Waterkloof1 met selfoon gevang

Becker
Becker

Een van die sogenaamde Waterkloof Vier kan na ‘n ander tronk verskuif word nadat ‘n selfoon in sy sel gekry is, het RSG berig.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het vanoggend bevestig dat die selfoon Saterdagoggend gekry is.

Die woordvoerder, Zac Modise sê Korrektiewe Dienste oorweeg dit om Christoff Becker die week reeds na ‘n ander tronk te skuif.

Van sy voorregte, soos telefoonoproepe en besoeke is ook vir 32 dae opgeskort. Modise sê ‘n tugkomitee sal ook ondersoek doen oor hoe hy die selfoon gekry het.

Hy sê Becker se optrede toon dat hy nie gedissiplineerd en gerehabiliteer is nie.