Iran het die verkoop van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye gestaak as vergeldingsmaatreël teen nuwe EU-sanksies teen die Islamitiese staat. “Uitvoere van ru-olie aan Britse en Franse maatskappye is gestaak… ons sal ons olie aan nuwe kliënte verkoop,” is woordvoerder Alireza Nikzad op die Ministerie van Petroleum se webwerf aangehaal. Die Europese Unie het
Proefbuisburger reg vir Oktober
Die wêreld se eerste proefbuishamburger, in ‘n Nederlandse laboratorium geskep deur groeiende spiervesels van beesstamselle, sal gereed wees om te braai in Oktober, glo wetenskaplikes. “Ek is van plan om Heston Blumenthal [die bekende sjef] te vra om dit voor te berei,” het Mark Post, leier van die kunsmatigevleisprojek by die Maastricht Universiteit in Nederland,
Mulder herskryf geskiedenis, sê Jong Kommuniste
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, probeer om die geskiedenis te herskryf deur voor te gee dat die setlaars en kolonialiste Suid-Afrika as “‘n huis te huur” aangetref het, het die Jong Kommunisteliga van SA Sondag gesê. “Die feit is dat die land gewelddadig en met bloedvergieting afgeneem is, en uiteindelik gewetstaaf is
Lees verder: Mulder herskryf geskiedenis, sê Jong Kommuniste
Mediese amnestie?
Die kwessie van mediese paroolaansoeke van gevangenes is reeds ‘n netelige saak in Suid-Afrika, met ANC-ondersteuners wat oënskynlik voorkeur bo ander landsburgers geniet. Nou het die ANC ‘n nuwe plan bedink wat die aansoeke nog verder gaan kortwiek en waarskynlik gou in administratiewe chaos sal dompel, so erg dat dit byna neerkom op mediese amnestie.
Beelde tot puin gereduseer
Vandale het ‘n olifantbeeld in Durban vernietig en twee beskadig, blykbaar in ‘n soeke na skrootmetaal, volgens die Sunday Tribune. Een olifant is tot ‘n hoop puin gereduseer, terwyl ‘n ander ‘n gat in die kant het waar ‘n deel van die draadraam ontbreek. Die ore en tande van ‘n derde olifant is verwyder en
‘Chink’ kos 2 hul werk
ESPN, die Amerikaanse sporttelevisienetwerk, het een werknemer geskors en ‘n ander een in die pad gesteek omdat hulle – dieselfde – rassistiese benaming gebruik het om die basketbalspeler van die New York Knicks, Jeremy Lin, te beskryf. In albei gevalle het hulle die woord “chink” gebruik in verwysing na Lin, ‘n Palo Alto-boorling van Sjinese
Geweld en xenofobie teister Rustenburg
Tussen 350 en 400 mense is in hegtenis geneem in verband met ‘n onwettige staking deur mynwerkers wat die afgelope week gewelddadig geraak het, het die polisie Sondag gesê. Volgens brig. Thulani Ngubane word hulle aangekla van opsetlike saakbeskadiging, diefstal, onwettige byeenkomste, openbare geweld en die besit van gesteelde goedere. Plaaslike ondernemings wat aan buitelanders
‘Ontban die Jeugliga’
ANC-jeugliga president Julius Malema het ‘n beroep op jong swartes gedoen om te veg vir die “ontbanning” van die Jeugliga, het SABC-nuus berig. Hy het sy volgelinge by Bosbokrand toegespreek. Malema gesê hy sal voortgaan om die African National Congress te ondersteun, selfs al is hy geskors, het die uitsaaier gesê. Die ANC se nasionale
SA Leviatan verslind 11 Kiwi’s
Vir die eerste helfte van vanoggend se T20 kriekettoets het die Nieu-Seelanders soos ’n miljoen dollars gelyk en die Proteas soos ’n gekreukelde R20-noot. Dis toe dat ’n blonde blanke jong Kapenaar, gebou soos ’n loskopstut, sy kolf getrek en die veld geneem het. Sestien boulbeurte later was daar van die swierige Swart Pet net
Kom ons trek laer rondom Pieter Mulder
Soos ek in my vorige rubriek te kenne gegee het, het daar begin Februarie iets ongeloofliks gebeur, toe genl. Johan van der Merwe die Belhar-belydenis se voorstanders met die waarheid oor die terreuraanslag teen Suid-Afrika in die tagtigerjare gekonfronteer het. Kort op die hakke daarvan, kom vandeesweek se verklaring deur dr. Pieter Mulder van die
