Vrae bly na adjunkminister se skokbedanking

Die adjunkminister van Ekonomiese Ontwikkeling, Enoch Godongwana, het uit sy posisie bedank om na persoonlike belange om te sien, het die presidensie Sondag gesê. Mac Maharaj, woordvoerder, het gesê Godongwana se laaste werksdag sal Maandag wees. “Die President het die bedanking aanvaar en die adjunkminister bedank vir sy toegewyde diens binne sy portfolio en die

Lees verder: Vrae bly na adjunkminister se skokbedanking

Zuma se broerskind in DRK vir olie

Twee maatskappye wat aan die sakeman Khulubuse Zuma behoort, boor vir olie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, berig die Sunday Times. Hy is president Zuma se broerskind. Zuma jnr. se maatskappye, Caprikat and Foxwhelpm is in die Britse Maagde-eilande geregistreer en het volgens die Britse waghond-groep in die oliebedryf, Platform, in die ooste

Lees verder: Zuma se broerskind in DRK vir olie

ET se buurman sterf in plaasaanval

‘n Boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, Dries du Toit (56), is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis met ysters doodgeslaan in die jongste plaasmoord. Die plaas van die vermoorde is reg oorkant dié van die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, wat in April verlede jaar op soortgelyke wyse vermoor is. Du Toit

Lees verder: ET se buurman sterf in plaasaanval

Haai-aanval eis branderplankryer

‘n Vyf-en-twintig-jarige man is Sondag by Port St. Johns se Tweede Strand deur ‘n haai doodgebyt, het die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement gesê. “Vanmiddag [Sondagmiddag] is ‘n swemmer van Port St. Johns deur ‘n haai aangeval. Hy het ongeveer vyf minute lank met die haai gestoei deur sy branderplank te gebruik,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê. “‘n

Lees verder: Haai-aanval eis branderplankryer

Vier vas oor plofstof, wapens

Vier mans is in Linden, Johannesburg, in hegtenis geneem vir die besit van plofstof en onwettige vuurwapens, het die polisie Sondag gesê. Volgens kapt. Pinky Tsinyane is die mans, tussen die ouderdomme van 27 en 53, Vrydag naby ‘n winkelsentrum in hegtenis geneem. Twee van die mans het volgens Tsinyane by ‘n winkel ingegaan, terwyl

Lees verder: Vier vas oor plofstof, wapens

Die Burger se rassistiese Rottweilers

So pas het die Persombudsman bevind dat sowel Die Burger as Beeld die perskode oortree het in beriggewing deur Elmari Rautenbach oor my sogenaamde “toe-eiening” van die Afrikaanse skrywersorganisasie Pretoria-PEN. In die onlangse tyd hou Die Burger vol dat hy en sy rubriekskrywers oor die volste reg – kwansuis “in die openbare belang” – beskik

Lees verder: Die Burger se rassistiese Rottweilers

‘Slegs Wit’

‘n Inwoner van Cincinnati in die VSA het glo anti-diskriminasie wette oortree het nadat sy ‘n “Slegs Wit” bordjie buite haar swembad aangebring het. Sy het Donderdag ‘n appèl by die Ohio se Burgerregtebewegingkommissie verloor. Die beslissing baan die die weg vir moontlike staatsiviele aanklagte en kompenserende en bestraffende skadevergoedingseise. Die kommissie het beslis dat

Lees verder: ‘Slegs Wit’

VSA ontken betrokkenheid by moord op kernwetenskaplike

Die VSA het Donderdag ontken dat hy betrokke was by die moord op ‘n Iranse kernwetenskaplike in Teheran. Volgens berigte in Iran is Moestafa Ahmadi Roshan en sy bestuurder Woensdag in ‘n ontploffing gedood nadat twee verdagtes op ‘n motorfiets ‘n kleefmyn aan Roshan se motor geheg het. Roshan was ‘n chemikus en direkteur van

Lees verder: VSA ontken betrokkenheid by moord op kernwetenskaplike