Kuberterrorisme, persvryheid, die Trojaanse perd en WikiLeaks

“Die internet het net soveel veranderings vir die mensdom gebring as die ontwikkeling van die spoorweë.” Hierdie waarheid is pas onderstreep deur die wêreldwye geskarrel oor onthullings wat WikiLeaks maak. Dit laat egter ook vrae ontstaan oor Kuberterrorisme. Die internet word as ‘n baie belangrike waarborg teen die onderdrukking van persvryheid beskou. Lande wat tradisioneel

Lees verder: Kuberterrorisme, persvryheid, die Trojaanse perd en WikiLeaks

Plaasmoorde vereis ingryping

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye het vanoggend die verhoor van die verdagtes wat gearresteer is in verband met die grusame moord op die Potgieter-egpaar en hul driejarige dogtertjie, in die Lindley-landdroshof bygewoon.  “Die ANC-regering moet wakker skrik en plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar. Dit is

Lees verder: Plaasmoorde vereis ingryping

Joernaliste drom in hof saam in kinderpornografiesaak

‘n Groot aantal joernaliste het Maandagoggend by die landdroshof in Pretoria-Noord byeengekom waar agt mense na verwagting gaan verskyn op ‘n reeks aanklagte wat met kinderpornografie te doen het. Daar was ook familielede van die beskuldigdes in Hof F teenwoordig, maar hulle het geweier om iets oor die saak te sê. ‘n Huiseienaar wat behuising

Lees verder: Joernaliste drom in hof saam in kinderpornografiesaak

Die Mugabe-aanslag teen die media

Die Belgiese politikus, Yves Leterne, het bekendheid verwerf onder meer deur sy stelling dat die vrye pers die vierde, weliswaar nie-amptelike been van demokrasie is. Nie baie lank na sy eerste sterk standpunt-inname hieroor nie het ‘n onthulling sy eie politieke loopbaan tydelik ‘n knou gegee. In baie ander lande sou die insident nie ‘n

Lees verder: Die Mugabe-aanslag teen die media

VF Plus eis ingryping in Gauteng-waterkrisis

“Die Vryheidsfront Plus eis onmiddellike ingryping in Gauteng se waterkrisis,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW in Gauteng en die party se hoofwoordvoerder vir Water- en Omgewingsake, gesê.  Die VF Plus het op 3 Desember 2010 ‘n versoekskrif aan die Gautengse departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling oorhandig waarin die departement versoek word om ‘n

Lees verder: VF Plus eis ingryping in Gauteng-waterkrisis

Plaasmoorde vereis doodstraf

“Die wrede moord van die Potgieter-egpaar en hulle 3-jare dogtertjie op ‘n plaas in Lindley is ‘n verdere bewys dat die doodstraf heringestel moet word vir moordenaars. Dit is duidelik dat gewone tronkstraf nie moordenaars afskrik nie, daarom die arrogante boodskap van die moordenaars ‘Ons het hulle doodgemaak. Ons kom terug’. Net die doodstraf sal

Lees verder: Plaasmoorde vereis doodstraf

Roodt dra Afrikanerkultuur uit na Egipte

Dr. Dan Roodt in sy hoedanigheid as president van die Pretoria-PEN-skrywersorganisasie neem tans deel aan ‘n belangrike kongres oor Afrikaletterkunde wat in Kaïro deur die Egiptiese regering aangebied word. In sy voordrag aan die kongres het dr. Roodt klem gelê op die aard van die Afrikaanse letterkunde as ‘n unieke nasionale letterkunde in Afrika wat

Lees verder: Roodt dra Afrikanerkultuur uit na Egipte

Plaasmoorde: Pleistertjie vir die eina

“Seblief, pleistertjie vir die eina.” So het die tweejarige Anri van Rooyen gevra na sy deur dieselfde koeël wat haar pa verlam het, in die maag getref is. Haar ouers het eers besef sy is ook gewond toe sy die pleistertjie vra. Enkele dae later het Anri gesterf. Nie ver van Heilbron waar Anri geskiet

Lees verder: Plaasmoorde: Pleistertjie vir die eina