?

          SoliForum bly stil oor die ‘Elephant in the room’ … wrede martelings gedurende plaasmoorde – DAAROM: vertrou ek hulle nie! (“rede gee hoekom jy nie van AfriForum/Solidariteit hou nie”).

          1. “DAAROM: vertrou ek hulle (geensins, laat staan nog – eenvoudig” nie!”

            Ek stem só saam met jou…

          2. Ek sal niks verder se nie. Net wys. Let wel: In die foto aan regterkant word daar verwys na ‘n ondersoek n.a.v. ‘n rassisme voorval by Tuks waar swartes rassisties teenoor wit studente opgetree het. Dit was ook AfriForum se toedoen. Ek plaas graag die hele artikel ook van EWN:

            JOHANNESBURG – AfriForum has called on government to address farm murders in the country and make this a priority.

            The civil rights organisation says much like rhino poaching, cable theft and gang-related violence, farm attacks are unique and serious.

            The organisation has been making recommendations before the South African Human Rights Commission (SAHRC) in central Johannesburg.

            The proceedings started with an emotional video by the families and friends of farm murder victims.

            In 2012, AfriForum marched to the office of then police minister Nathi Mthethwa to hand over a memorandum which he allegedly refused to accept.

            Exactly a year later, they marched to President Jacob Zuma’s office to demand intervention and claimed their initiative was labelled racist.

            AfriForum CEO Ernst Roets said the organisation has now written to the newly appointed Minister of Police Nkosinathi Nhleko, requesting an urgent meeting to discuss preventative measures against farm attacks.

            He said despite farm crimes increasing, government’s reaction remains the same.

            The civil rights organisation is now hoping the SAHRC can escalate their recommendations.

            ‘BEING A FARMER IS DANGEROUS’

            The panel has heard that it is more dangerous to be a farmer or farm worker than a police officer in the country.

            Bernadette Hall lost her husband two and a half years ago in an attack on their North West farm.

            She described the experience as “traumatic” and the court process “ridiculing”.

            When chairman Danny Titus asked Hall what punishment she felt her husband’s killers deserved – she said the harshest.

            Roets earlier made a submission to the commission to approach the National Prosecuting Authority on incomplete prosecutions.

            The panel has asked AfriForum to consider doing a case study in order to understand the cause of farm killings and attacks.

            (Edited by Gadeeja Abbas)

            F

          3. RSA PATRIOT:”Solidariteit en AfriForum was nie genoem in Götterdammerung se kommentaar nie.”

            Huh? Na wie dink JY verwys “Solimorsmytyd”?

            Götterdammerung: “Solimorsmytyd – een en almal ‘n klomp patetiese apologete wat aan self-vikitimisasie ly”

          4. Ek het nie die “Solimosmytyd” eers raakgesien nie. Ek lees soms vinnig wanneer ek onsteld is. Ek wonder in elkgeval hoekom ‘n mens dit nou “Solimorsmytyd” sal noem. Dit is glad nie asof enige iemand gedwing word om hul tyd af te staan vir Solidariteit nie.

          5. Dankie vir jou eerlikheid.

            “Ek het nie die “Solimorsmytyd” eers raakgesien nie.”

            … dit is waarom ek jou probeer waarsku …. die aas van AfriForum/Solidariteit lyk so lekker dat jy NIE die hoek daarin eers raaksien nie! Kyk en dink weer mooi … voor jy jou gewig agter hulle ingooi …

          6. Dankie vir jou raad.

            Al wat ek weet is, is dat die huidige Afrikanersituasie nie so “lekker” lyk nie. Daarom is ek uitgehonger vir deelname aan Afrikaneraksies soos geloots deur AfriForum. Ek het niks om te verloor deur my gewig agter hulle in te gooi nie, behalwe my vertroue in Afrikanerdom, indien dit ooit mag waar word wat julle van AfriForum beweer.Tot dusver het AfriForum my, en 100 000 ander Afrikaners, oortuig dat hulle die probleme van plaasmoorde, diskriminasie, kultuurverwaarlosing ens. met volle mag beveg. Indien ek, of enige van die ander 100 000 lede ooit, met redelike bewyse, sou agterkom dat dit nie so is nie, sal ek die eerste persoon wees om vir jou te kom se dat jy reg was.

            Groete

          7. Jongman, ons Volk het meer, uitgesproke harte soos joune nodig. Gegewe die indoktrinasie wat jy al moes beleef het – ongeag positiewe inmenging, wys jou geskrewe denke aan my – jou integriteit en eersgeborene inbors, reg…

    2. Ek weet nie wat jou politieke sienings is nie en ek gee ook nie om nie, feit bly dat ons baie raakpunte het!
      Ek het byvoorbeeld by ʼn ander skrywe kommentaar gelewer en al wat ek terug gekry het was beledigings en ʼn afbrekery! As dit is soos die sg. “Afrikaner” hoop om saamstaan te bewerkstellig is ek bevrees hulle sal dit maar op hul magies moet skryf en met hul frokkies moet afvee!
      Die klip wat ek in die bos gegooi het het soveel gefladder veroorsaak dat ek geensins verbaas is dat daar nie ʼn ordelike samewerkings patroon ten opsigte van politiek onder die afrikaner is nie!

        1. Behalwe dat jy meer kritiseer en beledig, wat ek juis in my skrywe aangeraak het, lees jy nog blykbaar swak ook! Nêrens praat ek van die DA/EFF nie en ek haal aan uit my skrywe!
          “Die klip wat ek in die bos gegooi het het soveel gefladder veroorsaak dat ek geensins verbaas is dat daar nie ʼn ordelike samewerkings patroon ten opsigte van politiek onder die afrikaner is nie!”
          Lw. ek praat van die samewerking vvan sogenaamde “afrikaner boer” en van niemand anders nie! As dit nie vir jou duidelik is nie moet iemand anders jou maar verduidelik!

  4. Regter Griesel moet asseblief verduidelik wat hy onder die term “amptelik” verstaan, want Afrikaans is een van die erkende amptelike talle, dus moet alle wetgewing en vorms ook in hierdie taal beskikbaar wees. Die betekenis van sy uitspraak – is myns insiens – dat Afrikaans nie ‘n amptelike taal is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae