Sydney Gregan: DA-EFF-koalisie: ‘n Huwelik uit die hel?

Bespiegelinge dat die DA en die EFF moontlik in alliansie sal gaan om sekere munisipaliteite te regeer mag dalk vir baie na ‘n onmoontlikheid lyk, gesien die EFF se radikale standpunte oor sake soos grondonteiening, en so meer. Ook waar die twee partye as onderskeidelik sosialisties en kommunisties geklassifiseer kan word.

Sydney Gregan
Sydney Gregan

James Selfe van die DA het volgens Rapport van 14 Augustus 2016 verklaar dat die DA en die EFF sal kan saamwerk:

Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille, maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.

Dr Dan Roodt (op PRAAG se webwerf) skryf dat die keuse tussen die partye die volgende behels het op stemdag:

Die kieser by die stembus het ‘n keuse tussen links-liberale sosialisme (die DA), demokratiese kommunisme (die ANC) of revolusionêre kommunisme (die EFF).

Mens sou wou glo dat daar tog ‘n verskil is tussen die links-liberale sosialisme en die revolusionêre kommunisme. Tog is dit nou duidelik nie die geval nie. Reeds het die DA te kenne gegee dat hulle net oor die metode van grondonteiening van die EFF verskil, en nie oor die beginsel nie!

Feit is dat elke party wat hom binne die raamwerk van die Grondwet bevind, oor grondonteiening saamstem want die Grondwet magtig dit! So ook oor al die ander sake waaroor Parlementslede ‘n eed aflê juis om die Grondwet te eerbiedig! Dis nou aborsie, homoseksualisme, afgodsaanbidding, ensomeer. Daarbenewens is al die partye (die VF Plus inkluis) se politieke beleidsrigtings op mekaar afgestem. Trouens dit word beweer dat selfs die VF Plus by hierdie alliansie betrek gaan word!

Reeds in 1990 het mnr Jaap Marais na die onverkwiklikheid van ‘n grondwet soos dié wat ons tans het, verwys:

In so ‘n stelsel sou die politieke beleidsrigtings van die politieke partye oorbodig wees of ten minste ‘n groot mate aan tersaaklikheid inboet. …. Met die instel [van so ‘n grondwet] word ‘n eenmalige politieke oorwinning behaal. Hierna is liberale dogma en egalitariese beginsels in die posisie van regering: is dit permanent amptelike staatsbeleid. Diegene wat dus ‘n liberale politieke standpunt huldig, se probleem is finaal opgelos. In plaas van gedurig aan die politieke stryd deel te neem en die risiko’s van politieke klimaatsveranderinge te trotseer, moet hulle nou slegs ‘n enkele politieke oorwinning behaal en die nodige kontitusionele strukture daarstel. Sou die politieke klimaat verander en ‘n groep aan die bewind kom wat die idees van die [grondwet] teenstaan en wil verander, word so ‘n groep tot politieke magteloosheid gereduseer. Nieteenstaande hulle oorwinning en nieteenstaande hulle standpunt ten gunste van ‘n ander politieke program is hulle steeds verplig om die liberale idees van die [grondwet] uit te voer.

Sosialisme is die beleidsrigting van die Kommunisme. Die DA se sosialisme en die EFF se sosialisme verskil net oor die metode van grondonteiening; nie oor die beginsel nie. Die DA en die EFF het dan ook reeds in die parlement saamgespan teen die ANC. Nou kan die huwelik amptelik voltrek word. Dit gaan dus nie oor verskil in beleid nie, maar om ‘n opponent te verslaan wat (volgens die DA) korrupter as Malema is! So gesien, kan die DA ewe maklik met die ANC in alliansie gaan. As Zuma verwyder word behoort dit mos geen probleem te wees nie? Opportunisme het die plek van beginsels ingeneem.

Nou wonder ek net of daardie Afrikaners wat DA gestem het tevrede is dat die DA en die EFF vir hulle moontlik “beter dienste” gaan lewer, maar gaan saamspan om die Blanke (hulle mede-Afrikaners) van sy grond te ontneem? En wie gaan in elk geval vir die beter dienste betaal? Het ons politiek so oppervlakkig geword dat dienslewering die einddoel van ons bestaan geword het?

