Winkelassistent doodgetrap deur skare swart winskopiejagters

'n Winkelassistent is doodgetrap deur 'n skare winskopiejagters by 'n winkel wat 'n uitverkoping geadverteer het die naweek in 'n New Yorkse voorstad.

     

Polisie het gesê dat 'n buitebeheer skare van meer as 2000 swart mense deur die deure van 'n Long Island Wallmart gebars het en Jdiytai Damour omgestamp het.

Damour, (34), 'n immigrant van Haïti het na asem gehyg terwyl die skare die winkel ingestroom het. Die winkel behoort aan dieselfde Amerikaanse groep wat Brittanje se Asdakettingwinkelgroep het.

Polisielede wat probeer het om hom noodbehandeling te gee is ook in die chaos vertrap. Vier ander kliente, insluitend 'n 8 maande swanger vrou is in die hospitaal behandel vir geringe beserings.

"Hulle het die deure van die skarniere afgeloop. Hy is voor my doodgetrap," het Jimmy Overby (43) gesê. "Hulle het my ook omgestamp. Ek moes letterlik baklei om hulle van my rug af te hou."

Die skare het sedert Donderdagaand begin saamdrom. Vyf minute voor die winkel moes oopmaak het kopers begin druk teen die glasdeure. Senuweeagtige werkers by die winkel het 'n menslike ketting gevorm om kopers terug te hou, maar hulle is oorweldig. 

By 'n Wallmart in Columbus, Ohio, het 'n bakleiery uitgebreek tussen 'n man en vrou oor 'n televisiestel wat afgemerk is van $1000 tot $798.

Twee mans by 'n Toys 'R' Us uitverkoping in Palm Desert, Kalifornië, het mekaar doodgeskiet nadat die vrouens wat saam met hulle was, 'n woordewisseling begin het.

Die dag na die Amerikaanse dankseggingsvakansiedag is bekend as Swart Vrydag, omdat dit na bewering die dag is wat winkels begin om profyt te maak en in die "swart" in te gaan.

Die dag is die begin van die Kersfees en Nuwejaar inkopieseisoen, wat die groter deel van die winkels se jaarlikse verkoopsyfers opmaak. 

roulette freeФильчаков прокуратура харьков