Gays kan genees word sê kunsakademie

‘n Christelike kunsakademie in Bloemfontein het onder kwaai kritiek deurgeloop omdat die opleidingsentrum in ‘n advertensie beweer het die instelling kan homoseksuele studente “genees.” Sunday Times berig die Creare Training Centre se prospektus beweer die akademie kan gay studente deur middel van “rehabilitasie” in heteroseksueles omskep. Aktiviste wat gay regte voorstaan, beskou dié bewering as

Lees verder: Gays kan genees word sê kunsakademie

Boikot sal slegs buitelandse mededingers bevoordeel

Toespraak by die Hoëveld Bonsmara-klub se 36ste jaarvergadering. 1. Waardering Ek het reeds telkemale in die openbaar en in die parlement gepraat oor die feit dat daar nie genoeg waardering by die Suid-Afrikaanse bevolking — maar ook spesifiek by politieke leiers — is vir die belangrike rol wat landbou, en in hierdie spesifieke geval veeteelt

Lees verder: Boikot sal slegs buitelandse mededingers bevoordeel

Vier bomverdagtes se borgaansoeke duur voort

Die Bloemfonteinse landdroshof hof het Donderdag gehoor dat die polisie bewyse in die vorm van foto’s het van een van die terreurverdagtes waar hy Mangaung besoek, asook ‘n nota geskryf deur een van die beskuldigdes, Martin Keevy, met die presiese geografiese koördinate van die Universiteit van die Vrystaat waar die konferensie plaasgevind het. Na bewering

Lees verder: Vier bomverdagtes se borgaansoeke duur voort

Te wit vir mynbou

Anglo se nuwe baas is te wit vir NUM. Anglo American se nuwe uitvoerende hoof het ‘n kille verwelkoming van die bedryf se grootste vakbond ontvang. Die Cosatu-geaffilieerde National Union of Mineworkers (NUM) het gister gesê hulle is “teleurgesteld” oor die aanstelling van Mark Cutifani. “Anglo het nog ‘n geleentheid laat verbygaan om ‘n swarte

Lees verder: Te wit vir mynbou

Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Daar was nog ‘n skietery by ‘n skool in die VSA. Die polisie sê ‘n leerling by ‘n hoërskool in California het op twee leerders in sy wetenskapklas geskiet. ‘n Sestienjarige is ernstig gewond, maar die ander tiener is nie raakgeskiet nie. Twee onderwysers het die skieter oortuig om homself aan die owerhede oor te

Lees verder: Nog ‘n skietvoorval by skool in die VSA

Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

Ongeveer 510 gevangenes van die Groenpunt-tronk in die Vrystaat sal na ander korrektiewe sentrums verskuif word, het ‘n beampte Donderdag gesê. Sowat 350 van hulle is reeds geskuif, en nog gevangenes sal Vrydag na ander tronke geneem word, het Grace Molatedi, adjunkkommissaris van korrektiewe dienste in die Vrystaat, gesê. Al die gevangenes wat verskuif is,

Lees verder: Maksimum-gevangenes geskuif na oproer

De Doorns: ANC-voorsitter getref

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om stakende plaaswerkers in De Doorns in die Wes-Kaap uitmekaar te jaag. Duisende plaaswerkers het die polisie getart, en met klippe bestook. Die plaaswerkersvakbond Bawusa beweer nege mense is deur rubberkoeëls beseer sedert die staking Woensdag hervat is. “Pat Marran, voorsitter van die ANC in die Boland, is

Lees verder: De Doorns: ANC-voorsitter getref

Mini-oorlog woed in De Doorns

Geweld het opnuut uitgebreek op De Doorns in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n groep stakende plaaswerkers losgebrand het. RSG berig die stakers het probeer om die wrak van ‘n uitgebrande motor langs die N1 op die pad te stoot, toe die polisie hulle gekeer het. Die radiostasie berig

Lees verder: Mini-oorlog woed in De Doorns

Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

‘n Dwelmbaas en sy seun is in hegtenis geneem toe dwelms met ‘n straatwaarde van sowat R5 miljoen en juwele in hul huise in Durban, KwaZulu-Natal, gevind is. Kol. Jay Naicker sê die polisie het Dinsdagaand ‘n klopjag op die pa se huis in Shallcross, Chatsworth, uitgevoer nadat hulle ‘n wenk opgevolg het. Hulle het

Lees verder: Twee Indiërs met miljoene se dwelms vasgevat

Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis

Dokters het ‘n geskiedkundige hartprosedure op ‘n 59-jarige vrou in Kaapstad uitgevoer, het Mediclinic SA Woensdag gesê. Hulle het Saterdag die wêreld se eerste nie-chirurgiese prosedure op ‘n lekkende hartklep op Marianna Cronje uitgevoer. Sy is gebore met haar hart aan die regterkant van haar bors. “Hierdie prosedure is tegnies ongelooflik moeilik in ‘n pasiënt

Lees verder: Hartprosedure in Kaapstad maak geskiedenis