Kom ons trek laer rondom Pieter Mulder

Soos ek in my vorige rubriek te kenne gegee het, het daar begin Februarie iets ongeloofliks gebeur, toe genl. Johan van der Merwe die Belhar-belydenis se voorstanders met die waarheid oor die terreuraanslag teen Suid-Afrika in die tagtigerjare gekonfronteer het. Kort op die hakke daarvan, kom vandeesweek se verklaring deur dr. Pieter Mulder van die

Lees verder: Kom ons trek laer rondom Pieter Mulder

Nuwe Klaas Waarzeggers en Jan Twyfelaars

Klaas Waarzegger se samesprake en briewe het groot geesdrif vir Afrikaans gebring. Talryke Afrikaanse briewe en samesprake het in die koerante, veral Het Volksblad maar ook De Zuid-Afrikaan en ander blaaie verskyn. Die 20ste-eeuse taalkundige J. du P. Scholtz het stukke in Afrikaans aangetref in ongeveer 300 nommers van koerante tussen 1861 en 1869. Klaas

Lees verder: Nuwe Klaas Waarzeggers en Jan Twyfelaars

Politokrasie – ‘n vernuwende blik op moderne staatsbegrip

Oorspronklike en vernuwende denkers in die politieke wetenskap en filosofie is in ons moderne tyd so skaars soos hoendertande. Professor Koos Malan het egter deur daardie muur gebreek, en hierdie uitstekende boek die lig laat sien, waarin hy  die ontstaan en ontwikkeling van die moderne staat, of soos hy dit noem: “staatlikheid” ontleed en beskryf,

Lees verder: Politokrasie – ‘n vernuwende blik op moderne staatsbegrip

Verwoede Swart Pette verslaan lustelose Blommies net-net

Nieu-Seeland se Swart Pette, hulle nasionale krieketspan, het die openingstrofe, die eerste T20-wedstryd van die Proteas se toer, fluit-fluit gewen. En as die oorwinning nie reguit na hulle gloeiende hoofde gegaan het nie, en hulle enigsins ’n  in staat tot ’n  nugtere ontleding van die wedstryd en hulle vooruitsigte is, sal hulle hard en verbete

Lees verder: Verwoede Swart Pette verslaan lustelose Blommies net-net

Dis ‘n smeltkroes-rekord

Gemengde huwelike in die VSA het geklim tot 4,8 miljoen, ‘n rekord van 1 uit elke12, soos ‘n konstante invloei van nuwe Asiatiese en Latyns-Amerikaanse immigrante die poel van voornemende huweliksmaats uitbrei. Swartes is nou ook aansienlik meer geneig as voorheen om met blankes te trou. ‘n Pew Research Center-studie, Donderdag vrygestel, gee besonderhede oor

Lees verder: Dis ‘n smeltkroes-rekord

Lulu in ‘n miniromp

Vroue, Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede se minister Lulu Xingwana sal deelneem aan ‘n optog vandag om te protesteer teen die aanvalle op vroue wat minirompe dra. “Deur middel van hierdie optog het neem ons ons strate terug van diegene wat vroue en kinders misbruik en terroriseer,” het Xingwana gister gesê. Vroeër vanjaar het

Lees verder: Lulu in ‘n miniromp

‘Jagters kan nie leeus se geskiedenis skryf nie’

Die ANC kan nie ‘n bevrydingsbeweging wees as dit nie die kwessie van grondhervorming aanpak nie, het die ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe Donderdag gesê. “Die grondvraag is sentraal tot die stryd. As ons dit in die ANC opper, raak sommiges geïrriteerd. Dit kan nie ‘n bevrydingsbeweging wees wat weier om te handel met die grondvraag nie,”

Lees verder: ‘Jagters kan nie leeus se geskiedenis skryf nie’

Onrus by Impala Plats, Rustenburg

Meer as 100 mynwerkers is by Impala Platinum se Rustenburg-myn in hegtenis geneem Donderdag na gewelddadige betogings, het die Noordwespolisie gesê. “Hulle word aangehou by ‘n plaaslike polisiestasie en die presiese syfer sal bekend gemaak word wanneer die proses voltooi is,” het Brigadier Thulani Ngubane gesê. Ngubane het gesê dat 500 polisielede van oral oord

Lees verder: Onrus by Impala Plats, Rustenburg

Malema bly Jeugligapresident tot 2014

ANC-jeugligapresident Julius Malema sal nie uit sy pos verwyder word deur enigiemand nie, behalwe die strukture van die liga, het sy adjunk Ronald Lamola, Donderdag gesê. “Dit is net die interne proses van die ANCYL wat kan besluit of die leierskap van die ANC-jeugliga verkose is of nie,” het Lamola het aan verslaggewers gesê by

Lees verder: Malema bly Jeugligapresident tot 2014