‘Ons is in die moeilikheid’

Suid-Afrika is op baie vlakke “in die moeilikheid”, het Cosato se hoofsekretaris Zwelinzima Vavi gesê. “Dit ly geen twyfel dat ons tans teen onsself baklei nie…en daar is ‘n poging deur die elite om almal stil te maak, selfs permanent stil te maak.” Hy het ook gesê dat regeringsamptenare te besig is met magspeletjies om

Lees verder: ‘Ons is in die moeilikheid’

Seksistiese T-hemde onttrek

‘n Mode-groep (TFG) het drie T-hemde met die woorde “stud”, “single” en “how to get laid” van die rakke onttrek omdat dit seksisties is, het die Cape Times Woensdag berig. Die T-hemde was bedoel om tong in die kies te wees, maar het aanstoot gegee aan sekere klante, het Kathryn Sakalis, kommunikasiebestuurder, aan die koerant

Lees verder: Seksistiese T-hemde onttrek

Rusie breek uit onder Statebondlidlande

Volgens die Australiese media is Suid-Afrika en Indië gekant teen die aanstelling van ‘n menseregtekommissaris vir die Statebond, berig RSG. Die gasheerland, Australië, steun die plan. Daar is egter groter onmin aan die broei onder lede van dié organisasie oor vorige menseregteskendings wat die Statebond geïgnoreer het en homoseksualiteit. President Jacob Zuma sal die beraad

Lees verder: Rusie breek uit onder Statebondlidlande

Malema, Botswana en Wikileaks

Botswana het die moontlikheid van ‘n Africombasis vier jaar gelede oorweeg, volgens WikiLeaks. Dié onthullings kan volgens die M&G ammunisie vir die ANC-jeugliga wees in die dissiplinêre verhoor teen die leier, Julius Malema en ander liga-amptenare. Malema word onder meer aangekla in verband met sy oproep vir regimeverandering in Botswana. Hy het ook president Ian

Lees verder: Malema, Botswana en Wikileaks

Tsjegge vir spioenasie in Zambië vas

Drie Tsjeggiese toeriste kan met tot 30 jaar lange tronkstraf in Zambië gevonnis word as hulle skuldig bevind word aan spioenasie nadat hulle nabyfoto’s van militêre instellings in dié land geneem het, het die Tsjeggiese departement van buitelandse sake Maandag gesê. Volgens die departement was die drie werknemers van A&A Expo, ‘n Nederlandse logistieke maatskappy,

Lees verder: Tsjegge vir spioenasie in Zambië vas

Infrastruktuurbesteding eerder as verbruik, sê Gordhan

Pravin Gordhan, minister van finansies, het met die bekendmaking van die mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die nasionale tesourie het ongeveer R13 miljard minder belastinginkomste ingevorder as wat in Februarie met die Begrotingsrede verklaar is. Gordhan het voorts gesê dat besteding van verbruik na beleggings en infrastruktuur- en ekonomiese ontwikkeling sal moet verskuif. Die minister kon nie sê watter

Lees verder: Infrastruktuurbesteding eerder as verbruik, sê Gordhan

Pretoria weier Jeugliga-nagwaak

Die Tshwane-metropolisie het toestemming aan die ANC-Jeugliga om Vrydag ‘n nagwaak buite die Uniegebou in Pretoria te hou, geweier. Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê dít is Dinsdag besluit by ‘n vergadering tussen die organiseerders van die optog, die metropolisie, die Suid-Afrikaanse polisiediens, Tshwane-nooddienste en die presidensie. “Die presidensie het die versoek van

Lees verder: Pretoria weier Jeugliga-nagwaak

Franz Liszt, ‘n voorbeeld vir Afrikaners

Volkstrots is iets wat in die mense se harte saad skiet en groei. Dikwels is dit iemand wat weens afkoms of ‘n toeloop van omstandighede naatloos in ‘n ander, sogenaamde meerderwaardige kultuur kon opgaan wat aan sy volksgenote wys wat volkstrots is. So iemand was Franz Liszt. Min mense word nie deur sy pragtige Liebestraums

Lees verder: Franz Liszt, ‘n voorbeeld vir Afrikaners

Motlanthe besoek Dene

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe het begin met ‘n handelsbesoek aan Denemarke waar hy hoop om regstreekse buitelandse beleggings te lok. Denemarke is ‘n netto-uitvoerder van voedsel en maak staat op ingevoerde grondstowwe vir die vervaardigingsektor. Die land is ook ‘n moderne mark-ekonomie en as lid van die Europese Unie is hy ook grootliks afhanklik van buitelandse

Lees verder: Motlanthe besoek Dene