De Telegraaf besig met openlike haatveldtog teen Afrikaners

Deel op
Catherine Keyl
Catherine Keyl

Holland se grootste dagblad, De Telegraaf, is besig met ‘n openlike haatveldtog teen Afrikaners.

Die koerant is uitgevang dat hulle versinsels oor plaasmoorde gepubliseer het om Afrikaners in ‘n slegte lig te stel.

‘n Blatante leuen het verskyn waarin die joernalis Catherine Keyl, 20 November 2013) beweer dat “regse blankes” agter die moorde op wit boere sit sodat swartes die skuld gegee moet word om rassespanning aan te hits.

Keyl het voorheen die sekstoerisme van haar wit middeljarige Europese vriendinne om swart minnaars te soek, goedgepraat.

Alhoewel Keyl voorheen erkenning vir haar skryfsels in Nederlands ontvang het, word daar tans in Nederland geskinder dat sy nie meer in aanvraag is wat werk betref nie. Die redes vir haar werksdroogte is nie bekend nie.

Die Orde van Oranje-Nassau vir haar diens van 35 jaar in die joernalistiek is vroeër aan haar toegeken.  Sedert 2008 het sy ‘n verhouding met die Britsgebore Peter Hawthorne.

Die verstommende versinsel is van die ergste voorbeelde van kwaadwillige joernalistiek teen Afrikaners.

Die artikel beweer dat “regse blankes” agter die dood wit boere sit met die doel om die skuld op swartes te pak wat tot rassespanning sal lei.

Ene Cornelia de Wet het glo “bely” dat sy deelneem aan hierdie beplande moorde, volgens die Nederlandse dagblad.

De Wet se soort onsamehangende bewerings is reeds deur ‘n hof verwerp, toe ‘n polisiebeampte getuig het ‘n dat sy verlede jaar beweer het sy het ‘n rol gespeel in die Steenkampmoorde op ‘n plaas naby Griekwastad.

Tobie van den Bergh, redakteur van die Middelburg Observer in Mpumalanga, het ook bevestig dat De Wet se uitsprake nie ernstig opgeneem behoort te word nie.

De Wet en haar ma het een keer in hul “bebloede klere” by sy koerantkantore opgedaag en beweer dat hulle gemartel is deur swartes met skeermeslemmetjies.

Van den Bergh het gesê dit was duidelik dat hulle hulself gesny het in ‘n “poging om die aandag te vestig op hulself”.

De Wet het ook aan hom vertel dat sy verkrag is deur die regtervleuel. Van den Bergh het bygevoeg dat De Wet ‘n “dringende behoefte aan psigiatriese behandeling het”.

Met die haglike situasie wat plaasmoorde in Suid-Afrika betref, is Keyl duidelik besig met verdere aanhitsing om Afrikaners van hul eiendom te vervreem.

Lae grondpryse sal aan sekere multinasionale rolspelers die geleentheid bied om groot voordeel uit Suid-Afrika se grondgeleenthede te verkry.

Keyl het moontlik in opdrag van sulke rolspelers die berig versin, aangesien haar poging om Afrikanerboere verder te marginaliseer, lyk asof dit deel van ‘n groter agenda – soos met die organisasie PLAAS – is om grondroof aan te moedig.

Dit is tragies dat iemand sulke onverantwoordelike en gevaarlike “joernalistiek” kan pleeg teen ‘n groep wat reeds etniese uitwissing in die gesig staar.

Alhoewel Keyl glo aangebied het om die leuens “reg te stel”, is die grootste skade reeds gedoen en sal ‘n “regstelling” nie veel aan die negatiewe persepsies wat geskep is, verander nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.