Afrikaanse pianis wen ATKV klassieke musiek-kompetisie

Die pianis, Willem de Beer is aangewys as die algehele wenner van die nasionale instrumentale klassieke musiek-kompetisie, ATKV Muziq, het RSG berig.

De Beer is ‘n student aan die Universiteit van Pretoria en het die algehele prys van R48 000 en die klavier kategorieprys van R10 000 ontvang.

Ander wenners was onder andere Hertus van Rooyen vir orrel en Ryan Kierman met tromboon.