Dit het laat in die dag geword as die Afrikaner se toekomsvisie so kortsigtig geword het. Moontlik het dit te doen met die liberale drukgang waarin die media ons geplaas het waar alternatiewe nie eers meer bespreek word nie uit vrees vir aanklagte van rassisme en om tog net polities korrek te wees.

Enige politieke party wat die Grondwet onderskryf stel homself in vyandskap op teen die Afrikaner. Die Grondwet verklaar die Afrikaner tot misdadiger en lê die basis vir die onteiening van die Afrikaner se grond, werk, taal, kultuur en geskiedenis. Gestroop daarvan moet die Afrikaner dus na strooihalms gryp soos “beter dienslewering”.

Die alliansie tussen die DA en die EFF is ‘n logiese stap tussen partye wat dieselfde uitgangspunte handhaaf juis omdat hulle die Grondwet onderskryf. As jy dus vir die DA gestem het kon jy netsowel vir die EFF gestem het. Afrikaners wat dit doen is onbewustelik besig om hulle Afrikanerskap af te sweer.

Die DA is besig om goedgelowige Afrikanerstemme te misbruik vir sy eie geheime agenda — een wat allermins tot langtermynvoordeel van die Afrikaner strek!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Owen

    The DA & EFF are both british funded.
    I am happy that the DA & probably the EFF will be teaming up because hopefully whites will now see the DA’s true agenda.

    • Karel Combrinck

      I think you’re too optimistic: If they don’t know the DA’s agenda yet, they wil lnever learn.

      • Guest

        I suspect the DA will follow Hillary. Some 59% of American voters now believe all major presidential candidates should release at least their most recent medical records to the public. That’s up dramatically from 38% in May 2014 when questions about Clinton’s health were first being raised. Thirty percent (30%) don’t think candidates should have to release their recent medical records, while 11% are undecided. If Hillary is forced to do so, she might be out of the race. Exit the DA too. The DA handlers will have to realign with American-minded sponsors.

      • Owen

        Once the coalition is made the whites in the DA will have no choice.

  • Karel Combrinck

    Voor die 1994 oorgawe en selfs daarna het Afrikaners vir Jaap Marais gelag. Die DA beteken sonder Afrikanersteun net niks. Dieselfde Afrikaners wat nou vir die DA gestem het, het in 1994 vir De Klerk se kapitulasie ook gestem. In beide gevalle sal hulle maar met die gevolge moet saamleef.

  • Karel Combrinck

    Mense wat hulle in ‘n drukgang laat plaas deur die (linksliberale) media moet dan maar hulle reg op voortbestaan verbeur. Inderdaad het hulle dit reeds gedoen.

  • Thys Du Plessis

    n Baie sinvolle rubriek Sydney Gregan
    Hoor hoor die grondwet is uit die hel geïnspireer !!! Let wel elkeen wat hom daarop beroep beroep hom op die satan!
    Ek sal verheug wees as die DA en die EFF n alliansie vorm want beide is aangespoor vanuit die hel en hulle hoort by mekaar. Dalk sal daar dan nog so paar wees wat wil wakker skrik en sien dat die DA en politiek n groot hoop snert is. Dit natuurlik optimisties gese. Die groter voordeel van so n koalisie is egter dat dit as uitstekende sif dien want elkeen wat nog sy DA steurende vriend aanhang hang dan vir malemmerkie om die nek en steun kragtig die wat boere wreedaardig op plase vermoor. Dalk net dalk is dit die begin van wat ons as volkie nodig het om weer sonder enige politieke partye as volkie saam te staan en die wat die satan en sy doel liefhet te verwerp. Ek glo hierdie koalisie kan weer dinge vir ons begin wit en swart maak en die “grys gebiede” soos die VF+ wat in Pretoria met die DA n koalisie wil vorm en dus met die EFF koalisie wil vorm.

  • Johanw

    Goeie artikel Sydney. Het die Afrikaner toekomsvisie werklik
    kortsigtig geraak of is was dit maar nog altyd so? Dit is verstommend dat denke so vlak was/is dat die gevolge van ANC oorheersing nie begryp was met die aanloop van die 94 oorgawe nie. Dit is dieselfde met die groot getalle
    Afrikaners wat nou en in die verlede vir die DA gaan stem. En daar word selfs argumente aangevoer wat die stemmery regverdig wat wissel van jou plig om ‘n verskil te maak tot dienslewering wat gaan verbeter. In wese is gestem vir die voortsetting van volksmoord op die Afrikaners. Volksmoord is nie net die uitmoor van Afrikaners nie maar ook, en in die dieselfde graad, die vernietiging van Afrikaanse skole , universiteite, uitsluiting deur RA en SEB, ens.

