Westerse betrokkenheid by Afrikanasies word soms deur historiese redes gemotiveer. So byvoorbeeld kan ‘n eertydse koloniale mag by ‘n krisis in ‘n voormalige kolonie betrokke raak. Andersins is dit die oordrag van ontwikkelingshulp of kos om desperate toestande in ‘n Afrikastaat te verhoed wat ‘n Westerse moontheid se aandag op Afrika kan vestig en wat die Westerse staat oortuig om hom aktief met die interne politiek van ‘n Afrikastaat te bemoei.
Lees verder: Die Weste en Afrika, en Singapoer en die Ivoorkus
