Brittanje se koverte plan om SA van blankes te suiwer

Deel op

Deur Ben van Straaten

‘n Onlangse video op die Business Day se webblad bevat ‘n onderhoud met die vorige Britse ambassadeur in Suid-Afrika, Robin Renwick. Tydens sy ampstermyn het De Klerk aan die ANC oorgegee en hy was ook een van die sleutelspelers tydens die Lancastherhuis-beraad wat op Robert Mugabe se oorname van die ou Rhodesië gelei het.

Tydens die onderhoud met Business Day onthul Renwick enkele van die koverte Britse aksies wat hy onderneem het. In die eerste instansie, het hy baie nou met Helen Suzman saamgewerk. Onlangs het Renwick ook ‘n biografie oor Suzman gepubliseer. Dit was van die begin af sy plan om Nelson Mandela vrygelaat te kry en die ANC die land en die ekonomie te laat oorneem. Hy noem ook in die video dat hy Nelson Mandela afgerig het om byvoorbeeld ‘n goeie indruk op mev. Thatcher te maak.

Daar was destyds ook ander koverte Britse operasies wat met of sonder die amptelike goedkeuring van die regering plaasgevind het. Onder andere was daar ‘n geldwassery-operasie in St. Paul’s Cathedral wat geld na terroriste in Suid-Afrika gekanaliseer het. Kanon Collins het aan die hoof daarvan gestaan. In ‘n arikel in The Guardian op 12 Februarie 2001 I was a teenage gun runner verduidelik Stuart Round hoe hy wapens, waaronder AK47s, na Suid-Afrika gesmokkel het. Die wapens is agterna deur Muff Anderson by die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview, Johannesburg, afgehaal en onder Suid-Afrikaanse swartes versprei. Etlike tonne wapens is so oor ons grense gebring en word vandag waarskynlik in plaasmoorde en ander aanvalle op SA blankes gebruik. Muff Anderson het wel amnestie van Biskop Tutu se Waarheidskommissie vir haar aandeel in die wapensmokkelary ontvang.

Verder terug in die geskiedenis, is daar die boek Bird on a wing deur Allan Bird waarin hy verduidelik hoe dieselfde Britse psigiater vir sowel David Pratt as Dimitri Tsafendas behandel het. Verwoerd was in Brittanje om twee redes ongewild:

Hy het Suid-Afrika uit die Statebond geneem en ‘n republiek ingestel.

Hy wou die land se soewereiniteit versterk en het begin om die land se weermag te versterk, iets wat later deur PW Botha as verdedigingsminister voortgesit is.

Verwoerd is deur Tsafendas vermoor en in 1989 was daar ook ‘n aanslag op PW Botha se lewe toe hy vergiftig is. Agterna het die media gesê dat hy ‘n beroerte-aanval gehad het, maar vir sy familie en vriende het PW Botha dit gestel dat hy vergiftig is. Mediese spesialiste het dit ook bevestig.

In sy video-onderhoud met Peter Bruce van die Business Day verklaar Lord Robin Renwick dat hy “nie met PW Botha kon werk nie” en daarom reeds met FW de Klerk begin praat het nog voordat Botha uit die saal gelig is. Die vraag is nou: waarom op De Klerk fokus as jy nie reeds wéét dat Botha geëlimineer gaan word nie?

Die Britte was een van die groot begunstigdes van die wapenskandaal. Ook het Yskor en ABSA in hul skoot geval. Lakshmi Mittal, die Indiër wat ‘n vriend van Tony Blair is, het Yskor gratis verkry en daarmee ‘n wêreldryk in die staalnywerheid kon opbou. Voeg daarby BP en Vodacom wat sedertdien deur Vodafone ingepalm is, asook Anglo American en Ou Mutual wat Londen toe verskuif is.

Daar is Britte betrokke by die propaganda teen Afrikanerplaasboere en Brittanje steun radikale grondhervorming. Afrikaners en blankes moet alle eiendom behalwe miskien voorstedelike huise verloor. Vir die ryker blankes staan die deur na Australië oop waar die volgende geslag Afrikaners volledig sal verengels, terwyl die armer blankes hier óf uitgemoor óf geassimileer sal word deur ondertrouery met kleurlinge en swartes.

Net soos wat Brittanje en die VSA op ‘n stadium Al Kaida ondersteun en opgelei het, steun veral Brittanje steeds die mees radikale faksies in Suid-Afrika, soos byvoorbeeld Malema. Die Britse media en veral BBC, wat ‘n blote verlengstuk van die Britse regering en die Britse geheimediens is, bou Malema as die volgende Groot Swart Leier op, net soos wat Renwick en ander voorheen vir Mandela gedoen het.

