Zille moet bedank

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bekendmaking van die Openbare Beskermer se verslag die week met bevindings oor wanbestuur en ongerymdhede in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit in Gauteng,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, gesę. Die VF Plus het reeds in April 2009 tydens ‘n mediakonferensie inligting oor korrupsie aan die media

Lees verder: Zille moet bedank

Stellenbosch móét Afrikaans bly!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die aankondiging van oud-studente van die Universiteit van Stellenbosch en verskeie toonaangewende burgerlike organisasies dat hulle teen die universiteitsbestuur gaan optree weens die stelselmatige afskaling van Afrikaans as primêre onderrigtaal aan die universiteit. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys, is die afskaling van Afrikaans in beide basiese

Lees verder: Stellenbosch móét Afrikaans bly!

DA verander nog ‘n straatnaam

Nog ‘n politieke aktivis gaan vereer word wanneer ‘n bekende Kaapstadse straat vanoggend na haar vernoem word. Die burgemeester van die stad, Patricia de Lille, sal Western Boulevard se naam amptelik na Helen Suzman Boulevard verander. Wyle Suzman het 27 eredoktorsgrade van universiteite wêreldwyd ontvang. Sy is twee keer vir die Nobelvredesprys benoem en het

Lees verder: DA verander nog ‘n straatnaam

Geweld breek uit by Brits

Geweldadige protesoptogte het by Letlhabile naby Brits in Noordwes uitgebreek met inwoners wat paaie versper en brande stig. Hulle eis ‘n verduideliking van die munisipaliteit waarom die watertoevoer na die township sedert Saterdag onderbreek is. Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit se tegniese direkteur, Monde Juda, sê die probleme het ontstaan vanweë ‘n gebarste pyp. Hy sê

Lees verder: Geweld breek uit by Brits

‘God kies kant van Palestyne’

Die lyding wat Israel vir Palestyne veroorsaak toon aan dat die Jode die Skrif vergeet het, het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu Saterdag gesê. “Hulle het hulle eie geskiedenis vergeet. Hulle het vergeet wat hulle eie profete oor ons God gesê het,” het Tutu in sy openingsrede aan die Internasionale Russell-tribunaal oor Palestina gesê. “Ons aanbid ‘n

Lees verder: ‘God kies kant van Palestyne’

Minister slaan vure dood oor Derby-Lewis

‘n Woordvoerder vir die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Sondag benoud vure doodgeslaan omdat Clive Derby-Lewis se parool vir ‘n tweede keer geweier is. ‘n Anonieme oproeper het die openbare beskermer (OB) intussen versoek om die paroolaansoekproses te ondersoek, luidens ‘n berig in Die Burger. Volgens Sapa het Derby-Lewis se regsverteenwoordigers die minister van

Lees verder: Minister slaan vure dood oor Derby-Lewis

Taallammers en taalbulle

Flip Buys het onlangs die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) bekend gestel. Danksy die ABN word daar gehoop dat Afrikanerorganisasies mekaar voortaan in groter mate sal onderskraag. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is een van die organisasies wat betrek is. Die ATR het onmiddellik na die publikasie van Buys se artikel “benadruk dat hy bloot waarnemerstatus by

Lees verder: Taallammers en taalbulle

Die tyd vir net praat is verby

Onlangs het Solidariteit aangekondig dat hulle toekomsnavorsing gedoen het na verskilllende scenarios van die politieke en maatskaplike omstandighede wat vir Afrikaners voorlê. Die doel van hul ondersoek is baie lofwaardig en is daarop gemik om ‘n strategie te ontwikkel waar Afrikaners ‘n positiewe bydrae tot die nuwe Suid-Afrika kan maak. Op hul webwerf kondig Solidariteit

Lees verder: Die tyd vir net praat is verby