SA en Nederland teken waterooreenkoms

‘n Ooreenkoms vir ‘n gesamentlike R500 miljoen waterprojek tussen Nederland en Suid-Afrika is Maandag geteken, het die departement van waterwese gesê.

Die projek gaan deur die Zululand-distriksmunisipaliteit geïmplementeer word en beoog om sowat 165 000 mense in plattelandse gebiede te help, het die departement in ‘n verklaring gesê.

Die ‘Dutch Orio grant’ is beoog vir die verbetering van infrastruktuur in gemeenskappe wat dit broodnodig het.

Die ooreenkoms kom aan die begin van die Afrika Waterweek.

Buyelwa Sonjica, minister van waterwese het gesê Afrika lande sal nie hul doelwitte vir water en sanitasie bereik soos in die Millennium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD) uitgestippel, indien hulle teen die trant voortgaan nie.

Die MOD het doelwitte vir water en sanitasie gestel wat teen 2015 bereik moet word.

Teen die huidige onkoste vir ontwikkelling, sal die doelwitte vir water eers teen 2036, en vir sanitasie teen 2109 bereik word, het die departemenet gesê.

“Afrika se sanitasie en water maak stadige vordering en is besig om die ekonomiese groei te onderdruk,” het Sonjica gesê.

“Die handhawing van finansies om infrastruktuur en dienslewering in Afrika op te skaal sal ‘n hooffokus bly.”

Volgens haar lê die sleutelprobleem in die finansiering van water- en sanitasie-infrastruktuur.

 

free 10 noАлександр Фильчаков