Jonathan Jansen: Wit Afrikaanse skole ernstige gevaar vir rasseverhoudinge

Deel op
Jonathan Jansen
Jonathan Jansen

Die Kleurling rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê wit Afrikaanse skole en universiteite hou ’n ernstige gevaar vir rasverhoudinge in Suid-Afrika in.

Prof. Jonathan Jansen, wat sy tweedehandse multikulturele idees uit die VSA kry om sy anti-wit agenda te dryf, het tydens ‘n lesing by die universiteit dié mening uitgespreek.

In Suid-Afrika is wit Afrikaners ‘n minderheid, in teenstelling met Amerika waar swartes ‘n minderheid is. Die Kleurling is duidelik nie bewus van dié belangrike onderskeid waar minderhede beskerming behoort te geniet nie.

Die uitgesproke Afrikanerhater Jansen sê jongmense moet saam leer en leef om die “letsels en die rowe van ons verlede te verreken”. Daarom moet “Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees”.

Dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur by die ATKV en ’n lid van die Taalraad, sê Afrikaanssprekendes en Afrikaners het Jansen se uitlatings ondersteun. Hy het gesê mense moet na kritiese stemme soos dié van Jansen luister.

“Afrikaans het inderdaad ’n groot bydrae om te maak, al is dit net om van sy skynheiligheid ontslae te raak,” het Titus gesê.

Jansen het as oplossing vir swak prestasie deur die leerlinge wie se inheemse moedertaal swak onderrig word, voorgestel dat Engels as onderrigtaal ingestel word – van die grondslagfase tot op universiteitsvlak.

“Hier is een groot langtermynoplossing vir die onderwyskrisis: onderrig elke onderwyser en elke kind van dag een af in Engels, pleks daarvan om die las te verswaar wat veroorsaak word deur swak moedertaalonderrig in die grondslagfase.”

Jansen het gister by navraag gesê die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing wat hy op 18 September gelewer het, “gaan eintlik meer oor Engels as oor Afrikaans”.

In dié lesing het hy verwys na die “dilemmas van taal in skool- en universiteitsopleiding”.

“Swart ouers verkies dat hul kinders in Engels leer… hulle maak die korrekte berekening dat die hele ekonomie in Engels georganiseer is en daarom is hul kinders se kans op sukses soveel groter in die koloniale taal.”

Jansen het in die lesing aangevoer Afrikaanse taalaktiviste verstaan dié beginsel glad nie en probeer daarom om nie-Engelse tale onder ’n “politieke sambreel” in te skuif “in ’n baie simplistiese poging om die enigste taal te bevorder wat (benewens Engels) as ampstaal vir dekades onder apartheid status en finansiering geniet het.”

Hy het uitgewys moedertaalonderrig waarborg nie beter uitslae nie.

Jansen het aan Beeld gesê hy verwys na ’n “rewolusie” oor taalgebruik op die UV-kampus, waar “menseverhoudings uitgepluis is vóór taalverhoudings. Deur swart en wit studente saam te bring as mense… het die harde lyne rondom mededingende tale begin vervaag.”

Jansen het gesê dit beteken nie “die einde van Afrikaans” nie, maar bloot dat Engels die speelveld gelyk maak vir gewone gesprekke in historiese Afrikaanse universiteite.

Hy het gesê as Engels die gedeelde taal is, moet daar ook ernstige vrae oor dié taal as ’n politieke kultuur in Suid-Afrika gevra word.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gister gesê min van Jansen se stellings “is op wetenskap gegrond”.

Hy het Jansen se uitsprake as “onverantwoordelik” beskryf omdat dit “nie behoorlik gegrond en deurdag is nie”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.