VSA wil hê NAVO moet magte na Afghanistan stuur

Die Amerikaanse weermag verwag van NAVO-medelidlande om meer soldate na Afghanistan te stuur indien president Barack Obama sou besluit om nog versterkings te stuur, het die Pentagon gister gesê.

“Dit is duidelik dat as die president sou besluit om addisionele magte tot die stryd in Afghanistan te verbind, daar verwag sou word dat ons bondgenote bykomende magte sal bydra,” het die perssekretaris Geoff Morrell aan ‘n nuuskonferensie gesê.

Oor die afgelope drie jaar het lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie op ‘n bestendige grondslag magte na Afghanistan gestuur ná die ontplooiing van Amerikaanse versterkings, het hy gesê.

Morrell sê “die grondwaarheid is dat daar nie ontken kan word dat NAVO aansienlike addisionele magte opgedok het wanneer ons magte oor die afgelope paar jaar bygevoeg het,” en dat dit “soms misgekyk word.”

Omtrent 68,000 Amerikaanse soldate is in Afghanistan gestasioneer saam met ongeveer 42,000 ander buitelandse magte in die NAVO-geleide sending.

Obama het gister onderneem om “die taak af te handel” in Afghanistan en belowe hy sal binnekort sy besluit om nog tienduisende bykomende magte te stuur om insypelaars te beveg, bekend maak.

Die Amerikaanse president sê hy sal die “verpligtinge” van die geallieerdes uitspel en dit duidelik maak dat die “Afghaanse mense uiteindelik in hulle eie veiligheid sal moet voorsien” in ‘n aankondiging voor Donderdag se Dankseggingsvakansie.

Dit is onwaarskynlik dat NAVO-lidlande gou Obama se besluit om meer troepe te stuur met ‘n aankondiging van hulle eie sal volg, het Morrell gesê.

Duitsland, die derde grootste bydraer tot die internasionale sending in Afghanistan, het gesê dat ‘n vergroting van hulle 4,500-sterk mag bepaal sal word nadat Obama se besluit hersien is en na ‘n konferensie wat vir Januarie gereël is.

‘n NAVO-bevelvoerder het gewaarsku dat “Europese lande nie te baie bykomende soldate gaan stuur nie”.

 

blood suckers gameАлександр Фильчаков Васильевич