Wikipedia-sensuur ontstig ANC

Die ANC is van mening dat die “sensuur” op die Wikipedia-inskrywing oor die ANC “onvoorwaardelike vandalisme” is. Die regerende party het die sensuur terselfdertyd as “onbeskaafd” beskryf. Sekere frases op die webblad wat inligting bied oor vermeende korrupsie in die party was vir ‘n ruk lank uitgeblok. Keith Khoza, woordvoerder van die ANC, het gesê

Lees verder: Wikipedia-sensuur ontstig ANC

Boeremag was glo polisie-operasie

Prof Hercules Booysen, voormalige Professor in die Regte by Unisa, tans woonagtig in Nieu-Seeland, het vir twee van die Pretorius-broers, Johan en Wilhelm, wat betrokke was by die Boeremag, verskyn. Hy het in sy finale betoogshoofde dit duidelik uitgespel dat die Polisie ʼn prominente rol gespeel het in die sogenaamde beplanning van ʼn staatsgreep deur

Lees verder: Boeremag was glo polisie-operasie

Tsvangirai trou met politieke vyand

Politieke vyandskap in Zimbabwe is blykbaar ‘n gemoedelike affêre as dit uit die huwelik gehou word. Morgan Tsvangirai, die Zimbabwiese premier, het met Locadia Tembo, getrou. Tembo is ‘n sakevrou van Harare wie se suster ‘n wetgewer vir pres. Robert Mugabe se party is, is Woensdag berig. Tsvangirai het Maandag met Tembo getrou tydens ‘n

Lees verder: Tsvangirai trou met politieke vyand

Skynheilige klaers oor die Inligtingswet

Daar is ‘n grootskeepse geskeur van klere en strooiery van as op die hoof agv die goedkeuring van die Wet op die Beskerming van Staatsinligting gister in die parlement. Gistermiddag sou Chicken Little inderdaad gedink het die hemele val op hom, soos veral lede van die hoofstroommedia te velde getrek het teen die goedkeuring van

Lees verder: Skynheilige klaers oor die Inligtingswet

Israel aanvaar ‘swyewet’

Die Knesset, die Israelse parlement, het Dinsdag die die eerste lesing van ‘n wetsontwerp wat deur die Israeliese media beskryf word as die “swyewet”, aanvaar. Onder die wetsontwerp, wat ‘n wysiging van die bestaande lasterwet is, sal die maksimum straf opskuif na ‘n yslike $80 000. Die meeste joernaliste in Israel verdien tussen $2000 en

Lees verder: Israel aanvaar ‘swyewet’

Mulder waarsku ANC oor Pretoria

Die Vryheidsfront Plus het vandag tydens ‘n sitting van die Gauteng Wetgewer, die ANC gewaarsku dat ‘n poging van die burgemeester van die Tshwane Metroraad, Kgosientso Ramokgopa om die naam van Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika, voor einde van 2012 te verander met ongekende weerstand begroet sal word. Mr Jaco Mulder, VF Plus LPW het

Lees verder: Mulder waarsku ANC oor Pretoria