‘Liberale’ Rhodes en Smuts méér rasbehep

Me. Helen Zille, die leier van die DA, is ’n tipiese Engelse Suid-Afrikaner wat oorloop van selfvertroue. Vandaar die gemak waarmee sy in haar artikel verlede week ’n swart lid van haar party, mnr. Masizole Mnqasela, van “Verwoerdianisme” beskuldig weens sy beswaar dat me. Lindiwe Mazibuko “soos ’n wit persoon klink”. Soos William Faulkner gesê

Lees verder: ‘Liberale’ Rhodes en Smuts méér rasbehep

Godsell nie bekommerd oor nasionalisering

‘n Bekende gesig van die mynhuise en Suid-Afrikaanse sakefiguur het kommer oor die nasionalisering van die myne in Suid-Afrika Donderdag afgemaak as onnodig. Bobby Godsell het gepraat kort nadat die land se regerende party ‘n belangrike voorstander van die idee geskors het. By ‘n geleentheid wat georganiseer is deur die Kanadese en Suid-Afrika Sakekamers, het

Lees verder: Godsell nie bekommerd oor nasionalisering

Ondersoek oor nasionalisering voltrek

‘n Span onafhanklike navorsers wat aangestel is om die lewensvatbaarheid van die nasionalisering van Suid-Afrikaanse myne te ondersoek, het sy werk voltooi en sal na verwagting die bevindinge Vrydag aan die ANC se beleidskomitee oorhandig. Die ondersoekspan, wat onafhanklike navorser Paul Jordaan, die Universiteit van die Witwatersrand se navorser Pundy Pillay en Margaret Chitiga-Mabugu van

Lees verder: Ondersoek oor nasionalisering voltrek

Malema: Nagmerrie-scenario vir Zuma

Anders as wat ‘n paar goedgelowiges glo, is Malema se politieke loopbaan alles behalwe verby. Hy sal teen sy skuldigbevinding appelleer, soos hy reeds aangedui het. Hy is dalk gestroop van die presidentskap van die regerende party se jeugliga, maar van sy gewildheid allermins. Dit was gister opmerklik dat talle swart Suid-Afrikaners aandagtig na die tugverhoor se bevindinge geluister het en met

Lees verder: Malema: Nagmerrie-scenario vir Zuma

SAIIR verwag nuwe Malema’s

Dit sal ‘n fout wees om te dink die skorsing van Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, beteken die einde van politieke radikalisme, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) Donderdag gesê. “Onvermydelik, indien die land nie daarin kan slaag om hoër vlakke van ekonomiese groei te behaal nie, sal nuwe Malemas na vore kom,

Lees verder: SAIIR verwag nuwe Malema’s

Waarheen nou sonder Malema?

Dit mag baie vreemd klink, maar baie blankes het in Malema al ‘n soort bondgenoot begin sien. Sy uitsprake en liedjies het immers baie Afrikaners verenig in hulle weersin. Verder was dit duidelik dat sy uitsprake al meer verdeeldheid binne die ANC-geledere veroorsaak het. Dan was daar diegene wat sy onverskrokkenheid stilletjies bewonder het en heimlik

Lees verder: Waarheen nou sonder Malema?

‘Die handskoene is af’

Julius Malema, voormalige president van die ANC-jeugliga, het gesê hy gaan teen sy skorsing as ANC-lid appelleer, het eNews Donderdag berig.  Volgens die nuuskanaal het Malema dié boodskap vir ondersteuners gehad nadat hy ‘n politieke wetenskap-eksamen in Limpopo afgelê het. Malema het gesê die handskoene is nou af en dat dit tyd is om die

Lees verder: ‘Die handskoene is af’

Naspers kondig personeelvermindering aan

Afrika se grootste aanlynnuusbron 24.com, wat nuuswebwerf News24 publiseer, het aangekondig dat ‘n “herstrukturering” wat sal lei tot personeelvermindering in die pyplyn is. Die aanlynnuusbron wat deur die internetreus van ontluikende markte Naspers besit word, bestaan ​​uit 22 webkanale met ‘n gesamentlike gehoor van meer as vier miljoen maandelikse gebruikers. Die maatskappy het sowat 250 mense,

Lees verder: Naspers kondig personeelvermindering aan

Malema ontvang volle betaling tot appèl

Alhoewel Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee, Donderdag ter afsluiting van die bevindinge aan die pers gesê het die “respondent sal sy pos as president van die ANC-jeugliga ontruim”, sal Julius Malema met volle betaling geskors wees totdat die appèlproses afgehandel is, het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. Malema is vir

Lees verder: Malema ontvang volle betaling tot appèl