VSA kan belangrike basis verloor

ImageDie president van Kirgistan het gesê hy gaan beveel dat die basis wat deur Amerika gebruik word om sy magte in Afghanistan se voorrade aan te vul, gesluit word, ‘n besluit wat die Amerikaanse pogings daar erg kan kniehalter.

Die president Kurmanbek Bakiyev het Dinsdag by ‘n perskonferensie in Moskou gesê dat Amerika nie genoeg betaal het om die basis in Manas te gebruik nie. Hy het ook woede uitgespreek oor ‘n geval in 2006, waarin ‘n Amerikaanse soldaat ‘n Kirgis-vragmotorbestuurder op die basis gedood het.

Die sluiting sal ‘n oorwinning wees vir Rusland, wat die basis beskou as ‘n Amerikaanse poging om beheer uit te oefen in die streek.

Die Kirgis-leier se skuif kan ‘n brose ontspanningspolitiek tussen Moskou en Washington pooitjie.

Bakiyev se aankondiging verteenwoordig ‘n direkte uitdaging aan president Barack Obama se hoogste buitelandse prioriteit, naamlik die oorlog in Afghanistan.

“Dit is ‘n baie ernstige punt, aangesien Amerika se uitganspunt is dat daar ‘n gemeenskaplike belangstelling hier is,” het Stephen Sestanovich, ‘n senior lid by die Raad vir Buitelandse Verhoudings, wat in New York is, gesê. “Indien hulle vir ons iets anders vertel sal die boodskap wel deurkom.”

Amerikaanse amptenare het Dinsdag gesê hulle hoop die aankondiging was nie definitief nie.

Geoff Morrell, die Pentagon se perssekretaris, het Manas beskryf as “’n baie belangrike” lugmagbasis vir Amerika en het gesê hy hoop dat Kirgistan sal aanhou om te onderhandel.

“In enige onderhandelings is geld dikwels die kwessie” het hy gesê. “En hopelik kan ons ‘n ooreenkoms bereik en aanhou om die basis te gebruik as lugmagbasis.”

By ‘n perskonferensie in Moskou het president Dmitri Medvedev gesê dat Rusland geensins beoog om die hou van vrede in Afghanistan, wat deur die Amerikaansegeleide koalisie gelei word, te blokkeer nie.

Die basis wat buite die hoofstad van Kirgistan se hoofstad, Bishkek geleë is, het gedien as ‘n sentrale punt, asook ‘n brandstofpunt en oorklimpunt vir NAVO se pogings in Afghanistan. Dit het in 2005 van groter belang geword, toe Oesbekistan Amerika beveel het om ‘n basis daar te verlaat. Washington het ook gekyk na sentraal-Asië omdat sy voorsieningroete in Afghanistan in deur Pakistan onder aanval gekom het.

Konsessies van Amerika – oor die beplande missielafweer sisteem in Pole en die Tsjeggiese republiek en NAVO spesifiek – kan Russiese ondersteuning beteken vir Amerika se doelwitte in Afghanistan, het Migranyan gesê. “Dit moet beskou word uit ‘n wyer konteks.” 

зал с камином в квартиреtopcargo