Nou die dag het Malema op Radio 702 gesê dat die EFF gaan voorberei vir guerilla-oorlogvoering. Wie gaan die opleiding daarvoor verskaf, wonder ‘n mens? Die Britse wapens wat Stuart Round en Muff Anderson die land ingebring het, is nog steeds iewers beskikbaar om boere en ander blankes mee aan te val. Die ANC het nooit daardie ondergrondse wapens aan die staat en sy organe oorhandig nie.

Net soos in die Midde-Ooste, sal Brittanje dus die mees radikale faksie in Suid-Afrika ondersteun om chaos te saai en verskrikte blankes op ‘n streep te laat emigreer. Die Rhodesië/Zimbabwe-geval verskaf die scenario wat hier gaan plaasvind. Soos wat wanorde in Suid-Afrika toeneem, sal meer en meer blankes in elk geval vermoor en verkrag word, wat die gevoel van verskrikking en terreur sal laat toeneem. Onthou dat “People’s War” die ANC-SAKP se strategie was waarmee hulle steun van die swart massas verkry het. In die geval van swartes is geweld soos halssnoermoorde gepleeg om die gesag van die ANC oor die land se swartes te vestig. Geweld teen blankes is bedoel om hulle die skrik op die lyf te jaag, soos wat Mao Zedong gedoen het. Juis op die oomblik word ‘n straat in Pretoria na Mao vernoem, wat aan ons sê in hoe ‘n mate die ANC-SAKP (en die Britte!) van sy tegnieke bewus is. Die terreur teen SA blankes het nie in 1994 opgehou nie; dit gaan nou bloot voort in nuwe vorme.

Reeds tydens die Anglo-Boereroorlog wou Brittanje die Afrikaner geheel en al vernietig en was daar wel ‘n volksmoordplan op die tafel. Ook die verkragtings op Boerevroue wat jare lank verswyg is, was deel van Brittanje se plan om Afrikaners as ‘n volk en ‘n mededingende groep in Suid-Afrika geheel en al te elimineer.

Hoe gaan Brittanje baat by ‘n Malema-oorname en algemene ekonomiese chaos in die land? Soos wat blankes en opgeleide mense uit die land vlug, sal dit ‘n vraag na “konsultante” en kundiges skep wat almal ten duurste van Engeland ingevlieg sal word. Die Britse hulporganisasies soos Oxfam wat oral in Afrikan bedrywig is, sal hier voedsel aan die bevolking kom verskaf en sodoende ook beheer verkry.

Omdat Suid-Afrika ‘n nywerheidsland is, sal die funksionering van die stelsel steeds tegniese vaardighede vereis, wat deur Engeland verskaf sal word. Ook die myne sal spotgoedkoop van hande verwissel. Te midde van voedseltekorte sal die mynwerkers nie sulke hoë lone kan vra nie en moontlik kan daar selfs Zimbabwiërs in die SA myne ingespan word, om vir ‘n appel en ‘n ei te werk, nes in die ou dae.

In elk geval is die grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika reeds afgeskaf, iets waarvoor die Engelse kerke in Suid-Afrika hulle doelgerig beywer het. Die Engelse kerke is, afgesien van die BBC en Oxfam, nog ‘n frontgorganisasie van die Britse regering. Ons het gesien hoe die Anglikaanse Kerk geld vir die terreurbeweging in Suid-Afrika gewas het. Die prominente rol wat Desmond Tutu van die Anglikaanse Kerk ook in die propaganda teen plaaslike blankes gespeel het, is voor die hand liggend. Om die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe afgeskaf te kry, was ‘n oogmerk van Brittanje sodat die Suid-Afrikaanse identiteit verder kon vervaag.

Die tafel is dus gedek vir die tweede revolusie waarmee die blankes uit die land verdryf gaan word sodat Suid-Afrika weer ‘n kolonie van Brittanje kan word, met afhanklike, korrupte en hoogs omkoopbare swart politici wat die land regeer. Die probleem met die blanke teenwoordigheid in die land is dat ons nog steeds die instellings en die ekonomie funksioneel hou, wat ook die ANC-bewind minder afhanklik van Brittanje vir hulp en kundigheid maak want hy kry nog steeds ‘n triljoen rand se belastings elke jaar. Iets van Verwoerd se ou soewereiniteit het dus oorgebly.

Ander leiers wat die soewereiniteit van hul lande wou verdedig soos Saddam Hoesein en Moeammar Ghaddafi is summier deur Brittanje en Amerika afgesit en vermoor. Solank as wat die korrupte oligargie wat SA regeer, bereid is om na die Britte se pype te dans, sal hulle in taamlike weelde mag oorleef.

Die probleem is dat die blankes se tyd in Suid-Afrika uitgedien is. Hulle staan onwetend in die pad van groter Britse beheer oor die land. Daarom sal hulle genadeloos vanuit Suid-Afrika gesuiwer word. Die propagandawerk daarvoor is reeds deur Engeland gedoen. Dit kom nou net by die uitvoering van die plan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.