Gaan die VSA Iran aanval?

‘n Berig wat Sondag in die Herald of Scotland verskyn het, kan beteken dat ‘n Amerikaanse aanval teen Iran net om die draai lê.

Veiligheidskenners meen die feit dat die skepe vol wapentuig na die VSA se basis Diego Garcia oppad is, ‘n sterk aanduiding gee van ‘n komende oorlog.

Dit mag ook die oplaaiende spanning tussen die VSA en Israel verklaar, in die sin dat só ‘n aanval nie moet lyk asof die VSA dit namens Israel voer nie.

Vanweë Israel se hantering van die Palestynese kwessie, het Amerika talle vyande in die Midde-Ooste gemaak, waaronder veral Iran, het Genl. David Petraeus onlangs gesê.

Lees die volledige berig hier.

всероссийская федерация парусного спортатопкарго