Die Palestyne se inisiatief om by die VN erkenning te soek as ‘n staat, en wat Maandag voor die Veiligheidsraad sal dien, staar ‘n opdraande stryd in die gesig om die nege stemme wat nodig is vir goedkeuring te beveilig. Sonder daardie stemme in die 15-lid liggaam, sal die Verenigde State van Amerika die verleentheid
Afrikaans op sy beste
Aksie ten bate van Afrikaans is broodnodig. Sulke inisiatiewe word egter grootliks onvermeld in die Afrikaanse hoofstroomkoerante en dit terwyl hulle klaarblyklik finansieel by die onderskraging van Afrikaans kan baat. In die KaapRapport, 11 deser, p 06, word berig dat daar tussen formele en informele taal en tussen skryf- en praattaal onderskei word. Standaardafrikaans word
Selfverdediging dalk ook strafbaar onder nuwe wet
‘n Nuwe wetsontwerp gaan selfverdediging haas onmoontlik maak in ‘n land wat spog met ongekende vlakke van geweld en misdaad. Drie jaar agter tralies wag vir diegene wat met speelgoedgewere, pepersproei, messe en ander “gevaarlike wapens” in openbare plekke betrap word as die wet aanvaar word. Selfverdediging sal nie as verweer gebruik kan word in
Lees verder: Selfverdediging dalk ook strafbaar onder nuwe wet
Trollip se dae getel
Atholl Trollip, wit parlementêre leier van die DA, kan dalk binnekort uit die kussings gelig word deur Lindiwe Mazibuko. Mazibuko se bod vir die verkiesing as die DA se parlementêre leier kan, indien suksesvol, help om die party se steunbasis onder swart kiesers te vergroot. Tot dusver was die gebrek aan swart ondersteuners die rede
Jong Kommuniste kla oor name by matriekuitslae
Die Jong Kommunistiese Liga se sekretaris, Buti Manamela het ‘n beroep op die regering gedoen om die publikasie van matriekuitslae in koerante te staak, want, sê hy, dit dra by tot die hoë voorkoms van selfmoord onder tieners. Manamela het Sondag in Johannesburg gesê dat die liga aan die departemente van basiese en hoër onderwys
Kaapstadse oproermakers kalm
Die situasie is kalm vanoggend in Bloekombos naby Kraaifontein buite Kaapstad waar agterplaas-bewoners gister munisipale grond beset en plakkershutte begin oprig het. Gewelddadige botsings het uitgebreek tussen die bewoners en die polisie. Die bewoners beweer dat hulle deur die huiseienaars waar hulle woon, uitgeskop is. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die oproerige skare uiteen
Afriforum en die wet van onbedoelde uitkomste
Ons is almal bekend met die wet van onbedoelde nagevolge. Hierdie wet lui dat inmengery in ‘n komplekse stelsel dikwels tot onvoorspelbare uitkomste lei. Ons as mense het meestal nie die vermoë om modelle van genoegsame sofistikasie te bou om die toekoms akkuraat te kan voorspel nie. Daardie vreemdeling wat jy op ‘n goeie dag
Verering van konsentrasiekamp se bevelvoerder ‘n skande!
Na aanleiding van die artikel ‘Voortrekkers vereer Brit‘ deur Carien Kruger (Rapport) die volgende: Wanneer enige regering of moondheid burgerlikes in konsentrasiekampe injaag, is dit ‘n misdaad teen die mensdom. Om te voorkom dat ‘n hoogs immorele daad verder daal in moraliteit móét die oortredende owerheied, op sy minste, verseker dat die aangehoudendes se lewens
Lees verder: Verering van konsentrasiekamp se bevelvoerder ‘n skande!
Konserwatiewes vertrou nie media nie
Vyf-en-sewentig persent van die Republikeine en konserwatiewe kiesers in die VSA sê die media is te liberaal. Demokrate en liberale is meer geneig om te sê die media is “omtrent soos dit behoort te wees,” met 57% en 42% onderskeidelik. Die bevindinge is deur ‘n Gallup-meningspeiling bekendgemaak. Van gematigdes en onafhanklikes, dink onafhanklikes 50% die
Phosa waarsku myne dat nasionalisering kom
Die kies van kante in die debat oor nasionalisering is vanwee die land se geskiedenis, nie gesond nie, het Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, Donderdag gesê. “Ek sal standpunte deur die mynbedryf self verwelkom wat menings begin uitdruk oor waar die middelgrond in hierdie debat is,” het hy gesê in ‘n toespraak by die
