Polisie sê hulle is nie genoeg om plundery te stop

Deel op

lootingpienaarVerskeie winkels wat aan Somaliërs behoort, is by Pienaar naby Nelspruit geplunder. Die aanvalle het gevolg op die dood van ‘n 20-jarige man, wat na bewering aan die hand van ‘n winkeleienaar gesterf het.

Die plundering het begin nadat die slagoffer begrawe is. Een van die Somaliese winkel-eienaars Ali Mohamed sê die polisie doen nie genoeg om hulle te beskerm nie.

Mohamed sê hulle het die saak drie dae gelede by die polisie aangemeld, maar niks word gedoen nie.

Hy sê die polisie daag altyd eers op nadat die winkels reeds geplunder is. Die eienaar se verteenwoordiger voeg by dat die mense wat dit doen, skoolgaande kinders is.

Mpumalanga se polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, het die bewering ontken. “Ons het nie versuim nie maar die winkels is te veel en ons het ‘n paar ander eenhede versoek om ons te kom help hier by die stasie.”

Ndubane het beklemtoon dat hulle die Somaliese winkeleienaars voor die begrafnis gevra het om uit te beweeg, maar hulle het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.