    Nie die volksfront of strategiese komitees of Afrikaner partye/bewegings kon tot dusver ‘n verskil maak aan die meerderheid Afrikaners wat vernieting van die blankes ondersteun nie. Hoe ingewikkeld kan dit wees om jou eie groep/volk te ondersteun? Van buite die sirkel gekyk plaas dit ‘n smerige klad op die Afrikaner volk.

    • Thys Du Plessis

      Die meeste mense verwag van politieke partye/bewegings om n verskil te maak aan toestande wat hulle tot nadeel strek en dit is ook nie anders met ons volkie nie en dit is seker een van ons grootste probleme. Ons as volk glo nie werklik dat ons Skepper oor alles beskik nie en dat Hy in volle beheer is nie. Ons moet Hom en Hom alleen in waarheid begin soek en Hy sal al die ander dinge vir ons byvoeg.

  • Johann Schutte

    Die EFF+

    • Domkhonto

      Uitstekende vergelyking – EFF&DA&VF&ANC&Inkatha / RSA = G root = Ge mors.

      • Johann Schutte

        Die goed lê nominatief nogal na aan mekaar is dit nie? Die Freedom Front en die Freedom Fighters.

  • ThysH

    Met feitlik alles wat Sydney sê oor die “ooreenkomste” tussen die DA en die EFF kan ek saamstem, maar ek vind dit so onnodig en niksseggend om Jaap Marais in die huidige situasie aan te haal. Sedert Jaap en die HNP het APT en Connie Mulder en dus die KP presies dieselfde gesê. En as ‘n aanhanger van die konsep van radikale partisie reeds in die sewentigs en tagtigs, het ek dit in 1982 op skrif in die destydse Oggendblad gestel – en dit selfs gewaag om PW Botha daaroor aan te vat. Ek het ook nog nooit as kieser geregistreer nie omdat ek met die 94-verkiesing in pamfletjies wat ek in my omgewing versprei het, dit duidelik gemaak het dat deur selfs net te registreer en vir wie ook al te stem, aanvaar jy dat die ANC ‘n legitieme regering is.

    Maar ek het ook duidelik gemaak dat die VF+ (al is ek nie ‘n lid nie) seker geen keuse het as om aan verkiesings deel te neem en minstens op ‘n wyse die Afrikanerstem te probeer wees nie. Die alternatief is dat die Afrikaner se stem glad nie gehoor word nie – die HNP se sieninge word nooit ooit erens genoem of na verwys nie (behalwe af en toe deur Sydney hier!), die HNP neem ook nie deel aan gesprekke tussen verskillende en uiteenlopende Afrikaner-organisasies soos die 3 Nov. beraad by die WNNR so ‘n paar jaar gelede nie. Hoe die party – en ook Sydney – dink hulle gaan dinge omkeer van die liederlike gemors waarin ons nou is, weet nugter alleen. Want dit is wat ek soek: Idees, voorstelle, dalk selfs oplossings waarin die Afrikaner as etniese en kulturele groep (maar met uiteenlopende godsdiensoortuigings) as volk kan oorleef.

    Ek het eintlik min ooghare vir Soliforum weens onsekerheid oor presies waarheen hulle wil, maar het tog waardering vir sekere dinge wat hulle wel doen en regkry ter wille van Afrikaans. Dis helaas duidelik dat die Afrikaner nie gou weer na die VF+ of enige ander pro-Afrikaner party gaan beweeg nie. Maar om die VF+ daarvan te beskuldig dat hy ‘n “vyand van die Afrikaner” is omdat hy in terme van die huidige grondwet aan verkiesings deelneem, is bietjie dik vir ‘n daalder – en bloot onwaar en ongewens. Ons gaan nie met sulke aanklagte en verwyte enigiets bereik nie. Dit gaan net verder verdeel.

    Kom stel eerder jou saak oor wat gedoen KAN word om groter selfbeskikking te bekom. Lewer ‘n positiewe bydrae – en hou op om Afrikaners om watter rede ook al af te kraak en verdag te maak – mits hulle hulself as Afrikaners beskou. Ek praat nie van ‘n spul Afrikaanssprekende anti-Afrikaners wat veral in die Kaap en in Naspers baie bekkig is nie. Jy kan met hulle mors soveel soos jy wil – en miskien is dit tyd dat jy jou woede en onmag oor die nutteloosheid van die HNP op daardie mense uithaal!

