Soldate in Afghanistan se moed byna gebreek

Die sielkundige oorlog wat die VSA in Afghanistan voer om die inwoners van hulle goeie wil te oortuig, die sogenaamde “hearts-and-minds” veldtog, het nog weinig opgelewer. In afgeleë gebiede is stamhoofde openlik vyandig teenoor die Amerikaanse weermag.

Digby South Station, ‘n pos van die VSA se seesoldate in die Helmandprovinsie, sê ‘n stamhoof dat die Amerikaners hulle ekonomie bedreig. “Hulle belowe baie en lewer niks,” sê hy.

Die VSA word gesien as ‘n besettingsmag, sê Haji Khan, ‘n leier van die Baluchstam. Hy sê die jeug is gekant teen hulle en sal weldra die wapen teen die VSA opneem.

Binne die Amerikaanse basis South Station klop soldate mekaar egter op die skouer oor die vordering wat hulle gemaak het, alhoewel hulle pessimisties is oor die vooruitsigte van waarheen die konflik neig.

Kennelik probeer die basisbevel die moedelose soldate moed inpraat.

Generaal Stanley McChrystal, die VSA en NAVO se bevelvoerder in Afghanistan, sê die missie om die inwoners van die Taliban te isoleer en te beskerm, maar die Amerkaanse soldate vind dit hoegenaamd nie makliker as die Britte wat drie jaar lank in die provinsie geveg het nie.

Die Amerikaanse seesoldate sê hulle vind die manier waarop die Taliban met die plaaslike inwoners insmelt “geweldig frustrerend”.

Die terrein maak dit ook moeilik om anders as te voet te beweeg en al het die seesoldate al dikwels die Taliban omsingel, kom die insurgente nog steeds weg.

Die seesoldate kla dat die bevolking weet wat aangaan en hulle kan help sodat hulle nie so blootgestel sal wees aan die ploftoestelle wat oral om die basis versteek is nie, maar weier om dit te doen.

Die plaaslike inwoners was entoesiasties oor die Amerikaanse aanbiedinge om ‘n skool en kliniek te bou en ‘n kanaal te grawe by ‘n onlangse vergadering van die dorpie se gryskoppe, maar van die soldate meen dat die oudstes eenvoudig die kontant in hulle sakke gaan steek en dat hulle die Taliban verder gaan help.

Die Afghaanse kleinboere het natuurlik ‘n sakeverhouding met die Taliban omdat hulle die dwelms wat later vir kontant en wapens geruil word, produseer. ‘n Amerikaanse intelligensie-offisier is skepties oor die vooruitsig om die verhouding tussen die bevolking en die Taliban te verander.

Niemand in die dorpie digby South Station was bewus van die aankondiging in Kaboel verlede week van ‘n vars rondte in die nasionale verkiesing nie, en niemand het in die eerste rondte gestem nie.

“Ons het nog nooit van ‘n verkiesing gehoor nie,” sê ‘n dorpsinwoner.

 

где купить пустойлобановский класс харьков