Die Mpumalanga Departement van Gesondheid sê hulle sal ondersoek instel nadat die Embhuleni-hospitaal, naby Badplaas, glo die afgelope week vrot vleis aan pasiënte bedien het.
Daar word beweer dat die yskas waarin vleis gehou word, verlede week gebreek het.
Die hospitaal is nie skaam vir omstredenheid nie. Vroeër hierdie maand, was personeel wat by die hospitaal inwoon vir meer as ‘n weesonder elektrisiteit.
Departementele woordvoerder, Ronnie Masilela sê dat hulle het mense gekry om te kom en vinnig te kyk na die vrieskas wat ‘n probleem het, sodat dit reggestel kan word.
“Ons sal kyk na die geheel. Dit lyk asof die Embhuleni-hospitaal aandag moet kry, so ons sal beslis die aandag wat dit verdien, gee sodat ons nie soortgelyke probleme kry nie.” – SABC
