Vodacom, MTN verloor aansoek oor verlaagde selfoontariewe

Deel op

icasaDie uitsaaiowerheid kan van 1 April af verlaagde interkonneksie-tariewe afdwing.

Vodacom en MTN het hul saak teen Okosa verloor. Die twee selfoonreuse het vroeër ‘n dringende interdik verkry om die reguleerder te probeer verhinder om die nuwe, aansienlik laer tariewe vir Cel C en Telkom te implimenteer.

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het Maandag ten gunste van Okosa, die Onafhanklike Uitsaaiowerheid van Suid-Afrika, beslis.

Verlaagde tariewe sal voortaan op Cell C en Telkom Mobile van toepassing wees.

Suid-Afrika gaan gebuk onder van die duurste selfoontariewe ter wêreld.

Die hof het beslis dat OKOSA die verlaagde interkonneksie-tariewe  vir ses maande mag toepas, maar sal dit daarna weer moet hersien.

Dié tariewe sal met die helfte tot 20 sent verlaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.