Wind- en sonkrag verloor woema

ImageWind- en sonkrag het teen ‘n snelle tempo gegroei in onlangse jare, en dit wou voorkom asof daardie groei toegeneem het, veral in Amerika onder die “groen” administrasie van die nuwe president Barack Obama.

Maar die kredietkrisis en breër ekonomiese afname het gemaak dat die teenoorgestelde nou gebeur: behalwe in geïsoleerde markte soos Sjina. Installasie van wind- en sonkrag verlangsaam en daal in sommige gevalle.

Fabrieke wat onderdele vir die industrieë vervaardig in Amerika het ‘n vlaag van afleggings aangekondig in onlangse weke en handelsgroepe projekteer 30% tot 50% daling vir die jaar vir installasies van nuwe toerusting, ‘n afname wat nog hulp van die regering onwaarskynlik sal maak.

Pryse vir turbines en sonpanele, wat hemelhoog geklim het toe die bloeityd ‘n paar jaar terug begin het, daal nou. Gemeenskappe wat hulleself ‘n klop op die skouer gegee het verlede jaar omdat hulle wind- of sonplase sou trek, moet nou verminderings hanteer.

Baie van die probleme spruit uit die kredietkrisis wat Wallstraatbanke lamgelê het. Voorheen was daar op tot 18 banke en finansiële instellings wat gewillig was om windturbines en sonpanele te finansier, om so voordeel te trek uit die mildelike regeringsbelastingvoordele. Met die banke wat soveel probleme het is daar nou nog net vier oor in die marksegment.

bridesmaid necklace and earring setФильчаков прокурор харьков