Grondwetlikheid en ras

Twee skynbaar onafhanklike sake plaas die fokus op grondwetlikheid – oftewel die konsep van ‘n grondwetlike demokrasie. Die eerste is die aanslag teen grondwetlike beginsels, soos die media-snoeringsplanne, en die tweede die kwessie van ras. Ter aanvang – die beginsel van grondwetlikheid, in Engels bekend as Rule of Law, word nie oral ter wêreld ewe

Lees verder: Grondwetlikheid en ras

Willem Ratte bly in aanhouding

Willem Ratte bly in aanhouding ná vanmiddag se hofverrigtinge waartydens die staatsaanklaer, Fanie Mavundla, sy vrylating teengestaan het. Die volgepakte hof B in Witbank het met gespanne aandag geluister terwyl Mavundla in gemaak hoogdrawende Engels die staat se absurde klagtes teen Ratte probeer opvysel het. Een van die staat se verrassings was dat die saak

Lees verder: Willem Ratte bly in aanhouding

Die persvryheidsindeks

Die afgelope week het die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, daad by die woord gevoeg en Suid-Afrika vyf plekke op die persvryheidsindeks laat daal. Suid-Afrika beklee nou die 38ste plek. Dit is die tweede terugslag wat Suid-Afrika vanjaar oor persvryheid tref. Vroeër het Freedom House Suid-Afrika se status tot dié van slegs gedeeltelik persvry geherklassifiseer.

Lees verder: Die persvryheidsindeks

Om ‘n koerant te wil hê

Jare gelede het ‘n rubriekskrywer in ‘n koerant geskryf: “Iemand het net ‘n tikmasjien en ‘n faksmasjien nodig, dan kan hy ‘n politieke party wees.” Die vermoede is dat dié rubriekskrywer die legendariese taalbul, Robert van Tonder, se Boerestaat Party in die oog gehad het. Sedertdien het baie water in die see geloop. Vandag sou

Lees verder: Om ‘n koerant te wil hê

Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

Willem Ratte sal vandag weer in die landdroshof op Witbank verskyn op aanklagte van dwelmsmokkery en diefstal. Nadat die gedrukte pers aanvanklik berig het dat Ratte vir “terrorisme” en “besit van onwettige wapens” in hegtenis geneem is, het die staat nog geensins ‘n klag in dié verband gebring nie. Die polisie het aanvanklik sulke verklarings

Lees verder: Vriende van WIllem Ratte vra vir skenkings

ANC wil ‘Skiet die Boer’ terughê

Die ANC het ‘n aansoek om verlof tot appèl van stapel gestuur teen die verbod op die omstrede liedjie Dubul ‘iBhunu (Skiet die Boere), deur aan te voer dat dit deel gevorm het van die geskiedenis van sy bevrydingstryd en word om daardie rede nog steeds gesing deur ANC-ondersteuners. Die aansoek is deur die ANC

Lees verder: ANC wil ‘Skiet die Boer’ terughê

Sewe doodgetrap in sokkerstormloop

Sewe sokkergeesdriftiges is doodgetrap tydens ‘n stormloop by ‘n sokkerwedstryd tussen twee van Kenia se mees gewilde spanne. ‘n Skare het probeer om by die Nyayo Nasionale Stadion in te kom. Ses mense is op die toneel oorlede terwyl ‘n sewende persoon later in die Kenyattahospitaal dood is, het Titus Mungo’u, ‘n woordvoerder vir die

Lees verder: Sewe doodgetrap in sokkerstormloop