    • Thys Du Plessis

      “Idees, voorstelle, dalk selfs oplossings waarin die Afrikaner as etniese en kulturele groep (maar met uiteenlopende godsdiensoortuigings) as volk kan oorleef.” Daar bestaan nie sulke idees, voorstelle nie want dit is juis die kern van die probleem, die een wil in Gilgal aanbid, die ander wil die tempel aanbid, die volgende een wil saam met die voorvader geeste aanbid, nog een wil sy R1 aanbid, die ander een weer sy losie, ens, ens en die res aanbid hulle self. Wanneer gaan mens besef dat ons gedoem is as ons nie waarlik tot God kom nie, vir so lank as wat geld, sport, kultuur, politiek of wat ook al vir ons belangriker is as God sal ons aanhou om te verarm op al hierdie gebiede en as ons volhard sal daar niks van ons oorbly nie. “Mat_6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” ; “Mat_23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! “

    • jan

      Ja beslis so Thysh. Stem
      Hand in eie boesem wat melaats word….en adders uittrek.
      Ek en jy het al helse gevegte hieroor gehad.
      As mens jou kan vertrou en glo dan was alles die moeite werd.

      Want dan sal my weeskinders ‘n lewe hê . .

  • Rutger

    Dankie Sydney dat jy lesers aan Jaap Marais herinner. Ek was nooit ‘n HNP ondersteuner nie, maar het eers later Marais ontdek, tot my spyt. Hy het die hele Joodse kabaal wat ons regeer in die vorm van die ANC, DA en EFF so helder raakgesien.

    • Karel Combrinck

      Namens oom Jaap, dankie.

      • Guest

        That is one name that is never, ever mentioned by our ruling “elite” of scammers. It works like kryptonite to say Jaap Marais!

    • Johann Schutte

      Jaap was `n politieke figuur van hoogstaande morele en intellektuele integriteit. die Natte en Sappe het hom genadeloos as dom en verkramp, en as `n politieke nar gekarakteriseer.

      Dieselfde diskrediteringsproses speel sigself tans af ten opsigte van Donald Trump.

      Die aanslag in beide gevalle (Trump en Marais) is meer as teen die figuur. Dit is `n aanval op volksidentiteit en beskawing.

  • Albert Brenner

    Het al 10 jare gelede gewaasku dat die verstedelikte Afrikaner die Boere op die plase gaan uitverkoop aan Dingaan.

    Eersgenoemde het hul lot ingegooi met die Ingelse DA…. en nou ook die Kleurlinge innie dorpe, soos die VF Plus. Laasgenoemde is nou op hul eie… soos die Rhodesiese plaas boere.

    Naar, maar waar.

    Ergo, die Boer het nog net een opsie oor. Selfbeskikking.

    • Anton Schutte

      of vlug…

      • Naand Anton,
        ek hoor jou, maar waarheen. Ek sal jou sê waarheen, presies dit wat Jan hierbo sê,
        waar vlug ek heen en waar wend ek my, tot God alleen.

  • Anton Schutte

    en so, bietjie by bietjie, word die wit volk van Suid Afrika stadig maar seker tot hul eie uitwissing gelei. Ek wonder wat die gemiddelde wit mens, voor die Maart ’92 se verraad, sou se oor die huidige inval van politieke rugraat…ons sou moontlik anders gestem het.

    • jan

      Ons het reeds opgestaan uit die dood..” ..mag jou oge oopgaan en sien dat ons baie meer is as hulle…..” soos Elisa gebid het.

  • Skatymir

    Dit vat hulle darem blêrrie lank om hierdie plan te implimenteer, maar een ding moet jy hulle toegee hulle het deursettings vermoë:

    “Nevertheless, in most advanced countries, the following will be pretty generally
    applicable:
    1. Abolition of property in land and application of all rents of land to
    public purposes.
    2. A heavy progressive or graduated income tax.
    3. Abolition of all rights of inheritance.
    4. Confiscation of the property of all emigrants and rebels.
    5……..”
    – Manifesto of the Communist Party, page 21 of 44 (PDF), Karl Marx and Frederick Engels, 1848