Gauteng se tenks loop vinnig leeg

“Die Vryheidsfront Plus neem met kommer kennis van die voortslepende staking wat die verskaffingslyne van brandstof na vulstasies belemmer. Volgens berigte is daar net twee dae se brandstofvoorraad oor by vulstasies in Gauteng. Dit is uiters kommerwekkend dat die unies en werkgewers nog nie ‘n ooreenkoms kon bereik om die staking tot ‘n einde te

Lees verder: Gauteng se tenks loop vinnig leeg

Van konflik tot vreedsame Afrikanervolkstaat

Die ANC en sy bondgenote voer reeds dekades lank ‘n stryd teen die Afrikaner waarvan die einddoelwit ons verdrywing uit die land is. Mbeki het immers van ons gepraat as die “setlaars wat versuim het om te vertrek”. Die huidige intensifisering van die “nasionale demokratiese revolusie” deur Malema en die ANC-jeugliga maak deel uit van

Lees verder: Van konflik tot vreedsame Afrikanervolkstaat

Solidariteit staak saam

Solidariteit-verteenwoordigers van regoor Suid-Afrika het Woensdag tydens ʼn spesiale bedryfsraadvergadering in die metaal- en ingenieursbedryf die 7%-loonaanbod van die Bedingingsraad vir die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) verwerp. Indien die werkgewers nie tydens Vrydag se geskilvergadering ʼn beter loonaanbod maak nie, sal Solidariteit kennis gee van ʼn staking. Volgens Dirk

Lees verder: Solidariteit staak saam

Brandstof raak min

Ten minste 150 vulstasies in Gauteng en 50 in KwaZulu-Natal is sonder brandstof, het die Fuel Retailers Association (FRA) gesê. “Dit was die syfers teen die sluiting gister [Woensdag],” het die uitvoerende hoof, Reggie Sibiya, gesê. “Maar dit is net gerapporteerde syfers. Sommige vulstasies het nie verslag gedoen nie uit vrees vir intimidasie. Dit kan

Lees verder: Brandstof raak min

CIA se skyninentings ‘belemmer gesondheidsorg’

Pakistanse owerhede asook internasionale gesondheidsorganisasies is besorg oor stygende wantroue oor inentings nadat die CIA ‘n skyn-inentingsprogram onderneem het. Dié inentingsprogram is in Abbottabad uitgevoer om DNS-inligting te versamel tydens die soektog na Osama bin Laden. Gesondheidsorganisasies was reeds besorg oor die geloofwaardigheid van gesondheidsdienste weens ‘n toenemende polio-probleem in Pakistan. Pakistan is die enigste

Lees verder: CIA se skyninentings ‘belemmer gesondheidsorg’

N2 buite Kaapstad deur betogers versper

Talle inwoners van Nyanga in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat hulle vroegoggend die N2 in Kaapstad met brandende motorbande versper het, het die polisie gesê. “Ek het nie die presiese getal byderhand nie, maar ek kan bevestig dat ‘n aantal mense vir openbare geweld in hegtenis geneem is,” het ao. November Filander, polisiewoordvoerder, gesê.

Lees verder: N2 buite Kaapstad deur betogers versper

Boer wat werker ‘sleep’ onskuldig

‘n Boer, Neels van Biljon, wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n swart werker agter ‘n bakkie gesleep het, is in die streekhof in Odendaalsrus onskuldig bevind. ANC-lede het in 2009 onder aanhitsing van die destydse uitvoerende burgemeester van Matjhabeng en ANC-leier in Lejweleputswa, Mathabo Leeto, betoog teen van Biljon se borgaansoek. Andries Xaba, die werker,

Lees verder: Boer wat werker ‘sleep’ onskuldig

Toekomsmusiek vir Kaapse here in hul gracht

Die naïewe geloof van witmense dat die ideologie van “nie-rassigheid” hulle gaan beskerm teen swart rassisme, is net dit: ‘n Baie naïewe geloof dat semantiese toertjies nou ‘n werklikheid gaan verander. Vandeesweek het ‘n hele paar nuusitems weer die gebrekkigheid van sulke ondeurdagtheid onderstreep. In Koffiefontein is wit dorpenaars “geskok” omdat swart inwoners ondersteuners van

Lees verder: Toekomsmusiek vir Kaapse here in hul gracht