Die uitsaaiowerheid kan van 1 April af verlaagde interkonneksie-tariewe afdwing.
Vodacom en MTN het hul saak teen Okosa verloor. Die twee selfoonreuse het vroeër ‘n dringende interdik verkry om die reguleerder te probeer verhinder om die nuwe, aansienlik laer tariewe vir Cel C en Telkom te implimenteer.
Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het Maandag ten gunste van Okosa, die Onafhanklike Uitsaaiowerheid van Suid-Afrika, beslis.
Verlaagde tariewe sal voortaan op Cell C en Telkom Mobile van toepassing wees.
Suid-Afrika gaan gebuk onder van die duurste selfoontariewe ter wêreld.
Die hof het beslis dat OKOSA die verlaagde interkonneksie-tariewe vir ses maande mag toepas, maar sal dit daarna weer moet hersien.
Dié tariewe sal met die helfte tot 20 sent verlaag.
