praag.co.za

Israel aanvaar ‘swyewet’

Die Knesset, die Israelse parlement, het Dinsdag die die eerste lesing van ‘n wetsontwerp wat deur die Israeliese media beskryf word as die “swyewet”, aanvaar.

Onder die wetsontwerp, wat ‘n wysiging van die bestaande lasterwet is, sal die maksimum straf opskuif na ‘n yslike $80 000. Die meeste joernaliste in Israel verdien tussen $2000 en $3 000 per maand.

Maar die wetsontwerp se werklike lokval is nie die boete nie. Dit dra ‘n klousule wat sê dat sulke regsgedinge gewen kan word sonder die bewys van skade. Nog ‘n klousule bepaal dat ‘n verslaggewer die kommentaar van sy onderwerp ten volle moet publiseer.

Met ander woorde, sê joernaliste, kommentaar oor die wetsontwerp is meer gevaarlik vir die toekoms van Israel as wat Iran, Hamas en Hezbollah saam is, en, as ‘n koerant ‘n 300-woorde verslag publiseer om te suggereer ‘n sekere maatskappy is betrokke by wanpraktyke, moet dit ook die volledige kommentaar van die maatskappy – selfs al is dit 5000 woorde lank – publiseer. Met die waarskynlike resultaat dat die verslag nooi gepubliseer sal word nie.

Ten minste een linkse stem is besonder fel gekant teen die nuwe wet: Haaretz-rubriekskrywer en skrywer Neri Livneh het op Facebook die volgende joernalistieke juweel kwytgeraak:

“Voor die wysiging van die lasterwet, wil ek net verklaar dat die regering, as ‘n geheel, rassisties is, Tzipi Livni, wie se party die wetsontwerp ter tafel gelê het, is ‘n skynheilige lafaard, Barak is nog ‘n erger leuenaar as Netanyahu, Avigdor Lieberman is ‘n gewelddadige fascis, David Rotem (voorsitter van die parlementêre Grondwet, Regte en Justisie, wat die wetsontwerp sal hersien) is ‘n stuk kak, en elke politikus wat die wetsontwerp ondersteun het, het ‘n uitstekende redes om dit te doen. Diep binne hulle weet hulle is of misdadigers, leuenaars of kakhuise, en dat net slegte dinge ooit geskryf sal word oor hulle deur eerlike verslaggewers, want Israel is besig om ‘n plek te word waar geen verdienstelike ordentlike, demokratiese en menseregliefhebber kan bly nie, en dat , soos my pa gesê het in sy laaste jare, “Herzl was verkeerd.” Terwyl ons besig is, die IDF is ‘n besettingsmag en Israel begaan roetine oorlogmisdade in die besette gebiede.”

Фильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply